die lewe is ‘n feeverhaal

image

Almal van ons ken die stories van Rooikappie en die wolf, Gouelokkies en die 3 beertjies;,Aspoestertjie, Doringrosie,   Sneeuwitjie. In ‘n feeverhaal is daar die goeie en die bose. En altyd, maar altyd, wen die goeie en verloor die bose en die prins en prinses woon vir altyd en altyd gelukkig saam.

Die waarde van sprokies kan nooit oorskat word nie, sê die kenners. Nie alleen leer dit kinders dink en droom nie, dit skep ook ‘n fantasiewereld waar alles moontlik is. Dit vertel ook die lewe in ‘ n baie eenvoudige en wonderlike vorm. So kom jy gou agter wat goed is, en ook wat sleg is.

Met die jare het ek geleer dat alles in die lewe in die vorm van ‘n feeverhaal vertel kan word. Op een of ander manier is dit ‘n helende proses om die lewe in die vorm van ‘n feeverhaal te sien – werklikheid of verdigsel, goed of sleg. d=Dit help dus om die lewe in sy eenvoudigste en mooiste vorm te sien. En dit help  jou weer om dit beter te verstaan – en die storie in jou hart te hou.

Ek het dit ook al gedoen   : Die prins en die diensmeisie. As jy dalk hierdie storie lees, lees gerus ook almal se verskillende eindes. My eie einde  is heel laaste. Ek het hierdie einde gekry nadat ek almal se eindes gelees het, en die storie mooi bestudeer het. So kon ek op die ou einde die regte einde kies, in die feeverhaal en ook in die werklike lewe. En dit was ook ‘n gelukkige einde met mooi herinneringe.

Dis vir my lekker om die feeverhaal in die lewe te soek. Nie almal het gelukkige eindes nie. Daar was ook die storie van Die eensame koning.  ( en tog, selfs hy het ‘n gelukkige einde: besoek die mene dan nie van toe af altyd sy pragtige paleise nie en doen hulle dit nie steeds tot vandag toe nie? Ja, meestal het feeverhale gelukkige eindes. Lees gerus die storie van die gelukkige haai.  en ook die storie Parrie kom huis toe. 

Ietwat ander, maar ook in sotrievorm, is ‘n Dag in die lewe van ‘n seegogga

Soms moet ‘n mens net hard vir daardie  gelukkige einde soek- soos ek moes doen met die prins en die diensmeisie hierbo.

Het jy ‘n feeverhaal? Ek daag jou uit: Skryf ‘n feeverhaal: oor jou eie lewe of ‘n deel daarvan, oor ‘n bekende se lewe, oor die politieke situasie van ons land, of oor enige werklike gebeurtenis. Maak dit ‘n feeverhaal ( of ‘n fabel) en vertel vir ons ‘n storie.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=779975

Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in feeverhale en ander stories. Bookmark the permalink.

47 Responses to die lewe is ‘n feeverhaal

  1. Hmmm ja-nee, ek sien weer groot stories hier tussen die bloggers uitspring. Dis nou sommer ‘n lekker onderwerp Seegogga. Moenie vergeet om jou skakel op InLinkz te gaan sit nie, hoor?

  2. O en ekskuus dat ek sommer jou blog hiervoor annekseer – ons soek nog vrywilligers om op te tree as gasbloggers. Ons het nog niemand vir volgende week nie en ons soek nuwe bloed. Komaan, maak soos in die army en tree vorentoe alle bloggers wat nog nie as gasheer / gasvrou opgetree het nie. Ek gaan die chicken song sing vir die bangjanne!

  3. travel460 sê:

    Heerlik sit jy my aan die dink…

  4. Sug Seegogga ek is nie goed met abstrakte stories nie

  5. Toortsie sê:

    Oulik! Jy dwing ons om buite ons gemaksone te dink.
    Kameel, Kameel, kom bietjie hier. Kan dit wees dat jy NIE as gasvroublogger gaan optree nie? Ek wil dit nie glo nie.

  6. Toortsie sê:

    En Scrapy? Waar is sy en haar vuurpyl?

  7. Kameel sê:

    Ek.staar ook soos Una na die skerm….. waaaaaar moet ons al hierdie verbeeldingvlugte uitkrap? 😕

  8. Positief sê:

    Ek sal maar die naweek dink…. Of miskien kan ek net my vorige blog link? Cheatings…
    Lekker naweek almal

  9. Dis nou weer n storie van n ander kleur! My verhaal is soos n regte riller, gelukkig het dit darem n vreedsame einde. Ek is bly ek is nie n telefoonoproep naby aan Hester nie, sy sal my sommer soos kameel inspan vir n sessie! Nou sit ek lekker laatnag hier en grappies maak, plaas ek gaan slaap!

  10. Terug pieng: Skryf-Safarie: ‘n Feëverhaal – I scrap 2

  11. Terug pieng: Skryfsafari: Toortsie besoek die sneeuberge – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  12. Terug pieng: Kameel – Layla se keuse – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  13. Terug pieng: Die lewe is’n feeverhaal – Bondels Gedagtes

  14. Terug pieng: Jou bed opmaak? Of nie? – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

  15. Terug pieng: Die feëprinsessie wat 'n gewone mensekind wou wees - Dis Ekke

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s