voor in die wapad brand ‘n lig

Wel, as ‘n mens heeltemal korrek wil wees, kry ‘n mens eers hierdie lig en dan eers kom die wapad- hierdie liggie hierbo is immers op die Suidpunt van Afrika, daar waar alles begin .

Maar kom ons wees maar bietjie simbolies. Die lewe hiervoor, naby die kamera, lyk maar donker. Miskien soos my lewe ook nou lyk? Maar daar is ‘n glimmering op die see- die water blink, en daar ver  flits ‘n helder lig- so helder dat mens die vuurtoring wat dit uitstuur, nie eers kan sien nie.

Dit kos moeite om hierdie liggie raak te vat, soos voorheen verduidelik. Jy moet jou kamera ( of blackberry) se knoppie druk as jy vermoed dat die lig gaan flits, VOORDAT hy wel flits. As jy wag tot jy hom sien, is dit te laat en kan jy hom nie op die film vaslê nie. ( Sien toortsie se liggie aan die Suidpunt)

So moet ‘n mens moeite doen om in hierdie lewe die liggie te soek en raak te sien. As jy nie mooi kyk nie, gaan jy dit mis en net donker sien. Jy moet soek vir die blink van die water, die liggie daar op die horison, die helder flits wat jou lewe verlig en die donker laat verdwyn.

In elke lewe is daar donker – maar ook lig. En bo alles is God se groot genade wat ‘n mens deurdra tot jy by daardie lig kom.

Mag almal van julle ook die liggie sien, al is dit hoe donker rondom jou.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., idioomstories, Los opdrifsels, Seestories. Bookmark the permalink.

12 Responses to voor in die wapad brand ‘n lig

  1. toortsie sê:

    Ai, Seegogga, mag ook jy jou oog gevestig hou op die Liggie!!

  2. seegogga sê:

    Toortsie en Sonnetjie, het julle gesien dat julle altwee liggie name het? Die foto is hierdie Saterdagaand geneem en ja, ek hoop ek sien altyd die lig voor in die wapad raak, al is dit soms moeilik!!!

  3. Terug pieng: idioomspeletjie | Seegogga se Bloggie

  4. Kameel sê:

    Net vanoggend moes ek daardie iggie soek – dit raak soms so mistig dat ek nie ‘n tree voor my kan sien nie, Hoe wonderlik dat ‘n kleine liggie duisternis kan verdryf.

  5. Kameel sê:

    Wou nog se, dit is ‘n pragtige foto.

  6. Mooi stuk en treffende foto, Seegogga!

  7. Terug pieng: Skrysafari – Una gered en skryfgedagtes oor blog | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s