Die perfekte misdaad? Verslaggewer: Seegogga

(Nota aan gereelde lesers: hierdie is deel van ‘n bloggergroep se hoogs amusante  gesamentlike geskryfde misdaadstorie, As julle lekker wil lag,  begin hier lees. )

Onthou ook asb om die kommentaar onderaan elke hoofstuk te lees.

 

“…Mmm nou moet ek fyntrap. ek wil tog nie hê my bloggervriende moet gevang word nie! Hulle het immer my beloof dat hulle my baie goed sal vergoed as ek reg skryf, so kom laat ek nou die redakteur tevrede stel…”

           Die Perfekte Misdaad?

verslaggewer: SEEGOGGA

Volkskasbank het sopas bevestig dat gerugte van ‘n groot bankroof wel waar is. Die bank is in ‘n klein dorpie, wat om veiligheidsredes nie bekend gemaak mag word nie. Dit het   benewens baie papiergeld,  ook besonder waardevolle diamantjuwele asook ‘n groot versameling egte antieke goue muntstukke( gehad).

Mnr Tiekie Pfennig, bankbestuurder, het Maandagoggend oudergewoonte vroeg die oggend bank toe gegaan en die kluis oopgesluit om die alamstelsel te de-aktifeer. Groot was sy ontsteltenis toe hy  ‘n pragtige gemeubileerde vertrek vind, in plaas van sy staalkabinette. Die vertrek was kompleet  toegerus met kunstige Bali houtbanke, koffietafels,  lieflike staanlampe en pragtige tafelkleedjies.

By nadere ondersoek het hy wel sy staalkabinette onder die tafelkleedjies ontdek – dolleeg. Die polisie is onmiddellik  in kennis gestel, en hulle het kom vingerafdrukke neem en padblokkades ingestel. Tot dusver wil hulle egter geen kommentaar lewer nie. Die saak word bemoeilik deur hulle plaaslike bevelvoerder, Sersant Gigaba, wat nie op die oomblik vir kommentaar beskikbaar is nie.

Op hierdie stadium is dit onseker hoe die rowers die kluis oopgekry het, want daar is geen teken van inbraak nie. Daar is wel ‘n visitekaartjie op die toneel gevind, maar die woorde daarop is onleesbaar. Die ondersoekspan hou vol dat daar iets bonatuurlik gebeur het, en sommige polisieamptenare glo dat dit daar spook, en weier volstrek om die kluis binne te gaan.

Die omgewing is al jare lank bekend vir sy spookstories, en een van die nabygeleë plaashuise heet ook die “Toweropstal”. Die nuwe huurders het hulle onlangs die gramskap van die bure op die hals gehaal deur elke nag luide musiek  te speel en wilde partytjies te hou. Daar is ook vergesogte stories van vuurpyle, en drie spoke wat mense verwilder.

“My koeie het onrustig geraak en ek het duisende rande se skade gely omdat hulle melkproduksie so gedaal het,” het Mnr Bull, ‘n ontstoke buurman aan my gesê.

SEEGOGGA het as verslaggewer self een van hierdie partytjies bygewoon nadat ‘n klagte ontvang is, en was tydelik uit aksie gestel en byna vermorsel toe ‘n groot hoeveelheid Frangelico per abuis ( of dalk aspris) op my uitgestort is. Die vermoede is sterk dat daar ook dwelms betrokke was.

” Nou die aand het hulle skielik opgehou met die wilde musiek en weer klassieke musiek gespeel” vertel mnr Bull.  ” Ek het nog so dankbaar gevoel dat my koeie nou weer mooi rustig is, toe ek skielik ‘n onaardse slag hoor. Iets moes daar ontplof het!  Ek het onmiddellik die polisie gebel, maar jy weet mos hoe gaan dit deesdae hier. Hulle het hulle nie eers verwerdig om die foon te antwoord nie! ‘n Vorige klagte oor rusverstoring het ook geen resultate opgelewer nie!”

Mnr Bull het bygevoeg dat dit nou doodstil en verlate by die Towelopstal is. Hy vemoed die bure se eksperiment het misluk en dat hulle toe maar getrek het. Hy sien ook nie meer hulle bont  zoommobile nie, en by nadere ondersoek het hy  ‘n windskewe struktuur, met die woord “ali” daarop geskryf, gesien. Die oorweldigende geur van alkohol  het die lug gevul. ” Ek is so bly hulle is weg. Ek dink hulle het hulle ali gesien! ” sê ‘n dankbare mnr Bull.

Op hierdie stadium word die gebeure by die toweropstal nie met die misdaad verbind nie, hoewel dit  opvallend is dat die huurders weg is ongeveer dieselfde tyd wat die bank beroof is.  Die polisie dink ook dit is onwaarskynlik. Hulle sê dat dit maar net ‘n groep plesierige mense was, en dat hulle beslis nie nugter genoeg was om so ‘n funbeplande misdaad te pleeg nie. ‘n Paar rooi stilleto’s, ‘n rooi kopdoek of twee, ‘n blonde pruik en ‘n hele paar uitermate groot stukkies onderklere word deur die polisie gehou as bewysstukke vir ingeval. Opvallend is die rooi stilleto’s wat op die uitstal rakkie in die polisiekantoor staan. Op ‘n vraag waarom dit daar staan, het die polisiebeamte gebloos en gestotter dat hulle nie plek in die kluis het vir al die gekonfiskeerde items nie.

Intussen is daar berigte dat ‘n klein bietjie van die kontant wat gebuit is, onlangs by ‘n winkel  naby Pollmanskop gevind is. Die eienaar weet egter nie hoe dit daar gekom het nie. Niemand wat na skelms lyk,  het by sy winkel kom koop nie.

‘n Filmspan wat van die misdaad gehoor het, het ook aangedui dat hulle hoop om ‘n film van die gebeure te maak indien meer besonderhede beskikbaar word.

Seegogga onderneem om ons lesers op hoogte te hou.

Die ondersoek duur voort.

 

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

 

 

 

 

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

115 Responses to Die perfekte misdaad? Verslaggewer: Seegogga

  1. Seegogga, hierdie towerin se dankie uit haar oud- joernalis hart. Ons eskapade blyk nie so chaoties as wat ek dit aan eie bas gevoel het, uit jou puik beriggewing nie. 😉Phew….ek voel verlig. Dankie Seegogga, dat jy niks van niks genoem het nie. Ek gaan dadelik met die Abrie en towerinne gesels, dat die boommobiel en lekker lorretjie geverf worď, dan kan ons in die niet verdwyn. 😎 Ns.Die bier is lekker hopserig.

  2. sonell sê:

    Dankie tog die fisiete kaartjie is onleesbaar! Dit was my grootste bekommernis. Dankie vir jou verslaggewing Seegogga.

  3. Puik verslag, Seegogga! Daar is nie ‘n sweempie van wat werklik gebeur het nie. Geen vinger kan na ons wys nie. Ek dink die pad vorentoe lê nou oop. Ons moet net nie onder mekaar begin baklei soos in die flieks nie!

    • seegogga sê:

      Ek is nogal bekommerd oor die onderlinge agterdog en veral teen Hester in die beplanningsfase. Verder is daar die agterdog oor die gesteelde buit. Wie het wat? Of hoeveel? As julle wil, kan julle dit vir my, n buitestaander, gee om dit eweredig te verdeel. Ek is baie eerliK en sal slegs die deel wat my toekom, aftrek.

  4. travel460 sê:

    Windskeef struktuur wat sy “ali” gesien het. Daarvan hou ek. Geen niks wat na ons verwys nie. En die bankbestuurder waardeer die mooie meubeltjies in die bank! My gewete is skoon, my glimlag skitterblink…

    • Ek hoop iemand het daaraan gedink om die Bali blou bal-en-klou tafelpoot te verwyder daar by Toweropstal. Die polisie kan dalk ‘n verband trek tussen die Balimeubels in die bank en genoemde poot.

      • travel460 sê:

        Dalk. George en Mosselbaai het ook Bali winkels, dalk gaan doen hulle daar navraag.☺ Wie sal nou vir soet Unatjie van sulke dinge verdink.

  5. Toortsie sê:

    Well done! Seegogga, jy verdien ‘n Stukkie Bantingsjokoladekoek! Dalk moet ons dit ’n swartwoudkoek maak, daar is mos gewoonlik ‘n versterkinkie in.

  6. travel460 sê:

    Seegogga, jy is ń bobaas verslaggewer! Ek nooi jou solank amptelik uit vir ń lang kuier in ons villa in Italië. My noemnaam, Una, beteken ‘ń’ in Italiaans…so ek gaan maklik daar kan wegraak. Hoe sal die polisie oot ń ń kan opspoor?

  7. Ek het al geskreeu van die lag by die heel eerste woord: Volkskasbank – dit was classic. Die bankbestuurder se naam: Tiekie Pennie. Die onwillige polisie, die rooi stilletos in die polisiekantoor. Seegogga dit is meesterlike verslaggewing sonder om enigiets weg te gee, maar julle ouens moet versigtig wees vir hierdie slim verslaggewer! Haar aanmerking hierbo omtrent die “maandelikse inkomstetjie” het my ontstig – afpersing is ‘n strafbare misdaad, nè?

  8. ekmyselff sê:

    Job WELL DONE! Puik verlaggewing Seegogga.

  9. Ek dink die mense van die klein dorpie braai jou. Nie omdat Volkskas beroof is nie maar omdat jy beweer hulle bly in klein dorpie. Baie oulik gedoen Seegogga, mooi by die feite gehou… 🎑

  10. Kameel sê:

    Ek lief dit, lief dit, lief dit!!! Soveel lekker humor in. Camilla se rooi stillethoes op uitstalling sit ‘n breë glimlag op my gesig 😀😀😀 Ek sien die Balikluis in my geestesoog. Dankie, jy het jou so goed van jou taak gekwyt.

  11. Tiekie Pfennig ! Mnr Bull!

  12. Giegiegie – ek besef nou eers wat het oorgebly toe die B van Bali afgeskiet is! Interessante name wat die mense van daardie geweste het…

  13. seegogga sê:

    Ek wonder mos nou ook oor daardie broodjie. En nou raak ek honger. Waar is daardie tjoklitkoek? En wanneer gaan ek by die Franse Riviera sit en ‘n boek lees oor die perfekte misdaad, die perfekte vlug daarna en die perfekte aftrede? Ek stel ook voor dat Herster hierdie storie aan ‘n fimmaker vertel. Dit kan ‘n wonderlike komedie wees.

  14. Terug pieng: Wat as, of sê nou maar…Skryf-Safari Uitdaging. – Bali Drome

  15. Terug pieng: “Is this the real life, or is it just fantasy?” | Lekkervurigeaffêre

  16. Terug pieng: betyds of laat agter 3? | Seegogga se Bloggie

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s