Lê-Jou-Eier-kuier-safari: Spring op die Bus.
Sien: Dis Ekke vir die reëls.

Hierdie bloguitdaging is aanvaar deur 14 Afrikaanse bloggers wat ñ virtuele toer deur Suid-Afrika gaan onderneem. Die gasblogger van die week moet op ñ Donderdag, op die datum wat toegewys is, ñ blog publiseer oor hulle tuisdorp/streek, asook ñ fiktiewe weergawe van die ander 13 bloggers se kuier by sy/haar tuisdorp.
Klik op hierdie skakel om die lys van deelnemende gasbloggers te sien, asook die datums waarop hulle blogposse gepubliseer gaan word.
Die 13 kuiergasbloggers vir die week (en hul lesers) kan dan vir die res van die week ook blogposse bylas waarin hulle beskryf hoe hulle die kuier geniet het, of hulle kan ñ blog skryf oor die streek waarin die gasblogger van die week die kuiergaste onthaal het – vertel van ñ eie ondervinding in daardie provinsie/streek/dorp, deel herinneringe of plaas fotos wat daar geneem is. Enige lekker storie sal doen solank dit in die gasblogger se streek/provinsie afspeel. Kuiergasbloggers en hulle lesers moet asseblief ook hulle skakels byvoeg op InLinkz sodat ons almal kan saamlees.
Om jou blogpos by te voeg of om die ander bloggers te lees, kliek op die volgende: http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
WORD WAKKER, ONS IS IN DIE OVERBERG!
Word wakker, Krappie, word wakker!” ek voel hoe iemand my taamlik sonder ontsag heen en weer pluk. ek maak my een oog op ‘n skrefie oop. Dis Hester wat my beet het. ” Dis jou beurt!” sis sy saggies in my oor.
Ek wip op. Ai, ek het so lekker gedroom hoe ek deur Suid-Afrika toer. Ons was in My studentestad, Pretoria, en deur die groen Natal, die mooie Graaf Reinet, my vriendin se dorpie, Bethuli, waar my gunsteling onderwyser, Sam Pellissier se familiemuseum is….. maar toe hoor ek die neuriesang:
“We call on Seegogga to sing us a song, sing us a Overberg song…..”
Ek hys my op uit my sitplek: Goeiste! Ons is amper by Swellendam!
“Draai hier af – Witsand se kant toe”, beduie ek deur die slaap vir Lorenso. Hy is nie baie beindruk nie. Dis ‘n grondpad. Al afdraande ry ons en toe sien ons dit tussen die bome deur : Die rivier – breed en kalm le hy daar ( en waar het wordpress se bar heen verdwyn met sy perdeskoentjie? HOE MOET EK MY DEELTEKENS EN GOETERS NOU OPSIT? HE WORDPRESS?)
“Ons het verkeerd gery, Gogga! Kyk die pad loop hier teen die rivier dood, ” roep ‘n paar Pretorianers. Dit kos my en Toortsie ‘n rukkie om hulle tot bedaring te bring. Eers toe kyk hulle waar ons wys, en sien die pont aan die anderkant van die rivier.
“Julle kan nou eers uitklim, dit vat ‘n rukkie,” help Toortsie my. Stadig dryf die pont nader.
“Is dit darem veilig? “vra Kameel versigtig. Ons help haar op. Lorenzo ry die bussie ook op maar ek sien hy is ‘n bietjie agterdogtig, want oor ‘n pont het hy nog nooit voorheen gery nie. Van die towerinne geniet dit so dat hulle besluit om saam te trek aan die kabel. Daardie pont was nog nooit so vinnig oor die rivier nie! Oom Moksie Dunn sal mos in sy graf omdraai as hy weet. Ons moet ook net keer of Una spring in. Met die belofte dat sy een vd dae in die see kan swem, besluit sy om haar betaamlik te gedra.
Deur Malagas hou ons aan tot by De Hoop. Ons klim uit by Koppie Alleen en stap die paadjie tussen die duine af see toe . Ek voel sommer in my element toe ek die blou water sien, en vertel hulle van my man se werk lank gelede hier naby, by Skipskop, waar ons nou ongelukkig nie vandag kan besoek nie.
Ek deel ook vir hulle Anneli Groenewald se spesiale boek uit. Die skaalmodel. Wat ‘n interessante boek! Sien hier ‘n resensie.
http://joanhambidge.blogspot.com/2016/05/resensie-anneli-groenewald-die.html
In die verte klap ‘n walvis sy stert. Die son trek water en ons moet vertrek. ‘n Paar bontebokke staar ons rustig agterna en ‘n volstruis hardloop wipstert oor die pad.
Vannaand slaap die towerinne gerieflik in die pragtige Arniston hotel. Hulle het rus nodig. More begin ons met die toer wat ek vir hulle gereel het : die Seegoggatoer. (word vervolg)
Hoe lekker, om vroegdag wakker te skrik, en hier is ons al in Seegogga se geweste. Al die mooi plekke van laaaaank gelede se onthou. Het die voorreg gehad om in Skipskop te oornag in ‘n rietdakhuis. Goeie onthou. Ons het een oggend lekker in die water baljaar toe haai se kind vir ons op water leer loop het! Ns.Ek het Skaalmodel geniet.
Goeie onthou! Howel Annelie die boek afmaak as fiksie, is baie vd karakters in die boek werklik en woon steeds hier rond.
Oeweeeee die pond ry was lekker. Ek ken die omgewing glad nie en kan skaars wag om alles te sien en geniet. MAL oor die see, kan sommer ure net so sit en kyk en ruik en droom..sien uit na die res!!!
Moreoggend gaan ons weer see toe, hoor!
Kani wag nie!!
Ek sien uit daarna om weer hierdie wonderlike wêreld te besoek. Was ‘n paar jaar gelede by de Hoop en vir my was dit ‘n ongelooflike ervaring. Boeiend geskryf, Seegogga. Jy rek die spanning lekker uit vir die res van wat op ons wag!
Dankie bytjie! Ek hoop net jy het jou tekkies saamggebring.
Ek loop mos net kaalvoet…ek is bang die dorings verniel my tekkies!
Mm daar is n verskil tussen doring en skerp mosselskulpies né
My voete is dik geeelt en ek loop op mosselskulpies asof dit donsveertjies is !
Ag hoe heerlik om weer by die see uit te kom!
Het julle gecheck hoe ry ek die Kaapse branders op my geel lilo!💃
ons het! Jy kan op Waenhuiskrans weer verder swem!
Ag goed man, Lorenzo, trap daai petrol dat ons vinniger kan ry…
Dankie vir die voorreg om op plekke te kom waar ek nog nie was nie, Seegogga. My hart klop sommer warm vir jou geweste.
jJy sal in die werklike lewe ook moet kom, Una!
I wish…💖
Ag hoe lekker Seegogga. Sien ook uit na die res…maar hou een oog op die pad om te kyk of Lorenzo ordentlik ry.
Ek maak so. Hy moet net sy oë oophou vir ons bokkies, skilpaaie, jakkalsies, hase en ystervarke
Hierdie wêreld onthou ek uit my kindertyd. My tannie Hannie (ma se suster) het in Ashton (Montagu) gewoon en ons het een keer ‘n jaar saam met hulle daar rondgekuier. Vir ‘n Namakwalandse kinertjie soos ek, gewoond aan klipkoppies en sand, was dit ‘n wonderwêreld van groen plante en water net waar jy kyk. Witsand was vir my die mooite mooi plek wat ek ooit gesien het. Dankie dat jy my nou so laat terugreis in die verlede.
Hierrdie hele area is baie mooi. Ek hoop jy kom eendag weer regtig hierheen
Maak jy my nou weer so erg verlang. Dis heerlik om saam jou te kuier
ai ek hoop julle kan gou weer herheen kom
Praat jy nou, wie weet, dalk gouer as wat ons hoop of weet. 🌻
Ek sien al hoe trek die Towerinne aan daardie kabel. Heeve ho! 😅
dis nou wat ‘n mens nom:samewerking!
Netso!
Seegooga! Jy is behoorlik in my geboortewêreld! 😁
Ag skuus Toorts, ons h nou hier geey voor ek besef het jy kan dalk vir ons wonderlike stories vertel! Maar die klomp sit daar in die Arniston hotel en wag dat iets moet gebeur. ( en dis n baie gevaarlike situasie!). Hie lyk dit : wil jy nie solank vir ons meer vertel van jou geboortewereld ni?
Ek het al mooi gedink hoe ek dit tog gaan dien. 😁 No hard feelings. ❤️
Av ek het geweet( gehoop en geglo) ons sal hierdie trippie kan uitwerk!
Natuurlik sal ons! 😁
Lekker lekker, ek dryf langs Una op ‘n pienk lilo. Gelukkig was die see warm en stil anders moes die lewensredders ons (weer) kom uithaal
Ekke wil net hier bly…as hierdie toer verby is gaan ek stilletjies terugsluip en op Seegogga se werf plak…
Ok hierdie is die luukse deel vd vakansietjie hier….
Terug pieng: Die Towerinne aan die Suidpunt – tussenwerpsel – toortsie.com