Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
AVONTUUR OP DIE SUIDPUNT
Ons is stadig maar seker besig om baie bekommerd te raak. Hester is skoonveld. Ons soek duin op en af, maar niks. Ons besluit om by die hotel die polisie te gaan skakel, want die selfone is heeltemal onkapabel. Terwyl ons wag vir die polisie wat van Bredasdorp af moet kom, sit ons op die gras voor die hotel, elkeen met ‘n glasie witblits wat die hotel goedgunstiglik ( en heeltemal off the record) vir ons aangedra het. Ons gons en bespiegel, maar raak al stiller.
En toe hoor ons dit – polisiesirenes. Hulle is op pad!
Die volgende oomblik ry daar ‘n groot blink Ford 4×4 bakkie bo-oor die grasperk tot reg voor die hotel se deur. ‘n Fris jong bruin man spring uit , stap om die bakkie en tel vir Hester uit! Hy stap gemaklik met haar in sy arms tot by die naaste stoel . Hester sien die towerinne en waai opgewonde. In haar arms hou sy ‘n effens vuilerige koelsakkie.
Wat het dan gebeur? ‘n Terugblik.
Hester klim saam met die ander towerinne uit die grot uit en stap diep ingedagte die duin op tewyl die ander rondom haar steun en kreun. Sy is nog glad nie moeg nie. Sy sien die diep afdraand na haar linkerkant toe en daar ver onder staan ‘n einaardige struktuur, amper soos ‘n monument of ‘n ding. Sy besluit om gou die bult af te stap en daarna te gaan kyk. Die ander towerinne let niks op nie. Hulle sien net die pragtige turkoois swemplek en die spierwitte sand. Dis regtig steil af, maar Hester is ‘n fikse stapper. Daar staan sowaar ‘n paar vissers daaronder en vang.
“O, dis mos Shad!” sê sy verras toe sy die vissies sien.
“Nee, elwe, mevgrouw!” sê een van die vissers met ‘n fronsie. “vedag loep die elwe hierg by Ottergbaai.” Hulle vertel haar dat die baken al in die sewentienhonderds daar gebou is om skepe wat om Struispunt ry, te waarsku. Dit is ‘n gevaarlike plek en ‘n skip het al daar gestrand.(nota: lees gerus Queen van die Overberg, ‘n roman gegrond op die stranding van Queen of the Thames daar in 1871, deur Frieda de Villiers)
Hester besluit om nog ‘n bietjie verder te stap. Die towerinne gaan nou lekker swem en sal haar nie mis nie. Dis ‘n ongerepte stuk strand met geen mens in sig nie, spierwit sand en donker rotse en klippe op die rand van die ligte see. Dis pragtig. Sy raak geïnteresseerd in die pragtige poeletjies met die ongelooflik baie skulpies – seepampoentjies, wangetjies, mosselskulpe en pragtige miniatuur helderpienk skulpies. Dis so anders as Natal se see! Die hermietkrappies skarrel oral rond en onder elke klip is daar ‘n krappie – familie van seegogga.
Die volgende oomblik gly haar voet op die mosbegroeide klippe en Hester land hard op haar sitvlak. Haar enkel is dadelik baie seer. “Eina!” gil sy kliphhard.”OOO EINA!!!
Sy hou haar enkel vas, wat dadelik tekens van swelling toon. Sy probeer opstaan om op die sandstrand te kom, maar val hulpeloos terug. Dit is te seer om te loop. Hester skuifel op haar sitvlak van klip tot klip land se kant toe. “Eina, eina eina”, prewel sy saggies.
Die volgende oomblik vat ‘n paar sterk arms haar vas en tel haar op. Sy kyk verbaas op.
” Moenie skrik nie. Ek is Henrico. Ek sien mevrou het seergekry. ” Henrico dra haar tot op die droë sand. Sy sien nog ‘n paar mans met duikpakke uit die water kom. Henrico het ook ‘n duikpak aan. Hy vind uit dat sy ‘n toeris is. “Ons kan haar nie hier los nie, manne, ons sal haar moet saamvat,” beduie hy. Hy tel haar sonder seremonie weer op en dra haar oor die duin. Agter die duin staan daar ‘n splinternuwe blink, ektra-groot Ford 4×4 bakkie.
Die manne laai swart duiksakke op die bakkie en wip self agterop. Henrico sit Hester voor langs hom in die bakkie. Hulle ry met allerhande agterpaadjies deur die plase en bosse. Hester raak bekommerd. Waarheen vat hy haar? Sy wens sy kon uitspring, maar sy kan nie eers loop nie!
Uiteindelik kom hulle by pragtige witgekalkte rietdakhuisies uit. By een vissershuisie stop Henrico en die manne spring daar af en verdwyn sakke en al na binne. Henrico klim ook uit en kom terug met ‘n klein 6pack koelsak wat hy by haar voete neersit.
Hester weet sy moenie te veel vrae vra nie, maar haar verwarde uitdrukking laat Henrico saggies lag. ” Ja, ek kan dit nou maar erken , mevrou. Ons is poachers. Hulle wou mos nie ons vislisensies hernu nie en ons moet mos ook lewe. En nou maak ons meer geld as waarvan ons ooit kon droom. Kyk, hier is die hotel sommer langs Kassiesbaai. Hulle sal mevrou hier kan help om by ‘n dokter uit te kom.”
Henrico hoor die polisiesirenes, maar laat hom nie van stryk bring nie. “Hier is vir mevrou ‘n ietsie spesiaals van Kassiebaai,” sê hy toe hy die sakkie in haar arms stop. My vrou het ook ietsie saamgegee. Maak dit nou maar eers vanaand oop as mevrou veilig tuis is.”
Toe wip hy weer in sy blink voertuig en ry weg, tussen die vissershuisies in.
+++
Ons is oorstelp van blydskap om Hester weer te sien. Sy lyk ook heel gelukkig, al kan sy net-net op haar voet trap. Met die towerbus ry ons verby De Mond se afdraai, verby die plaashuise van Prinskraal, tot ons op Struisbaai kom. Ons moet die apteek kry voor hy toemaak. Hester weier om dokter toe te gaan.”Net verstuit”, hou sy vol.”Niks wat ‘n paar pynpille, en ‘n paar dae se rus nie kan regmaak nie. Ons moet vir my ‘n paar krukke kry”
By Rus ‘n Bietjie, my strandhuisie op L’Agulhas, gaan sit Hester lekker been in die lug op ‘n stoepstoel.

Rus’n Bietjie se stoep

Uitsig van Rs ‘n Bietjie se stoep af. Die soldatepoel is daar waar die heel oorste branders breek.
Terwyl die ander die tasse aflaai, gaan loer ek en Toortsie gou in die kombuis wat is die koelsakkie aangaan — mmmm perlemoen! En sowaar: ‘n botteltjie suurvytjiekonfyt !
Ek en Toortsie beplan en beraadslaag. Daar is nog genoeg tyd. Ek gaan gou vir die towerinne Struisbaai se pragtige lang wit strand wys – die langste srand in die land – en ook die hawe. Hopelik swem Parrie se vriende daar rond! Hulle kan selfs daar in die seekoeigat gaan swem, maar ek sal hulle liewers daar voor Rus ‘n Bietjie in die Soldatepoel wil sien. Dis nou hoogwater en baie lekker daar, EN – ek kan hulle deur die kombuisvenster dophou! Ek wil tog nie hê daar moet weer iemand verdwyn nie!
En, en, vannaand eet hulle iets wat sommige van hulle nog nooit geëet het nie en ook nie sommer elders sal kry nie: gebakte perlemoen met bietjie suurlemoen , vars ciabatas van Friendly Grocer op Agulhas en heerlike, heerlike suurvytjiekonfyt van Kassiesbaai. Ons het ‘n bottel of twee First Sighting van Strandeldwyne hier, en ook ‘n bietjie port as dit later koud raak.
Ag man, Ons het nou nie tyd gekry om te gaan allekruk uithaal soos ek graag gewou het nie, maar nou het ons iets nog beter! End goed, alles goed. Dis lêkka byri sie!”

Struisbaai se hawe

Vroegaand by Struisbaai hawe





Meer as ‘N jaar lank is daar gedink, gewoel, beplan, idees neergeskryf, mini -senu-ineenstortings gekry, hoera-idees uitgedeel, herdink, herkou en gewerk, en veral gestres. Om jou oud-matriekklas se 50-jarige reünie hier op die Suidpunt van Afika te beplan, was vir my ‘n eer, ‘n uitdaging en ‘n vinnige manier om 10 – 20 jaar ouer te word.




Dan was daar die duiwe sage. Die een boer vlieg nie, die ander het nie genoeg duiwe nie. ‘n Ander een verhuur sy duiwe teen R 2 elk en ek huur gretig, maar toe ek hom so 2 maande gelede herinner, het hy al sy duiwe permanent verkoop en die nuwe eienaar vlieg nie. Na maande se rondbel was ek dus weer waar ek begin het. Gelukkig het my nefie duiweboer kontakte en so ‘n maand voor die funksie kry ek hulle: 50 duiwe en wit op die koop toe daarby. Hulle was wit en pragtig teen die donker see, en het hopelik almal veilig weer huis toe gevlieg.
Tussen die duiwe en bootsoekery deur, het my man besluit om ‘n kanon te bou en ek ‘n batik gemaak van die Sasolfabriek . Die kanon was ‘n glorified aartappelgun, maar met baie eksperimente en probeerslae en baie gebede het hy ook op die ou einde perfek gewerk – en ‘n appel geskiet dat hy daar trek! Die kanon tradisie is iets wat net ‘n oud Sasolleerling sal verstaan, en ek hoop dat my medematriekmaats sal besef dat hierdie kanon met liefde vir hulle geskiet het, en ook vir mnr Pellissier, ons geliefde oud-onderwyser wat op 93jarige ouderdom ons funksie kon bywoon.













Op ‘n skryf-safari gaan die paadjies met kronkels en draaie – soms glad en glibberig, soms opdraand en moeilik.



Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.