‘n dag by die see

 

img-20180913-wa00052119949424.jpg

se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.

Om jou blogHierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.

Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.

Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger pos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

“Opstaan! kom, kom, kom!”

Ai, wat het ek dit met die Towerinne. Die klompie het tot laat gisteraand op die stoep van die Arniston hotel gesit en gesels ipv om vroeg te gaan slaap! En die see wag vir niemand nie!

“Onthou ‘n mens kan net met laagwater in die grot kom!” waarsku Toortsie.

Vanoggend gaan ons grot toe en ek kan nou nie help dat dit al kwart oor 8 laagwater is nie. Dis nog nie heeltemal spring nie, dan is dit mos atyd so tussen 9 en 10vm, maar nou moet mens vroeg wikkel.

Die Gautengers trek effe hartseer stilletto’s uit en hulle plakkies en tekkies aan. Sonell sit sommer in die bussie haar rooi lipstiffie aan , maar Hester lyk presies reg met haar kortbroekie en sonhoedjie.

Ons ry met die giggel-groen bus tot by Roman Beach.

Toe begin ons stap, duin op, en uiteindelik duin af tot onder by die see. Onder stap ‘n mens al om die kante van die  rotse op platterige klippe, ons spring oor rotspoeletjies met krappies, , vissies en anemone en hermietkrappies  in.   Kameel glip eenkeer, maar voordat sy plat in die water gaan sit, het Una en Bondels haar beet, en hou haar weerskante vas. Versigtig stap hulle 3 so ingehaak verder, al om die krans totdat ons uiteindelik dit sien : Daar agter in een van die inhamme wat vol oranje en groen ronde klippe lê, is daar ‘n gaatjie. 

“Is dit die grot?” vra Perdebytjie  effe teleurgesteld.

“Nee, ons moet  deur daardie opening daar agter klim”, sê Toorts.

Dit lyk maar so onmoontlik te klein, maar  die dames klim almal handviervoet deur ( met ‘n paar kreune en steune) en voor hulle vou die wonder van die grot oop – die hoë uitgekalwerde dak, die gladde golwende rotse met die helder poeletjies, die hoop kleurvolle ronde klippe in die een hoek , die skemerlig,en die woeste branders wat saam met die son by die voorste opening instroom.

“Nee”, ons moet eers deur daardie opening kruip,” vertel Toortsie weer. Die towerinne klouter handerviervoet deur die gat – en voor ons vou die wonderwereld oop – die hoe uitgekalwerde dak, die geriffelde klipbodem met helder poeletjies, die skemerwereld met die woeste branders voor daar waar die son by die ander opening inskyn.

Dit is van hierdie grot af wat die dorpie sy naam gekry het. Vroeër was daar sand voor die grot en kon mens see-langs tot by die voorste opening loop. Die grot is so groot dat ‘n ossewa wa hier kon omdraai. Vandaar die naam: Waenhuiskrans.

In 1815 het die Engelse skip, die Arniston , op Waenhuiskrans gestrand. Dit was ‘n groot gebeurtenis en onder die baie gestorwenes het daar ook 4 seuntjies verdrink. Hulle ouers het vir hulle ‘n monumentjie ter nagedagtenis opgerig, en later het mense ook van die dorpie as Arniston begin praat. Daarom is dit jarelank al een van die min dorpe is die wereld wat 2 amptelike name het: Waenhuiskrans sowel as Arniston.

Toorts klim op die groot rots in die middel van die grot,  die preekstoel. Toe haak sy af en sing dat die hele grot weergalm. 

” I do like to be beside the seaside

I do like to be beside the sea….”

die ander dames val in en la- la lustig saam.

Ek moedig maar die dames aan om weer terug te klim deur die agterste gat, want ons het nog baie te doen, en  boonop begin  die see te stoot. Ons moet hier en daar oor voortjies spring en die branders spat ons lekker nat toe ons terug rondom die krans loop om weer by die sandduin uit te kom. Maar die gees is groot en Bondels , Positief , Sonell en Perdebytjie besluit om by Roman beach in te spring. Die water is deurskynend en warm en heerlik! Una dryf daar rond in haar pienk lilo; Kameel, Frannie en Toorts  sit op die strand en smeer hulle met sonroom in; Lekkervurig is ernstig besig om op haar sel op te lees oor die stranding van die Arniston; Woordnoot is besig om ‘n gedig daaroor te skryf en Virgo C lê toe-oë in die son.

Ek self speel hier in die vlak watertjies rond toe dit my skielik tref : Waar is Hester? Ek kyk op die strand, die sandduin en die see. Hester is skoonveld weg.

Waaaar is Hester?

20160322_094841

My man, dogter, en kleinkinders in die grot. Dit preekstoel kan net agter hulle gesien word. Dit is die groot hoe donker rots.

20160322_100619

die pad na die grot toe

20160322_092555

 

 

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie diegroen giggelbus, Overberg, Seestories and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

69 Responses to ‘n dag by die see

  1. Oeeeee seegogga dit was puik. Gelukkig is ek ‘n oggend mens en kan sonder sukkel opstaan. Die see en grot was amazing. Die swem fantasties. Ek is dankbaar ons kon die stilettos chuck en trekkies down. Kaalvoet natuurlik die heel lekkerste maar nie op see rotse nie. Ag dankie vir hierdie heerlike bederf…

  2. Hester! Hester mag nie wegraak nie! Het ons haar in die grot vergeet? Seegogga en Toorts, dis julle geweste, wat maak ons, waar soek ons?

  3. Hoe heerlik! Kan nie wag vir die volgende episode nie – waaaar is Hester??

  4. travel460 sê:

    Ag dankie dat ek die kans kon kry om my nuwe pienk lilo uit te toets, Seegogga. Kan ek nie maar net hier bly nie dan kom haal julle my later…hierdie deurskynende water is my plek, so saam met die krappies en anemone.
    Hester, sy is ‘see-wys’, ek dink nie sy sal kan wegraak nie. Daar is seewater in haar are, jong.

  5. woordnoot sê:

    Oe Seegogga!! Jy het my dag gemaak. Die grot is wonderlik en daar het dadelik n idee vir n storie in my kop gespring…flippit…en daai helder seewater! Wie wil nou Mauritius toe as jy kanArniston toe gaan????? Maar WAAR IS HESTER???

  6. Toortsie sê:

    Seegogga! Ek us sooo bly jy het hieroor geskryf. Jy het dit so mooi gedoen. Dankie.

  7. Toortsie sê:

    Maar waar is Hester? Ek hoop regtig nie sy het agtergebly in die grot nie! Sy gaan verdrink as die see nou opstoot.

  8. Toortsie sê:

    Seegogga, jy moet baie meer skryf, jy skryf so mooi.

  9. Kameel sê:

    Ek verstaan nie hoe Hester altyd opsoek is nie….hoekom bly sy nie by die trop nie? Het iemand ‘n vêrkyker byderhand…miskien swem sy diepwater….of sien iemand ‘n helikopter met ‘n sekere Pablo se naam op? Dankie Una en Bondels vir die krukke…julle weet mos hoe my kop draai. Seegogga dit was heerlik dankie!! Ek het gedog Toorts gaan begin preek toe sy op daardie rots klim 😇

    • seegogga sê:

      Nogal ne! Gelukkig hou Toorts ook van sing en die grrot het n wonderlike akoestiek. Nee rerig! Hester gee my noy grys hare. Maar ek glo nie sy is mee4 in die grot nie. Ek verbeel my tog ek het haar sien uitklim deeur die gat. Ek was mos juis bekommerd dat iemand sal agterbly.

  10. Ja, en waar IS Hester? Sal julle nie graag wil weet nie! Dit is pragtig daar Seegogga. Ek het as jongmeisie ‘n tydskrifverhaal (in die Rooi Rose dink ek) gelees van ‘n jong meisie wie se eerste liefde daar in die grot verdrink het met hoogwater. Dit het op die ou einde uitgekom dat hy nie regtig verdwyn het nie en eintlik ‘n skurk was wat haar ‘n rat voor oë gedraai het, maar dis nadat ek emmersvol trane oor hom gehuil het. Die bliksem!

  11. Positief sê:

    Lekkerste lekker, ek was nog nooit daar nie, sal beslis nou ‘n plan moet maak om in die grot te gaan sing. Hopelik klink ek beter met die akoestiek daar

  12. VirgoC sê:

    Ek is net bly Hester is terug- maak oë toe vir rukkie en daar raak een weer weg…

  13. Ek het gou ingevlieg op my Muskvuurpyl…. haloooo julle! Ai dit was n lieflike uitstappie na daardie grot! Ek was net bang my sterre sit vas daar in die nou gaatjie waar ons moes deur. Dankie vir die besondere heerlike dag, Seegogga.Jy het dit so goed geskryf. Wat Hester betref… daar is n komplot.

  14. Seegogga jy het my nou sommer weer lus gemaak om Arniston te gaan besoek. Jy het pragtig geskryf. Die grot was ń belewenis in werklike lewe en nou weer in die virtuele lewe.

  15. Terug pieng: Skattejag in ‘n grot – Kameel se gebabbel

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s