Hierdie inskrywing vorm deel van ‘n bloguitdaging wat ‘n groep dames, bekend as die towerinne van Rebusfontein, uitdaag om ‘n storie saam vertel.
Jy moet eintlik die vorige 10 hoofstukke (dit is nie so lank nie) lees om myne te verstaan. Kliek HIER kliek om die verhaal van die begin af te lees.
Die tonnel is klam en benoud.
“Julle, ek kan nie meer nie – ons moet nou omdraai!” Positief ril en haar stem bewe..
“Ek stem!” koor Hester en Kameel agterna.
“Nooit!” sê Seegogga en Toortsie gelyk.
Seegogga loop sommer vinniger vorentoe. “Daar moet erens nog ‘n uitgang wees!”
“Hou net moed ouens, Daar is lig aan die einde van elke tonnel. Ek is seker ons sal hier uitkom” Toortsie se stemmetjie klink maar dun.
Sy het skaars klaar gepraat, of Virgo maak haar stil. “Sjuut julle! Luister daar!” Ons staan almal doodstil. Dan hoor ons dit: Die veraf gefluit van ‘n voëltjie.
“Dit beteken mos hier moet erens lig wees! Voëls fluit nie in die donker nie!” sê Perdebytjie .”Kom julle!”
Almal strompel so vinnig as wat hulle kan, vorentoe. Scrapy laat haar selfoonliggie dwaal oor die klipwande van die grot en is so ernstig besig om te soek na ‘n opening, dat sy struikel. Vuurvliegie en Woordnoot gryp haar vas voor sy val, maar die selfoon spat uit haar hand uit en lê liggie na bo in die stof.
“Kyk daar!” Christa wys na die liggie se straal bo teen die dak. Daar links!” Almal staar na die donker gat. Dit lyk sowaar of daar kliptrappies daarheen lei. Die gat lyk egter vir almal te klein en te nou vir ‘n mens om deur te gaan.
Seegogga is die kleinste, en besluit om te gaan onderoek instel. Dit IS trappies! Die gat is sowaar nog ‘n tonnel – nou, maar tog begaanbaar. Sy skuifel versigtig vorentoe .. en toe.. “Eureka!” roep sy af ondertoe. “Kom julle!”
Voor haar lê ‘n pragtige groot saal, skemerig, maar verlig deur helder sonlig wat deur die ruie plante by die opening na binne stroom. Aan die eenkant is daar ‘n blink poel water, met gladde plat klippe. Die wande van die rotse is mosbegroeid en pragtig. In die een hoek is daar iets wat lyk soos ‘n tafeltjie – ja! Dit moet wees – ‘n Rowwe plank op twee boomstompe en op hom staan ‘n kersblaker met ‘n uitgebrande kers. Alles is baie vol stof. Hier was duidelik baie lanklaas iemand.
“Iemand het eenmaal hier gewoon of dalk geskuil”, ek voel dit.”sê Una beslis. “Kyk – hier op hierdie klip lê kwassies en ‘n paar buisies waterverf. ”
“En hier lê twee skilderytjies!” Woordnoot vat die twee stowwerige papiere en bekyk dit krities. “Mmmm nie watwonders nie – lyk of dit baie vinnig gedoen is. Maar dis lyk mos na Sophia!

“En dit is mos Charlotte, dan nie? Wel, wel, wel….!”
Die towerinne kloek effens geskok om die twee skilderytjies.
“En hier in die donkerste hoek is ‘n ou donskombers! Sjoe, bo stukkend van ouderdom, maar dit is mooi netjies opgevou.” Dis Hester was saaklik verder soek.
Wie sou hier gebly het? Was dit dalk Leonard en Sofia se liefdesnessie? Of dalk Charlotte en Joseph s’n? Dis hulle seuntjie Thomas se prentjies wat teen die mure van die tonnel hang.
Die towerinne soek oral rond, en kry op ‘n kliprakkie ‘n vroue stola van ragfyn deurskynende swart kant en om die rante met die hand omgesoom met die fynste, mooiste stekies.
“Dit lyk so….. mmmm……verleidelik . Die Camilla in my sou hierdie kantlappie goed kon gebruik!” Kameel streel bewonderend maar versigtig oor die sagte kant.”Ek wonder nou…was Joseph ooit Charlotte se enigste liefde? Wie sê sy was nie dalk tog ‘n prostituut nie? Of dalk net ‘n los meisie nie? Sy het geen probleme gehad om ‘n verhouding met ‘n getroude man te hê nie. En daardie skildery!”
“Sy lyk tog….gaaf” sê Una versigtig.
“Die feit dat Mev Marks die ouma van Thomas is, laat my ook wonder”. Vuurvliegie se joernalis neus ruik nou behoorlik lont. ” Wie sê mev Marks het ooit haar van verander? Wie sê Charlotte is nie ook ‘n produk van ‘n vebode liefde nie? Dink nou net: Mnr Hardy-hulle was eens baie vermoënd. Hulle het mev Marks as jong getroude meisie as kok in die kombuis. Mnr Hardy en sy raak verlief en sy raak swanger. Hy verloor sy vrou en al haar geld, Mev Marks kry ander werk en sorg dat Hardy ook daar werk kry sodat hy naby haar kan wees. Aanvanklik gaan dit goed, maar….” Vuurvliegie se oë blink van opgewondenheid.” Ons sal nog in daardie dagboek moet gaan lees”
Toe almal klaar alles bewonder het, tree hulle versigtig na buite. Aah! Sonlig! Heerlik!
Voor hulle lê ‘n pragtige ruigbegroeide klofie, met daaragter ‘n berg.
“Hoekom lyk dit dan so bekend?” Toortsie knip haar oë teen die skerp sonlig. “Kyk daar is ‘n waterval! En daar ook!”
“Dit is mos dieselfde as die skildery!” Trommeltjies is baie opgewonde.”Ek sê julle daardie watervalle het iets met die saak te doen.”
Hester trek skielik haar asem skerp in.. “En hier is deel van die tragedie, ” sê sy saggies.. Onder ‘n oorhangende klip lê daar wit beendere . Dit is twee witgebleikte geraamtes. Almal gil en ril. ” Ek is bang!” Positief kerm saggies.
Vlenters klere hang nog hier en daar om die geraamtes. Op ‘n klip langsaan blink ‘n goue sakhorlosie wat uit die stukkende baadjiesak geval het.

Tannie Frannie buk versigtig vorentoe en tel die holosie op. ” mmm 18 karaat. “En hier is geen wysters nie.” Sy knip die horlosie oop. Binne is ‘n naam gegrafeer: Leonard Anglewood. Op die teenkant is ‘n verbleikte foto: “Maar, maar dis nie van Sophia nie, dis mos…dis mos Charlotte hierdie!” Tannie Frannie vryf versigtig die stof af. “Hier staan nog iets gegrafeer: ‘Ware liefde is tydloos’.’
“Ag, hoe hartseer!” snik Kameel. Una probeer haar troos , maar haar oë is ook vol trane.
Sal jy ons asseblief verder vertel Hester?
”






















As iemand vir ‘n gelowige man sou sê dat hy ‘n verhouding met ‘n prostituut moet begin en met haar moet trou, sou mens dadelik die ou wou waarsku dat dit verkeerde raad is en dat hy haar moet vermy en liewer ‘n kuise Christelike vrou moet soek.








Nouja, almal wat die Bybel lees, sal weet dat daar geskryf staan dat jy ‘n tiende vir die Here moet gee. Maar hoeveel van ons doen dit werklik? Die volle tiende?

Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.