Konsternasie op die stasie: 1.

Vervolg op ‘n Geskenk uit die Hemel.

Lees voort
Posted in Mosambiektrip | 7 Kommentaar

Konsternasie op die stasie 2

( vervolg op Konstenasie oo die stasie 1)

Lees voort
Posted in Los opdrifsels, Mosambiektrip | 7 Kommentaar

‘n Geskenk uit die Hemel.

Ek en my man is op pad Paarl toe, na my kleinkinders se gr 1 skoolkonsert, toe die whatsup deurkom.

As jy nou, om geen spesifieke rede nie, vir 3 weke êrens heen kan gaan – sal dit in Oktober of November wees?

Wat ‘n snaakse vraag, komende van my Goue Vrou-vriendin, Trommeltjies! dink ek. Dis reeds begin Oktober en my naweke is uitgemeet, almal vol, besig.

November? Na ‘n rukkie kom die volgende vraag:

Het jy ‘n paspoort?

Wat? Wil Hannelie nou vr Una in Mosambiek gaan kuier? Daar is geen manier wat ek sal kan saamgaan nie.

Ja.  Maar ek sal baie koekverkopings en goed moet doen  voor ek my paspoort kan gebruik.

Jy hoef nie bekommerd te wees oor geld nie, die Here het dit op iemand se hart gelê om ons twee vir 3 weke lank Mosambiek toe te stuur om vir Una te gaan bemoedig. Alle onkostes word betaal.

WHAT???

Ek lees die whatsup weer. Toe lees ek dit vir my man. Dis nuus wat stadig insink.

As ‘n mens so ‘n geskenk kry, kan jy nie weier nie, sê ek versigtig .

Nee, ‘n mens kan nie weier nie, stem hy saam. Dierbare Gert!

Maar wie?

My lips are sealed!

Die opgewondendheid oor die ongelooflikheid van alles kom stadig, maar seker. Wow! Ons gaan Mosambiek toe! Una toe!

Hannelie tref al die adminreëlings. Ons kry opdragte van Una: Ons  moet wyn bring – baie! En ons moet ‘n spesifieke soort lilo koop – by Crazy Store en natuurlik swemkostuums. En ons hoef nie makeup of handdoeke of skoene of enigiets te bring nie, ons loop daar kaalvoet.

In my kop beplan ek my eie dinge: wyn, tweetand skaap, waterblommetjie bredie, storieboeke… Draaie word by die slagter, Crazy Store, drankwinkel en Pep gegooi, want Pep se goedkoop groot sakke is lig, en kilo’s op die vliegtuig is beperk…

Maar hierdie is net die eerste deeltjie van die storie, want soos dit die Goue Vroue betaam, gebeur daar goed! Die verskil is net dat dit hier  in die werklike lewe ‘n Goue Vroue storie geword het, nie in Rebusfontein nie!

Hou hierdie spasie dop vir die volgende episode: Konsternasie op die stasie!

Lees voort
Posted in Mosambiektrip | 12 Kommentaar

Mymeringe op Paas Vrydag.

Dis Paasnaweek. Seegogga en mnr Krap is vandag 44 jaar lank getroud! Dis sowaar ‘n wonderwerk. En ‘n seën . En genade.

Maar nou sit sy en mnr Krap alleen en baie rustig in hulle seehuis. Dis stil. Net die geruis van die see is hoorbaar.Die kinders en kleinkinders is see toe, dis ‘n lieflike dag. En die oumense rus.

Seegogga lees rond op haar selfoon en sien weer haar hoofstuk waar die Goue Vroue in die kerkhof rondsit daar in 1652. Sy grinnik. Sy het dit sooo geniet om dit weer te lees.

Onder die hoofstuk gee wordpress nog opsies vir lees: That’s Amore Europa hier kom ons.  Knope en moord in die Overberg, Mars hier  kom ons.”. ens. Watter wonderlike avonture het sy nie beleef nie! Sy voel baie dankbaar. Die Goue Vroue se manewales het vir ‘n rykdom van wedervaringe gesorg, meer as waarvan sy ooit kon droom. Sommer netso, sonder dat sy ooit gednk het sy sou ooit met Maria van Riebeeck kon skouers skuur of buitenste ruimte toe gaan of onder die watermassa in die diepsee vaar of met ‘n vlieënde tent om die aarde vlieg of…. Wat het sy nie alles al gedoen nie? En sonder om ‘n sent uit te gee! 

Dis ‘n leeftyd se avonture, groter as wat sy ooit verwag het. “When I am old and am sitting in die sun on the stoep of the old age home, I want to have memories,” het ‘n vriend en avonturier eendag, lank gelede vir haar gesê. Seegogga het altyd gehoop dat sy genoeg sal kan reis vir baie memories. Nooit het sy gedink dat sy so baie memories sal maak, sommer hier voor haar periwinkle boksie  nie. Maar sy en die Goue Vroue het! En dis wonderlik!

Seegogga sug tevrede. Sy hoop haar Goue Vroue vriende het ‘n wonderlike Paastyd, vol Goddelike vrede en mooi gedagtes. Soos haar Una vriendin altyd sê: “It is well with my soul!”

8 Kommentaar

1652 Jan van Riebeeck vaar oor die see

‘n Bietjie vrolikheid: Die Goue vroue het ‘n paar jaar gelede mos daar onder by Jan en Maria gaan inloer- in 1652.

Julle kan gerus die storie lees deur in volgorde op die volgende links hieronder te klik om elke hoofstuk in volgorde te lees. (Moenie op ander links binne-in die hoofstukke se inleiding klik nie, en steur julle ook nie aan die hoofstuknommers wat die onderskeie skrywers op hulle blog sê nie. Hulle het in die middel bietjie deurmekaar geraak! Hierdie hoofstukke wat ek gee, is in die regte volgorde)

1652 Jan van Riebeeck kom oor die see.
Hoofstuk 1
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=7d98bc21d0ee4edf89fee9a8a16728ae

Hoofstuk 2
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=6a4d5102daa9480b988538363749bad5

Hoofstuk 3:
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=e341025c58b9448c8904fe70eef75ccc

Hoofstuk 4:
https://seegogga.com/2023/03/25/drama-in-1600-deel-4-van-ons-avontuur/

Hoofstuk 5;
https://wp.me/p9G4vG-vM

Hoofstuk 6:
https://toortsie.com/2023/03/30/sestien-vyf-twee-troue/

Hoofstuk7
https://wp.me/p4EoV8-18K

Hoofstuk 8:
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=4fb7b179b2f64339a1ceac9815abc456

Hoofstuk 9:
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=b73decd32c6a43819fc19f531683d9a3

Hoofstuk 10:
https://wp.me/pcdGtM-LG

Hoofstuk 11
https://wp.me/p8nnLe-yC

Hoofstuk 12:
https://fresh.inlinkz.com/iframe/blog?u=88c18aa29ff3475b8018ca999268b4d3

2 Kommentaar

Die storie van skaak, soos vertel aan my kleinkinders

Eendag, lank, lank gelede,(seker so 1500 jaar gelede) , was daar ‘n baie slim wiskundige met die naam van Sissa. Die koning van Indië was baie verveeld en hy gee toe vir Sissa ‘n baie moeilike opdrag. “Ek soek ‘n slim  speletjiie wat my sal besig hou en sal laat dink en wat my nie sal verveel nie. Dit moet ‘n speletjie wees wat waardig is vir ‘n koning om te speel.”

Sissa het gaan dink en dink. Op ‘n dag kom hy by die koning aan met ‘n bord met swart en wit blokkies op geverf en ‘n klomp uitgekerfde figuurtjies.

“Hierdie is ‘n oorlogspeletjie,” sê Sissa. “Hierdie figuurtjies verteenwoordig 2 spanne of lande: Die ligte span en die donker span. Elke span (land) het ‘n koning en ‘n koningin. Die doel van die speletjie is vir die een span om die ander span se koning vas te trek sodat hy nie kan beweeg nie.

Om die konings te help, het hulle ‘n klomp voetsoldate, die pionne. Verder is daar die kasteel of toring van die koning; daar is die ridders – dit is die soldate op perde; en die kerk – die biskoppe. Elkeen van hierdie figure  het hulle eie manier waarop hulle op die bord mag rondskuif. Die Koningin is die magtigste en sy kan net sover as wat sy wil beweeg, dwars, regop, of skuins. Almal moet saamwerk om die koning te beskerm, maar ook om die ander land se koning aan te val totdat hy so vasgekeer is dat hy nie kan beweeg nie.”

Die koning was baie  tevrede met hierdie nuwe speletjie en het dit vir sy vriende gewys. En so het die speletjie later in Persië beland.

Die speletjie is in die begin Chaturanga genoem, maar  ‘n Persiese koning word ‘n shah genoem en later het die mense almal Shah geroep as die koning van ‘n span in gevaar gesit is. Hulle het ook “Shah mat” gesê as die koning vasgekeer is. So het die speletjie se naam later Skaak geword.

Dwarsdeur die wêreld het die konings en die wyse manne die wonderlike speletjie begin speel en so 150 jaar gelede, meer as ‘n duisend jaar nadat skaak die eerste keer gespeel is, het die wêreld die heel eerste skaaktoernooi gehou. Die slimstes en beste skaakspelers het teen mekaar meegeding.

Vandag nog word daar gereeld groot skaaktoernooie gehou, en die verskillende lande stuur hulle heel slimste spelers om te kyk of hulle kan wen en vandag nog word dit die speletjie van konings genoem.

En het julle geweet dat skaak ‘n mens slimmer maak?  In skaak gebruik ‘n mens jou linker- sowel as jou regter brein , en jy moet dink en redeneer en beplan.  Daar is bevind dat kinders slimmer word, selfs al het hulle nog net 4 maande lank skaaklesse gehad.

Maar wat het gebeur met die wyse  man wat skaak uitgevind het?

Die koning was baie tevrede met hom en het vir hom gesê dat hy enige beloning kan kies wat darem prakties moontlik is.

Sissa was ‘n baie slim man. Hy vra toe vir die koning om vir hom koring te gee. Die koring moet soos volg uitgewerk word: Op die eerste blokkie van die skaakbord, moet die koning een koringkorreltjie neersit, en dan moet hy op die volgende blokkie dubbeld die  koringkorreltjies  neersit en op die volgende blokkie weer dubbeld as wat op vorige blokkie is, en so voorts. Met ander woorde blokkie 1 het 1 koringkorrel. blokkie 2 het dan mos 2 koringkorrels. Blokkie 3 het mos dubbeld die getal van blokkie 2. Dis mos 4, né? . Blokkie 4 het dus nou weer dubbeld 4, en dit is 8 korinkorreltjies en so aan tot by die laaste blokkie.

Die koning het lekker gelag. Dit was mos nou sommer baie goedkoop om vir Sissa te betaal!

Maar die koning het nie sy somme gemaak nie! Julle groter kinders kan dit dalk met julle sakrekenaars probeer uitwerk. Daar is 64 blokkies op ‘n skaakbord.

As ‘n mens so aanhou, het jy by die laaste blokkie meer koring as wat in die koning se hele land was!

So kon die koning dit nooit regkry om vir Sissa genoeg te betaal nie.

Hierdie beginsel waarvolgens Sissa die koringkorreltjies uitgewerk het,  word vandag nog in Wiskunde gebruik, en staan bekend as die koring-en-skaakbord probleem.

En vandag nog speel die slim mense van die wêreld Skaak, die speletjie van konings.

Skaak
Posted in feeverhale en ander stories, Los opdrifsels | Tagged , , , , , , , , , , | 8 Kommentaar

Poedel

Jarre en jarre gelede, so 1972, het ek en ‘n vriendin op ‘n toer oorsee gegaan. en toe ons in Frankryk land, het die lugredery my tas verloor. Ek het  ‘n maand lank net die klere aan my lyf gehad. Die enigste onderkleertjies moes ek saans uitwas en oor die central heating gooi om droog te word. Dus moes ek saans, soos Eva in die paradys slaap: poedelkaal!

Vannaand is ek onverwags vasgekeer op Struisbaai deur ‘n groot veldbrand. Die pad Bredasdorp toe is gesluit. en dis dus weer sulke tyd- ek moet weer so slaap – poedel!

Posted in kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels | Tagged , | 7 Kommentaar

Dis alweer nuwe jaar!

En so vlieg die jare. 2025 lê en wag voor die deur. Die seewind is besig om 2024 redelik vinnig weg te waai.

2024 was ‘n besige besige jaar, byna vir almal wat ek ken, en tog is daar nie veel wat ek kan wys nie.

Goed, die jaar is  grotendeels in beslag geneem deur beplanning en nagmerries oor ons groot familiereünie in November. 98 Volwassenes, so 15 kinders, ‘n markiestent en so ‘n paar ekstra mense later, en dit is ook verby. Ons was vir die eerste keer Addo toe; My man het sy rolbalmuur geverf; ons is nog redelik gesond; ek dra nie meer bril nie, want die oogdokter het mooi vir my geluister voor hy my lensoorplanting gedoen het ( een oog naby, een oog ver), en wat kan ek nog sê?

Ek is soo dankbaar vir alles. God ons Vader, was so goed vir ons. Ek gaan nie toelaat dat die toekoms donker lyk nie, al weet ek nie waar môre se brood vandaan gaan kom nie.

  My arms is oop:

Welkom 2025! Mag jy vir ons almal goeie gawes en good vibes bring. Mag ons jou volgende jaar onthou as ‘n goeie jaar. Ons sien uit na jou!

Posted in Los opdrifsels | Tagged , , , | 4 Kommentaar

Die tale wat ons praat: keyboardtaal.                     

Ek dink die meeste mense wat my ken, het al kennis gemaak met my touchscreentaal. Oh my word! Ek het die vermoë om die eenvoudigste woordjies na Grieks te verander of dalk na woorde wat gesensor behoort te word, op daardie  klein selfoonskermpie. Lees gerus hier:  https://seegogga.com/2021/07/20/die-tale-wat-ons-praat-touch-screen-taal/

Toe sien ek mos noudiedag ‘n advertensietjie op facebook van ‘n toevou draagbare miniatuur bluetooth keybordjie wat jou tik sal makliker maak. Jy dra hom sommer saam in jou handsak. En dit klink na die ideale ding vir my. Ek is min by die huis by my laptop (en bowendien is ek die die nuwe laptop, ookal meer as ‘n jaar oud, nie goeie vriende nie). Dikwels wil ek ‘n blog skryf, maar sien nie kans om elke tweede letter 5 keer oor te tik voor hy reg is nie.

Ek google. Daar is allerlei  sulke aparaatjies, die een mooier en duurder as die ander. Maar wag: hier is enetjie vir slegs R230. Seker gemors. Ek lees die reviews. Almal goed! En ek besluit om dit te waag.

En nou sit ek hier , entoesiasties om dit uit te toets –  en dit werk! Een van die dae sit ek in die coffieshop op Agulhas en blog!

Goed tik sal ek seker nooit, en daar is goedjies op hierdie keyboard wat ek nog nie verstaan nie, maar hierdie bloggie is op darie klein keybordjie getik.  Tik gaan beslis van nou af makliker wees, want:

Van nouaf doen ek keyboardtaal!

Lees voort
Posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels | Tagged , , , | 7 Kommentaar

Die Geheim van die vis

Seegogga lê rustig op haar hangmat en suig klein suigies aan haar pittekou. Waarvoor kan sy dankbaar wees? Wat het sy geoes? Het sy rede om ‘n dankfees te hou? En ‘n party? Haar gedagters gly oor die afgelope jaar. Dit was besig, besig besig. Maar dit was góéd besig!

Seegogga glimlag. Die groot familiereünie wat sy gereël het, is verby.  98 volwassenes en so 15 kinders onder 10. En dit wil voorkom asof almal  dit baie geniet het. ‘n Job well done. Sy moet nog daaroor blog, dink sy.

Daaroor is daar baie stof tot dankbaarheid. Seegogga het verniet gestres. Sy moes meer vertrou het. Hiervoor alleen kan Seegoggas behoorlik dankfees hou.

Trommeltjies, Aalsie en Christa kom nadergestap. ”Skink darie pittekou dat  ons kan proe, Krappie,” roep hulle vrolik. Hulle lag en giggel. Ook hulle het baie om voor dankbaar te wees.

Seegogga skink en vir haar sommer nog enetjie. Sy voel baie vrolik. Na die oor en weer groetery  skuif sy haar reg op haar hangmat en lag saggies.

“Nee, dis nie  van die pittekou wat ek so lag nie, dis van die vis!” giggel sy.

“ ‘n Vis?” Die Goue vroue proes saam, en wag geduldig dat sy moet vertel.

“Ek en mnr Krap het mos vandag by my nefie, John, op Struisbaai gaan vis braai terwyl my huishulpe my strandplekkies gaan skoonmaak het. Hulle moes eerste Annie en Fagan skoonmaak, want daar het vandag nuwe mense in albei plekke ingetrek. Die huurders wat die afgelope naweek daar gebly het, het hulle jaarlikse afsluiting daar gehad en hulle baas het Annie, Fagan en Erika vir hulle gehuur vir ‘n heerlike naweek saam met hulle gesinne.

“ Nou wat was fout met die vis? “, laat hoor Trommeltjies.

“Nee, die geelstert loop mos op Struisbaai en ons het een by John gaan braai. Hy braai dit heerlik. Daars niks fout met sy vis nie.

Maar ons  het skaars klaar geëet, en mnr Krap sopas weg om my skoonmakers te gaan aflaai, toe laat weet die nuwe mense in Fagan dat hulle ‘n rooster soek. En wat soek die vis op hulle stoep?

“Lê daar toe van julle vis op hulle stoep?” Trommels.

“Neeman. John se huis is ‘n hele ent van my twee woonstelle, Annie en Fagan af. Hulle praat toe van ‘n ander vis waarvan ek niks weet nie.

Ek skakel eers vir manlief – hy moet vir hulle die rooster gaan soek. Ek skakel Dewald, wie se werkers die naweek daar gebly het. Hy vra groot omverskoning. Hy het Saterdag visgevang en toe een van die geelsterte vir sy werkers present gegee. Hy is regtig jammer, maar hy het nie gedink hulle sal dit op die stoep los nie. My man word weer gebel. Hy moet iets doen met die vis. Weggooi of iets, want as die vis al van Saterdag af daar lê, is dit verby met hom.”

Die Goue Vroue ril. “Ek  hoop net hy is nie oop nie. Ek sien al die brommers!” lag Aalsie.

“Wel, ek skakel toe my huishulp. Hoe maak hulle huis skoon en los ‘n vis van alle dinge op ‘n stoep? En sy sweer hoog en laag dat hulle die braaie op die stoep skoongemaak het.

Intussen kom my man weer by my nefie aan – vis in die hand– ‘n vars geelstert, netjies in n swart sak, nog mooi koud asof hy pas uit die yskas kom. Dit kan mos nie?

Dis toe dat ek die foto bestudeer wat die huurder gestuur het. Die foto wys duidelik dat dit nie op haar stoep is waar die vis gelê het nie, maar op die stoepie langsaan by my woonstel Annies, reg langsaan.”

“Oh my word, toe was dit altyd die ander huurders se vis.” Die Goue vroue kraai soos hulle lag

“ Ja. Dis wat ons ook gedink het. Dis natuurlik hulle vis wat hulle daar uitgesit het om later te braai. Ek bel hulle – geen antwoord nie. Ons bespiegel. Hulle is waarskynlik see toe of winkel toe en dan gaan hulle braai. As hulle terugkom gaan hulle ontdek hulle vis is weg – ons het dit gesteel!”

Die Goue Vroue bars weer uit van die lag. “Stel jou voor jy sit jou vissie daar reg om te braai en as jy terugkom is hy weg!”

“En dan vind jy uit jou landlord het jou vis gegaps!” Seegogga kan nie help om saam lag nie.

“Ons piekel toe maar weer vis en al terug na Annie en Fagan toe,” vertel sy verder.

” Nee”, sê die huurders, dis nie hulle vis nie. Hulle eet slegs vis uit boksies uit, nie vars seevis nie. Die ander huurders weet ook van geen sout of water nie. Nou waar sal hierdie lekker vars geelstert dan vandaan kom? Nie een van die twee groepe huurders weet enigiets van die vis af nie.”

‘Die geheim van die vis” sê Christa. Haar kop is vol stories.

“Ek bel toe maar weer my skoonmakers” sê Seegogga. “en tóé onthou hulle:  Die mense wat eers daar gebly het, het ‘n vis in die vrieskas gehad wat sy vir hulle uitgehaal het en gaan gee het, want hulle was nog nie weg nie. Hulle moes dit op die stoep vergeet het toe Dewald hulle kom oplaai het. Daar het julle dit nou! Nou het ek eintlik ‘n lekker vars vis present gekry!” sluit Seegogga haar vertelling af.

“Cheers op die geheimsinnige vis!” Trommeltjie lig haar glasie.

“Ja tog iets om voor baie dankbaar te wees in hierdie tyd van geldskaarste! Moreaand braai ek en mnr Krap vis! “

Seegogga dink aan die lewe se gelukkig plesiertjies. ‘Julle weet, ek het soveel om voor dankbaar te wees. Ek gaan hierdie dankseggingsfees vier! Die Here is waarlik goed vir my. Ek oes miskien nie koring nie, maar ek oes nou en dan ‘n boks wyn of ‘n boks druiwe, of ‘n vis! En dit maak die lewe lekker.

“Ek hoop jy kan my hier van Rebus af hoor, Dewald! Baie dankie vir my Kersgeskenk! Dit gaan heerlik wees.” roep Seegogga in die wind.

“Dankie Dewald” ego die Goue Vroue vrolik. Dis die klein goedjies wat die lewe interessant maak.

Seegogga vat nog ‘n pittekou slukkie en strek haarself uit. “Dis lekker om te lewe, ja dit is!” Sing sy saggies. Die goue vroue neurie saam.

Posted in Die Overberg: my wereld., goue vroue, Kossies vir 'n seegogga en ander resepte, Los opdrifsels, Overberg, Seestories | Tagged , , | 8 Kommentaar

Die tale wat ons praat: Afrikaans!

Wil julle weet wat ons weet? Luister gerus na hierdie uitstekende toespraak van die matrikulant, Mpumi Rakhudu!

https://www.facebook.com/share/5VMf7wDvRNzJQUEX/?mibextid=xfxF2

Posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels | 2 Kommentaar

Die virus hoofstuk 11 deur Seegogga: Mars, hier kom ons!

Hier is een van die hoofstukke van die Goue Vroue se nuwe avontuur.  Julle kan hoofstuk 5 in die vorige blog lees  Die volledige  boek is eersdaags beskikbaar.

“Drie…twee…een”

“Stop! Stop! “Seegogga wip uit haar stoel uit.Mol, ofterwel Maurice, mag miskien Frans en sjarmant wees, maar hy betower haar nie. “Jy kan ons nie nou ruimte toe vat nie – ons soek ons ruimtepakke. En wat het nou geword van die kaptein van die boot? Ons is nie moordenaars nie!” Seegogga se knypers gaan oop en toe van ontsteltenis.

Mol kyk gesteurd om. “Ontspan tog dames. Never fear when Mol is near. Ek het die kaptein se toue losgesny net voor ons geduik het. Hy is mos lankal bygekom. Ek glo hy sal kan land toe swem, of julke bootjie gebruik. Julle kan hom nou nie meer ondervra nie, maar dit was te gevaarlik on hom saam met ons te neem…en wat die ruimtepakke betref – ek wou dit as ‘n verrassing hou as ons dit uiteindelik oo Mars nodig kry, maar nouja: Dit lyk my mens speel nie met die Goue Vroue nie.” Maurice knipoog sowaar vir Aalsie!

“Frannie, sit jou broodjies ‘n oomblik neer en gaan kyk asb hier langsaan in die slaapkwartiere wat jy daar kry.”

Frannie klik haar gordel los. Na ‘n rukkie kom die groot goue trommel in die kajuit ingesweef.

“Wat?” Maurice klink paniekerig. Maar toe verskyn ‘n effe verbouereerde Frannie weer. Die Goue Vroue bars uit van die lag

“Ek moes net kyk of dit nog werk” sê Frannie verleë. Almal praat deurmekaar. Hulle wonder opgewonde hoe die trommel in die sunmanta beland het.   Hulle soek hulle eie ruimtepakkies uit  gee ander ruimtepakke vir die nuwe Goue Vroue en verduidelik waarvoor al die knoppies is. Hulle kloek opgewonde oor die bakkie GBE wat bo in die Trommeltjie lê. Toortsie verduidelik vir Maurice van die verskyn-verdwyn knoppie wat Frannie nie kan uitlos nie.

”Nee, Maurice, nou moet jy vir ons vertel hoe jy ons ruimtepakke in die hande gekry het. Uit daarmee!” Aalsie flikker haar wimpers en kyk diep in Maurice se oë.

“Toe ek my lyf so skaars gehou het vir die Franse vloot, het ek die goue trommel sien ronddryf. Ek het dadelik besef dat dit julle s’n moes wees wat uit die gesinkte tent uitgespoel het. Terwyl hulle so oor julle baklei het, het ek dit gou aan boord getel. Ek moet sê, ek is baie dankbaar oor hierdie handige vonds!”

“Gelukkig tog dat ek die GBE in die trommel gepak het om te verhoed dat dit  rondval,” sê Trommeltjies.

Dis ‘n opgewonde groepie vroue wat hulle weer vasgespe, elkeen in sy eie silwer ruimtepak en helmet. Hulle voel baie veiliger, noudat hulle goed toegerus is vir die ruimte.

“Dis nie noual nodig om julle pakkies aan te trek nie dames!” Maurice se oë gly goedkeurend oor die Goue Vroue se pragtige figure.”Maar nouja, as julle dan wil…”

Mol begin weer aftel:”…Tien…nege…agt..sewe…ses…5…4…3…2…1..zero!”

Die motore  dreun oorverdowend. Die Goue vroue word teen hulle ruglenings vasgedruk deur die krag waarmee die mantra deur die water klief en in die lug opvaar – sterk en seker – op pad Mars toe.!

“Julle, ek is bang!’ fluister Frannie.  “Wat as die virus op Mars gemaak word? Kan ons ruimtepakke ons daarteen beskerm? En wat het die swart rose daarmee te doen?’

“Ten minste het ons nou die teegifresep,” sê Aalsie. ”Miskien moet jy hierna kyk, Toortsie. Dalk kan jy met die bestanddele hier iets vervaardig.”

Lolla glimlag soet .Daardie GBE het vir haar gewerk. Miskien…

“Swart rose. Ek wonder of hulle op Caledon ook sal groei?” wonder Appeltjie saggies. “of is dit dalk gif?”

Toortsie neem die papier by Aalsie.

“Uiters vertroulik” lees sy .

“Kyk daar!” roep die Goue vroue. Almal sien  hoe die rooi , stowwerige oppervlakte van Mars naderkom.

Die volgende oomblik is daar ‘n taamlike slag. “ Verdomp!” gil Mol.

Die Mantra ploeg deur die stof en kom taamlik skuins en half bedek onder die stof tot stilstand.

“Ons het effe rowwe landing gehad dames, Gelukkig niks ernstigs nie. Julle kan maar uitklim.” Mol se stem is effens bewerig.

 “Ek hoop net ons kan weer hier weg,” sê hy saggies vir homself en vee die sweet van sy voorkop af weg.

 Frannie se kommunikasiekanaal blieb blieb.  “Silwer!”

Net toe gaan die luik van die Mantra oop. Die Goue Vroue snak na hulle asem.

Voor hulle is n swetterjoel klein seekatjies. Hulle lyk kwaai.

“kakkerlak-ak! My verdroogde boeties en sussies is deur die globaliste  in robotte omskep!”

“ Wat maak julle hier? “ vra Okto. 

“Ons werk vir die globaliste in die landerye met die swart rose,” antwoord hulle soos n koor. 

“Hulle is addergebroedsels! Besef julle nie dat hulle besig is om die mensdom te vernietig nie?” 

“Hulle betaal goed,” Sê die koor. 

Okto is baie kwaad. “Ons is oktopoese! Ons werk nie vir globaliste nie! Lyk my ek is die enigte okto hier en julle is die….!”

“Boem!” Voor Okto kan klaar praat, is daar ‘n oorverdowende slag. Almal wip van die skrik.

“Kyk!” roep Willemyntjie.

Vertel asb verder wilde Willemyntjie!

1 Kommentaar

Die Virus, hoofstuk 5.

Die Goue Vroue is opgesaal met ‘n ernsige taak. Daar is ‘n nuwe voëlgriep virus wat dodelik is vir mense en Covid na kinderspeletjies laat lyk. Hopelik kan die Goue Vroue die mense op die aarde red. Hierdie is hoofstuk 5. Ons wag self in spanning om te sien wat volgende gaan gebeur.

Die virus Hoofstuk 5 deur Seegogga. Op pad waarheen?

“Quittez Rebus et partez en France. Hâtez-vous  – Verlaat Rebus en gaan na Frankryk. Maak gou!”

Seegogga  fluister byna die woorde.  “Maar ons kan nie nou- wat van Lolla? “

Hierdie Franse woorde herinner haar nou aan iets…”vous…vous… Voulez vous voulez….” A-ha! ABBA! Pierce Brozman!  VirgoC se groen blare eksperiment!

Seegogga vlieg om en hardloop na haar huisie toe. Sy het mos destyds inderhaas van VirgoC se eksperiment in haar vrieskas gegooi, vas onder die indruk dat dit quacamole was. Wie weet, dalk is dit nog reg. So gou soos haar bene haar kan dra, is sy terug by die meent.

“Virgo!” Roep sy al van veraf – ek het dalk medisyne!”

VirgoC gryp die bakkie en smeer van die groen pappery onder Lolla se neus. En toe sit sy ‘n klein yserige stukkie in Lolla se mond.

Lolla lê aanvanklik nog toe-oë en roerloos, maar die volgende oomblik maak sy haar mond wyd oop. ”Nog!” beduie sy na haar oop mond. Virgo plaas nog ‘n ysie op Lolla se tong. En Lolla begin giggel!

Die Goue vroue sien dankbaar hoe Lolla se velkleur weer rosig word. Haar hartklop verbeter, haar suurstofvlakke styg… en sy giggel onbedaarlik! “Dish lekka merishyne” giggel sy. “ Sjee da nogga dose!”

“Ai dankie tog my eksperiment het gewerk!” Sug VirgoC.” Nee, Lolla, beslis nie. Ons hou hierdie vir later.”

Die Goue Vroue kloek opgewonde onder mekaar, maar Virgo C roep hulle gou tot orde. “Dames, julle kan ontspan, Lolla het nie HKGK 1 nie. Onthou Lolla en KatSeSnor, Hierdie is Rebusfontein. Ons het destyds Corona Mouna oorwin en besluit dat dat daar nooit weer vyandelike viruse in Rebus geduld sal word nie. Lolla het ‘n anafilaktiese reaksie op die lemoensap gehad.”

“Dit is ‘n baie gevaarlike toestand,” bestraf sy die Goue Vroue wat van verligting ook begin giggel het.” Daar is seker gevaarlike preserveermiddels in waarvoor sy allergies is. Die goed is ook al oud, ne. dalk staan dit nog heeltyd hier rond. Of het ‘n terroris dalk…Gelukkig tog dat Seegogga steeds van my groenblaar-konkoksie het!”

“Ons moet dringend Frankryk toe, ons kan nie sloer nie, maar hoe?” neem Aalsie, die praktiese, oor.

“Ek gaan gou ons VVVT (Vreemde Virus Voortvlugtende  Tent) soek.” Appeltjie wip weg na haar skuur toe.

‘Miskien kan Silwer intussen vir ons na daardie swart rose op Mars gaan kyk”, mymer Frannie met ‘n veraf kyk in haar oë.

‘Kontak hom dadelik, Frannie!” Seegogga het nie die verlange misgekyk nie.

“Dames, volgens die boodskap moet ons Frankryk toe, maar ook Mars toe – ek neem aan dis planeet M. Of is dit planet M in Indië? Gaan ons ons opdeel in twee groepe?” Christa wil Galileo se wetenskaplike metodes gebruik: “Wie gaan Mars toe?”

“Dit voel vir my verkeerd om op te deel. Eendrag maak mag.” sê Toortsie.

“One for all and all for one!” stem die Goue Vroue saam.

“Het jy al iets van Onderstepoort gehoor, Positief?”

”Nog niks, Scrappy, ek wag nog.”

 “Ons vat ons ruimtepakke saam. ne! Ons kan dit sommer in die tent aantrek om tyd te spaar. Ons moet ook Planeet M gaan ondersoek. Jelleke, Lolla, Annemarie, julle het nog nie ruimtepakke nie, maar julle gebruik sommer solank die pakkies van die GV’S wat nie deel van hierdie storie is nie. Onthou, one size fits all. Ons sal vir julle nuwes kry sodra moontlik.” Trommeltjie sit daad by die woord, en bring ‘n goue trommel meent toe. Dis groot, maar lig soos’n veertjie.

Die tent is stowwerig,  maar die Goue Vroue is haastig. Hulle pak gou die nodige in die VVVT; Die trommeltjie ruimtepakke, Die GBE ( Groen Blaar eksperiment),  iets te ete, te drinke en helaas ook vir Lolla wat soos ‘n slap lap tussen Trommeltjies en Aalsie hang. “Ek makkee nikshie,” hou sy vol en giggel stouterig.

Dis ‘n stil groepie Goue vroue wat in die vlieënde tent sit. Wat gaan hulle in Frankryk doen? En waar? Wat gaan hulle uitvind omtrent die virus?  Wat het Galileo Galilei uitgevind? Waar is Mol heen? Hoe gaan hulle die virus stopsit en Globaliste oorwin? En waarmee, as hulle dalk wesens van die buitenste ruimte is? Wie stuur die boodskap na Lolla se foon?

“Biep-biep-.biep.”Lolla se slimhorlosie se liggie flits weer. Seegogga buk vooroor om te loer en lees die boodskap:

  “Saint Michel, saint Michel

broeiplek van die virus hel,

100 jaar onoorwinne

hier moet julle beginne

sterkte, vaar wel en snel.”

Ons gaan Saint Michelle toe, julle!” Scrapy klink heel opgewonde ‘Ek wou….”

“Kakkerlak-ak!”

KatSeSnor het sowaar haar troetelseekatjie saamgebring! 

“Wat is fout, my liefste Okto-kindjie?” fluister KatSeSnor saggies.

“Die tent lê-ê-êk,” fluister Okto.

Die Goue Vroue kyk met ontsetting hoe die tent hoogte verloor. Ver onder hulle sien hulle hoe die land geleidelik  nader en nader kom.

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels | Tagged | Lewer kommentaar

Seegogga en die Seerowers

Seerowers!(deel 1)

Seerowers! (Deel 2)

SEEROWERS! ( DEEL 3)

Seerowers!(deel 4)

Seerowers (DEEL 5)

Wat is al hierdie links hierbo tog?

Wel  hulle is almal links na die verskillende hoofstukke van ‘n baie gewilde familiestorie-‘n seerowerstorie, deel van ons famieliestories wat gereeld weer opgediep en met smaak vertel word wanneer ons familie bymekaar kom.

Dis dan ook hoekom ek dit jare gelede, in die beginjare van my bloggie, neergeskryf het.

Nou hoekom nou weer hier? WANT- en ek kan nie ophou giggel nie- my kleinkinders wat in graad 7 in die Paarl op skool is, kry toe mos gister die einste eerste hoofstuk van my seerowerstorie as ‘n begripstoets  in hulle eksamen.

Ja sowaar! Erens het hulle Afrikaans juffrou( wat ek glad nie ken nie)  my bloggie raakgelees en besluit on dit te gebruik as begripstoets in die eksamen. En toevallig is sy mý tweelingkleinkinders se Afrikaanse juffrou!

Die kindertjies het seker eers die woorde Struisbaai raakgelees en toe die Seegogga gesien en besef hulle ouma is mos ook Seegogga.

Die goeie juffrou het gelukkig  die skrywer se naam, nl Seegogga, bygesit, anders  het hierdie groot toeval ongesiens verbygegaan.

Ek wonder hoe hulle gevoel het?  Dit het hulle darem genoeg getref dat hulle hulle ma vertel het en sy toe weer vir my Die tweetjies het nog glad nie die storie geken nie en was verbaas om te hoor dat dit ‘n ware verhaal is.

Hulle is gewoond om te hoor dat hulle Seegogga-ouma saam met Tarzan in die takke rondswaai of saam met die Goue Vroue in die buitenste ruimtes rondkerjakker in ‘n vuurpyl.

Ek wonder of hulle maats hulle gaan glo? Ek wonder of hulle darem dink die storie is oraait?

Eintlik lê die Seegogga op haar nuwe seesponsmatrassie in haar skulpbedjie en sy giggel soos ‘n bakvissie van pure plesier. Een van die dae kom die tweeling kuier en dan gaan sy vir hulle die bewys uit die kluis haal en dan sal sy al die skoolstories ook hoor.

Maar nou gaan Seegogga eers slaap- met ‘n glimlag op haar gesig!

2 Kommentaar

Stories

My pa het altyd die interessantste stories gehad – avonture in ‘n tyd wat verbygegaan het, ‘n tyd wat niemand ooit weer kan beleef nie; netso my ma en haar baie besonderse Falck familie.

As die 11 Falck broers en susters en hulle gesinne bymekaargekom het, is daar gegons en gesels en die een wedervaring na die ander is opgediep, afgestof en met smaak weer beleef.

Nou is die nefies en niggies die storievertellers – van hulle ouers se avonture, maar ook hulle eie.

Ek het altyd vaal gevoel tussen hierdie groot groep kleurvolle karakters. Watter stories kan ek eendag vir my kinders vertel? Watter avonture het ek beleef? Dit my gevoel daar is niks nie.

En tog. “Skryf al Ma se stories neer voor Ma vergeet”, het my jongste dogter gesê. As ek nou terugkyk op my bloggie, sien ek: ek het ook stories! Ek het wél heelwat avonture beleef- en die helfte is nog nie vertel nie. En ja, baie is ook in die goeie ou tyd wat nie meer bestaan nie.

Elke mens se lewe is ‘n storie, het ons al dikwels gehoor. Dit is so waar.

Moet dus nie vaal voel nie. Moenie die klein insidente in die lewe miskyk nie. Dit is die goed wat die lewe interessant maak; wat jou laat lag; wat jou laat huil;  ; wat jou familiegeskiedenis oordra van geslag tor geslag;  wat jou gesin en familie saambind; wat jou kinders kan vertel as hulle bymekaarkom; wat jou lewenswaarhede leer;  wat jou herinner aan vervloë jare; wat jou ryper maak en meer volledig mens.

En as jy hierdie stories skryf, is daar moontlik iemand anders daarbuite wat dit ook sal waardeer.

Die afgelope paar dae het ek nog ‘n paar stories onthou wat nog vertel moet word – voor ek vergeet. Die skryfgogga het weer gebyt. Laat ons hoop dat ek tyd sal kry.

En aan my medebloggers – as julle nie besig is om moorde op te los, te werk of in die Rebusdam rond te plas nie, skryf julle stories! Voor julle vergeet!

Hier word groot stories vertel. Een vd wonderlike aande op Rus’nBietjie se stoep.

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels | Tagged , , , | 16 Kommentaar

Knope en Moord in die Overberg

(Hierdie is die eerste deel van ‘n Nuwe avontuur vir die Goue Vroue. Daar is n moord gepleeg. Daar is n pragtige meisie. Daar is…. Om hierdie vervolgverhaal te volg, klik hier.

https://fresh.inlinkz.com/p/54c7705c5c9f46fa95a041857eac2e89

Seegogga klim met moeite in haar hangmat. Sy weet sy moet die Goue Vroue om verskoning vra. Hulle sit oorgehaal vir haar en wag. Wag vir ‘n Nuwe Avontuur. Nuwe Lewe, Nuwe Storie. En dis sy wat dit voorgestel het, maar hier lê sy nou leë hande, leë kop, leë blog.

Knope

“Nou wat is dan die probleem, Seegogga,” vra Una simpatiek. “Die meisie was hier  in my gastehuis in Mosambiek– alléén! En ons weet nie wat gebeur het nie!  Want hulle het vir twéé bespreek!”

“Knope”, sê Seegogga en sug.

‘Knope?” Frannie frons.

“Duisende en duisende knope!” sug Seegogga.

Die Goue Vroue kyk bekommerd na Seegogga.

“Is sy besig om haar varkies te verloor?” vra Woordnoot saggies vir Toortsie.

Toorts, Trommeltjies en Aalsie begin lag. “ek het hulle gesien,” sê Trommels. “Duisende!”

“Nee, sy was maar altyd so ‘n bietjie…, maar hierdie keer is dit die VLV  wat haar op kommandeer het!” lag Toortsie

‘Ek moet ‘n prent met knope maak!” blaker Seegogga dit uit. “Het julle al so-iets laf gehoor? En dis nie al nie. Ek moet die ander Vlv mense leer om dit te doen, en ek het dit self nog nooit gedoen nie. EN DIS NIE AL NIE! Ek moet op die inligtingsdag vir die hele Overberg knoopbehebtes gaan staan en inligting gee en tegnieke en moets en moenies oor knope kuns – oor iets wat ek self nog nooit gedoen het nie. En om knope te kan plak moet jy knope hê – duisende en duisende…en

“ Hulle moet uitgesorteer word volgens kleur, “ las Trommels.

“Want ons weet Seegogga kan dit doen” sê Aalsie vrolik en sonder enige skuldgevoel. Sy is mos op die VLV bestuur en hulle het so onder mekaar besluit om Seegogga in die werk te steek.

“Nou weet julle” sug Seegogga. “ Maar wag, iets anders:  het Frannie nie Amerikaanse Burger geword nie?”

Die towerinne lag en gesels en wens vir Frannie geluk. Nou woon twee Goue Vroue in Amerika, een in die Ooste, een in Nieu Zeeland, een in Mosambiek en die ander in Suid Afrika. Frannie haal haar vrugtekoek uit. Una skink vir elkeen ’n wyntjie.

“Gelukkige nuwe jaar! “ Toortsie  lig haar glasie.

“Lank lewe die Goue Vroue!”

Seegogga se selfoon se liggie flikker. Sy kyk na die skermpie en frons. “Julle,  ons het ‘n probleem. Daar is ‘n lyk ontdek! In ‘n gastehuis  in die Overberg. En hy is vermoor. En sy verloofde het verdwyn”

“Ag nee”, sê Aalsie. ”Daar gebeur mos nie sulke goed in die Overberg nie!”

Una word bleek. “ Die meisie wat alleen na ons toe gekom het… sy was verloof. Dink julle….”

“Ek dink ons moet ondersoek instel. Ek sal solank ‘n inlinks skep. Seegogga, vind asseblief uit wat gebeur het. Una, vind bietjie meer uit oor die meisie.” Toortsie is dadelik saaklik.

 Die Goue vroue vergeet om hulle wyn te drink. Elkeen is besig met haar eie gedagtes. Volgende week gaan almal saam met Seegogga, Toorts, Trommels, Aalsie en Appeltjie Overberg toe. Die moord moet opgelos word sodat die Overbergers weer kan onspan.

Seegogga dink aan haar knope. Sy sal dubbelspoed moet werk, want as die Goue vroue eers hier is….

Posted in goue vroue, Los opdrifsels, rhebusfontein | Tagged , , | 28 Kommentaar

Kersfees op Rebus

Seegogga lê uitgeput op haarhangmat op die bont stoep van haar blou Rebushuisie. Dit was ‘n lang jaar van woel en werskaf. Sy was so lanklaas hier op Rebusfontein.

Sy hoop die ander GoueVroue kom ook. Sy het ‘n outydse skaapboud met braaiaartappels en groente ingepak, Trommels vol liefde en vrede en vars bessiesap wat sy met haar masjientjie maak. Ook het sy ‘n blom vir elke GoueVrou wat hulle in hulle hare kan sit.

Seegogga lê nog so en dink, toe Lolla aangewals kom. Om haar is groot bolle pienk en wit en blou spookasem. ‘n Ligte windjie tel haar op en sweef-sweef kom sy tot op Seegogga se stoepie. Sy lyk sowaar soos ‘n pienk pokkelfeetjie!

“Waar is jou rooi rokkie?” raas sy gemaak kwaai met Seegogga. “Dis tyd vir fees hou!”

“Sjoe jy is vinnig, Lolla! Maar hier is jou rooi bessiesap solank.”

Seegogga gaan spring gou in haar rooi rokkie in, sit ‘n blom in haar hare, en rooi op haar lippe. Die moeg het verdwyn. , Dis partytjietyd op Rebus!

“Kyk! Hier kom Woordnoot ook aangesweef!”

Die volgende oomblik skitter al die bome met die pragtigste liggies. Dit lyk soos ‘n sprokieswêreld so mooi.

Die eetgoed word uitgepak. Heerlike kaas en selfs Seegogga se staatmaker baconrolletjies.

“Daar kom Una en Frannie ook aan!”

Die GoueVroue gaan weer heerlik op Rebus kuier.

Seegogga stem saam met Lolla. Almal is so spesiaal. Die Here het hulle almal so mooi gemaak.

Sy bid vir almal die Rus toe wat net kan kom as jy veilig in Jesus se arms is. Sy bid hulle vrede toe en goddelike liefde en sy vra dit ook sommer vir die res van die wereld.

Geseënde Kersfees!

8 Kommentaar

Aandag! standardiseer rekenaars en selfone!

So breek my laptop mos so ‘n maand gelede.

En ek kry ‘n nuwe laptop.

En hy is Grieks!

Ek weet nie waar is my files nie, my foto’s is toe in ”folders”, Daar waar die aanhalingstekens moet wees, is die @ en daar waar die @ moet wees, is die “. My nefie het die reggestel. Die ding moet South African English praat, nie Uk English nie. Die Britte is nie meer ons heersers nie. NOU HOEKOM IS HY VANNAAND WEER OP BRITSE ENGELS?

Sy skrif is so klein ek kan dit nie lees nie, Ek moes hom op 110% stel en glo ek sal dit more weer moet doen, en niks is cool nie, behalwe sy spoed.

Hy is vinnig! Jippie! Ek hoop ek leer hom eendag ken. Maar hoekom moet mens elke keer so sukkel? Waarom standardiseer hulle nie die goed nie? Waarom kan almal nie dieselfde chargers het met dieselfde punte nie, en waarom kan alle printers nie sommer op dieselfde manier met die laptops praat nie en waarom …..

Nee wag, laat hierdie ou tannie nou eers gaan slaap. More sal ek die mannetjie bel dat hy my kom verduidelik hoe om goed in te scan, waar die hakies is , waar net mooi alles op hierdie boksie vol perriwinkle skulpies is. Die seegogga wil tik!

Posted in Aandag! Verbeter die lewe en word 'n mijoener!, Los opdrifsels | Tagged , , | 15 Kommentaar

liewe Lesers

As ek nie besig is om een of ander onhebbelikheid of wilde avontuur met die Goue Vroue te beleef nie( tans is ons besig om die lewe vir ou Jan van Riebeeck te verbeter, of dalk moeiliker te maak daar in 1652), neem ek deel aan ‘n kortverhaal kompetisie.

In die spesifieke kompetisie verlede jaar, was daar 8 uitdunrondtes. Ek is dankbaar om te kan sê dat ek deurgedring het tot die finale rondte, rondte 8, (wat uit 2 hoofstukke bestaan het. Rondte 8 en 9 is saam beoordeel, so ek tel dit as een rondte).

Ongelukkig het ek nou nie hierdie finale rondte gewen nie, maar nou het ek 8 stories om mee te werk. As julle my nie in tydskrite sien nie, gaan ek ‘n e-boek maak, maar erens gaan hierdie stories gepubliseer word. Daaroor is ek baie dankbaar.

Soms is ‘n mens bang om te waag. Of te lui. Of albei. So was ek met hierdie kortverhaalkompetisie. Tot ek die dag voor die eerste sluitingsdatum besef het: As ek nie nou  iets doen en deelneem nie, gaan ek dit nooit doen nie. Ek het ingespring en begin werk ( want alles wat die moeite werd is, kos ‘n bietjie werk). ‘n Kwartier voor die sluitingstyd ( 12-uur, middernag, van die spesifieke dag) is my storie toe in. Ek was heel verras toe ek deur is na die volgende rondte, en die volgende rondte, en die volgender rondte, ens.

In die proses het ek geleer, ek kan. Ek moet sê, die avonture saam met die GOUE VROUE het regtig so gehelp. Ek glo ek sal nou ‘n boek kan skryf as ek my hart daarop sit. Vroeër het ek nie geglo dat ek dit sal kan doen nie

So wat is die lessie?

“Never give up! “

Aanhouer wen!

Glo in jouself!

Roer jou gat en doen iets!

Arbeid adel!

Carpe Diem!

Niks is onmoontlik nie!

Ja daar is seker nog lewenslesse, maar hierdie is al waaraan ek nou so vining kon dink. Baie dankie  aan die admin van Storieskrywers, en baie dankie Goue Vroue!

Die van julle wat graag ’n Wilde avontuur van die Goue vroue wil lees, daar is twee gratis e-boeke om te lees:

Klik hier om ons 2 gratis d-boeke te kry.https://dwtr67e3ikfml.cloudfront.net/bookCovers/96914b85136eb331a91c1fa3a98b35a7994e6fce

Liefdegroete

Seegogga

9 Kommentaar

Drama in 1600+ Deel 4 van ons avontuur

Die Goue Vroue is ‘n groep vindingryke dames wat wonderlike avonture saam beleef in die kuberruim. Kliek op die volgende link as jy lus is om te loer wat ons hierdie keer aanvang…

https://fresh.inlinkz.com/party/dd0d1dc46eb64ccf9ede0f8f19d43711

“Julle, ons plan werk uitstekend! As Toortsie-hulle hier aankom met die bokke, het ons darem ons goeie daad vir die dag gedoen!” Aalsie begin nou hulle doel hier verstaan. Sy skuif haar rug teen ‘n hoë grafsteen om gemakliker te sit.

” …en kan ons dalk teruggaan na die beskawing toe,” fluister Lolla so by haarselwers. Haar grafsteen is maar plat. Christa knik haar kop. ” Ek stem soo saam!” fluister sy.

“Ek wil nou nie negatief klink nie,” sê Woordnoot, ” maar ons sal daardie bloomer so vinnig as moontlik moet verwyder. As die soldate dit moet sien…”

“Sonell, jy is mos jonk en fiks!” Ekmyself kyk hoopvol na Sonell. “Kan jy paalklim?”

“Ek is onseker…”

“Ek het ‘n plan,” sê Seegogga.”As ons nou my vislyn vat en gooi, kan ons hom mos raakhaak met die hoek…” Seegogga se stem sterf weg. Haar vislyn lê in die een-en-twintigste eeu…

***

In die Fort sit Jan van Riebeeck en skryf in sy joernaal. Hy kyk op en deur sy vensteropening sien hy ‘n eienaardige wit ding hang teen die vlagpaal. Maar dis mos…’n bloomer! Wat gaan hier in sy nedersetting aan?

Hy reël dadelik dat ‘n paar wagte uitgestuur word om ondersoek in te stel. Hierdie onsedelikheid moet in die kiem gesmoor word. Donkergat toe met die oortreders, as hulle gevind word!

Dit begin skemer raak, maar daar is nog geen teken van die jagters nie. ‘n Koel aandluggie begin waai. Die vroue skuif bietjie nader aan mekaar. Die eerste sterretjies skitter al en die maan is amper op.

Frannie wonder wat Silwer nou doen. Waar bly Toortsie-hulle tog?

“Die een ou spook was vet,

en die ander ou spook was maer.

Hulle sit daar in die kerkhof rond,

die hele lot bymekaar!”

Almal lag saggies en begin saam met Seegogga sing. Hulle maak gepaste bewegings op maat van die musiek en VirgoC moet net kort-kort maan dat hulle sagter moet wees.

“En die een lot sê ‘ha ha!’

En die ander lot sê ‘ho ho!’…

Die volgende oomblik hoor hulle ‘n vreeslike geskreeu.

” Spook! Spook! Help!”

Hulle sien verbaas hoe ‘n groepie soldate opspring, hulle wapens neergooi en ooplê terug na die fort toe.

Trommeltjies begin eerste proes van die lag. In die donker skemer lyk al die wye rokke en wit onderrokke nogal regtig spokerig!

Kameel kruip gou nader en gee al die wapens agtertoe vir die goue vroue aan.

“Sjuut! Hoor julle dit ook?” Una wonder hoeveel leeus daar nog hier naby die fort is. Almal hoor nou die geritsel in die gras.

“Ontspan julle, dis ek”. Appeltjie leopard crawl tot by die groepie vroue.

” Scrapy wag daar agter die muur by die perde. Daar het iets vreesliks gebeur. Toortsie en Positief is gevang!”

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels | Tagged , , | 22 Kommentaar