Category Archives: Kersfees

Geseënde Kersfees!

Hier waar ek om byna middernag in my bed sit, wonder ek- waar is die tyd heen? Die jaar lê op sy rug, die raamwerk is afgehandel, die vakansiegangers in, maar steeds skarrel ek rond. Dis tyd om op te … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | Tagged , , , , , | 14 Kommentaar

Goue vroue lê laag

Ons is ‘n groep vroue, die Goue Vroue. Elkeen van ons het ‘n stukkie goud in haar. Ons flans woorde bymekaar en maak stories, ons elkeen het ‘n huisie in Rebusfontein. Dit is ons realiteit, weg van realiteit. Jy kan … Lees voort

Posted in goue vroue, Kersfees, Los opdrifsels | Tagged , , | 11 Kommentaar

Kersvader word gehelp

Die jongerige  nagemaakte Kersvader haal ‘n vergeelde foto’tjie uit sy sake n wys dit vir die GOUE VROUE. ‘n Mooierige meisietjie met lang blonde hare en ‘n outydse somerrokkie loer skaam na die kamera. “Dit is my Maria”, sê hy … Lees voort

Posted in goue vroue, Kersfees, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein | 11 Kommentaar

Struisbaai special

Dis die einde van 2019. En op Struisbaai is dit baie spesiaal, veral vandag. Miskien is die belangrikste dat vandag n baie mooi dag was- die eerste een hierdie vakansie sonder ‘n stormsterk wind! Ons kon saam met skoonseun op … Lees voort

Posted in Die Overberg: my wereld., Kersfees, Los opdrifsels, Overberg, Seestories | 18 Kommentaar

Kersfees, vakansietradisies en verandering.

My ma was die tweede oudste van 11 kinders. Al 11 is getroud en al elf het kinders gehad. En elke jaar het hierdie groot familie in ‘n groot halfmaan van tente vakansie gehou dat dit klap, daar tussen die … Lees voort

Posted in Die Overberg: my wereld., Kersfees, Los opdrifsels, Overberg, Seestories | Tagged | 13 Kommentaar

Kunsuitstalling op Rhebusfontein – wonderlik!

O my Word – noot! Dis mos so in my kraal! Wil julle kuns he? Ek het baie!!! (BAIE!).Hoekom?Wel, my ma het geskilder, en ek, en my 3 kinders, en ek het ‘n raambesigheid… en ook ‘n voëtjie wat los … Lees voort

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Kersfees, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein | 50 Kommentaar

oulike kinderboeke

Deesdae is mense tog so besig en dit is soveel makliker om kinders voor die TV te laat neerplak as om die moeite te doen om vir hulle te lees, maar glo my, selfs in hierdie tegnologiese eeu, is LEES … Lees voort

Posted in Boeke en flieks, Kersfees | Tagged , , , , , | 8 Kommentaar

Dis Kersfees

Hierdie jaar het onder my uitgevlieg. Benewens my matriekklas se 50 jarige reünie  het ek wonderlike blogavonture en reise beleef. Volgende jaar DV is die my varsitypêlle se 50jarige reünie en gelukkig reël ek dit nie hierdie keer nie. Maar … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 16 Kommentaar

Skryf safari: deur die venster

In opdrag van Kameel loer ons vannaand deur Struisbaai en Agulhas se huisvensters. Tog snaaks hoe landstreke se gewoontes verskil. In die Vystaat en Transvaal ( ag wat is al daardie nuwe name nouweer?) word vensters bedek met gordyne sowel … Lees voort

Posted in Die Overberg: my wereld., Kersfees, Los opdrifsels, Seestories | Tagged , , , | 26 Kommentaar

Hoe het Seegogga gebeur?

Van jongs af was ek lief vir skryf. Op 10-jarige ouderdom het ek al ‘n paar “gediggies” geskryf gehad, wat ek dan Desembers ewe manmoedig by die CSV Kampkonserte op Struisbaai opgesê  het. As ek klavier geoefen het, het ek … Lees voort

Posted in die tale wat ons praat, Kersfees, Los opdrifsels, Seestories | 27 Kommentaar

Kersfees is verby, Nuwe Jaar lê voor

Liewe blogvriende Ek hoop julle het ‘n wonderlike geseënde Kersfees gehad en gaan ‘n wonderlike geseënde en voorspoedige nuwe jaar hê.  2017 Hier kom ons! Liefde Seegogga

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 11 Kommentaar

Laaste skryfgedagtes voor Kersfees

‘n Jaar is verby – dis Desember, Kersfeestyd. Ek vra myself af: Waar het my bloggie heen verdwyn?  Wat het gebeur dat ek opgehou skryf het? Baie aande het ek hier gesit en dink ek moet ietsie skryf – maar … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 18 Kommentaar

Kersfeespresent, Kerskaartjie en Kerswense

Mmm, tog te snaaks. Deesdae lees almal skielik weer my bloggie: Dit is vakansietyd wat ek Desember 2011 geskryf het, asook  Om te copy en te paste wat ek in Desember 2012 geskryf  het. Ek kyk na die searches. Ja, daar staan … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 4 Kommentaar

nog musiek vir middernag

Liewe land, die tyd vlieg. Dis middernag( amper) en ek sit en ginnegaap en blogs lees. Dis nou nadat ek ‘n regte Desember-rush dag gehad het. Dit gaan elke jaar hierdie tyd so in die raambesigheid en ook die huisverhurings. … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 4 Kommentaar

Dis Kersfees, dis Kersfees

Skielik het die jaar onder my uitgehardloop. dit was die laaste rush van rame, onverwagte kanselasie by die huisies en sommer net besig besig. Omdat ek nie huurders vir  ou Rus ‘n Bietjie kon kry vir die afgelope week nie, … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | Tagged , , , | 6 Kommentaar

Om te copy en paste

Nouja, as ‘n mens jou uitgee om te blog, moet jy weet dat jy jouself vir die wêreld wys. En meestal sien hulle baie meer as waarop jy gereken het. Tog snaaks dat die skrif tussen die lyne dikwels meer … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 33 Kommentaar

Dit is Vakansietyd

Ek kyk vanoggend met ‘n skok na my bloggie. Vir die eerste keer vandat ek begin het, is hy nie eers op die lys topblogs nie. Hy het onder verdwyn, afgeval en weg. Ag nee! Een rede is seker omdat … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 9 Kommentaar

blogflop

Liewe blogvriende, dis nie dat ek lui is nie, regtig! Ek het gisteraand  laaaank getik. Sien ek het besluit dat ek ‘n brief kort in my Ma se seksboek. ‘n briefie oor saambly voor die huwelik. By die volgende uitgawe( … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 5 Kommentaar

Nuwe Kersfeesliedjie en ou gedagtes

Ek kry vanoggend hiedie mooi liedjie in die pos. (Ai, tog, computortaal: ek kry die e-mail). ‘n Moderne kersliedjie. En terwyl ons almal nou begin dink aan presente en Kersetes, versierings en liggies, ruk die liedjie mens nogal terug. Wat … Lees voort

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | Lewer kommentaar