Op ‘n skryf-safari gaan die paadjies met kronkels en draaie – soms glad en glibberig, soms opdraand en moeilik.
Waarheen gaan my paadjie vannaand? Wel ek is mos ‘n seegogga, né. Al langs die strand loop my spoortjies, lig, lig, soms skaars sigbaar. Die seesandkorreltjies kleef aan my pote, my lyf, my hart. Soms spoel die seewater oor my. Maar ek sink nie, ek swem. En in die water van my lewe, beleef ek wondelike avonture, vind ek ander seegoggatjies wat wonderlike vriende word. Daar is ook lastige bloublasies wat brand en seermaak, en seekatte en haaie vir wie mens baie bang moet wees as hulle te groot is.
Maar meestal is daar die branders. Jy kan dat hulle jou omklap – hulle is so rof. Of jy kan op hulle dryf , op en af, en baai in die genade van ‘n warm sonnetjie. En terwyl jy so dryf, droom jy oor ander paaie – die paaie van mooi landsplekke, die paaie van spesiale ervarings, die paaie van mooi herinnerings, groot liefdes, die paaie van jou kinders, die verlede, die paaie van jou hart.
Ja, en tog ook die paaie van die toekoms.
Maar hierdie tyd, hier vannaand, is my gunstelingplek hier onder die see, onder ‘n lekker groot klip, weg van alles af en op my paadjies van hartsherinneringe. More oggend sal ek weer swem, op die branders dryf en woel en werskaf op pad – die toekoms in. Mag dit vir julle almal ‘n mooi nuwe dag wees.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=778471
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Mooi!!!
Ag, Seegogga, dis nou regtig baie mooi.
Dankie Coetzee en Toortsie!
Jy laat my trane vlak sit met hierdie mooiste skrywe.🌸🌸
ai. Solank mens net kan aanhouu swem – of dryf.
Dit klink heerlik *sug* Ek dink ek was ‘n seeduiker in my vorige lewe. Of ‘n seeskilpad. Okei, dalk ‘n snoek, want ek byt soms. Mooi geskryf Seegogga.
Ag hemel Hester jy laat my altyd lag 😀😀😀 Snoek sê jy? Nou gaan ek jou gesig sien wanneer ek ‘n happie snoek eet!!!
Ek vrek oor snoek. Saam met vars brood, lekker souterige botter en druiwekonfyt.
Ja, ek het haar gewaarsku!
SNOEK? Ons sal moet oppas vir jouu – but then agzin – jy sal moet oppas vir ons: snoek is lekker!
Maak my lekker gaar, bedek my met alles wat lekker en dekadent is.
So mooi geskryf, Seegogga!
Baie dankie bytjie. So vlieg jy ook seker op die windjie.
Dis nou so mooi geskryf, en klink so lekker. Ek wil ook ‘n seegogga gewees het…. nou loop ek in die woestyn rond!!! Maaaar ek het darem pragtige lang oogwimpers 😗 Ag seegogga hê maar genade met my, ek sien altyd iets humoristies. Dis nou as ek nie sit en huil nie.
ek weet net nie: rooi stilleto’s in die woestyn? Dit gaan nie werk nie!
‘n Kameel op rooi stilettos 😀😀😀😀 Ek sien die prentjie!!!
Dit is goed om te sien die pragtige woorde eb en vloei weer uit jou hart.
Dankie Abrie!