Scrapy was die gasvrou van hierdie week se onderwerp: Dieremaniere. Julle kan lees wat sy daaroor geskryf het, deur op haar naam te klik. As julle wil lees wat ander hieroor geskryf het, kan julle op die link onderaan hierdie blog klik.
Het diere siele? Kan hulle dink of reageer hulle net instinktief? Ons is mos vroeër geleer dat diere net ” bestaan” en net enkel dier is.
Ek glo die meeste mense het nou al agtergekom dat diere nie slegs kan dink nie, maar meestal uiters intelligent is ook. Hulle dink, het emosies, voel pyn, kan depressief raak, en kan liefhê. Hulle kan selfs skelm wees. Maar meestal is hulle opreg en eerlik. Eintlik kan ‘n mens sê hulle ervaar alles wat mense ervaar.
Ek kry al meer respek vir diere. As hulle dan kan dink en voel soos ons, wat maak ons dan so meerderwaardig? Wie sê diere het nie ook ‘n siel, ‘n gees en ‘n ewige lewe nie? Kan ons regtig so oordeel as ons nie weet nie?
Deur die geskiedenis was daar baie ware en besondere diereverhale wat bewys dat diere meer dink as wat ons besef, intelligenter as wat ons vermoed, met eie gewoontetjies en gebruike, net so individeel en verskillend as wat mense maar is.
Een van my gunsteling dierekarakters is Greyfriars Bobby (Mei 4, 1855 – Jan 14, 1872), ‘n hondjie wat in Edenburgh, Skotland, gewoon het. Hy was jonk toe sy baas oorlede is en het 14 jaar lank op sy baas se graf in Greyfriar’s kirkyard gelê. Hy het ‘n geliefde inwoner van Edinburgh geword en later “freedom of the city” gekry, wat beteken het dat hy kon gaan waar hy wou, en nie die verpligte hondelisensie hoef te gehad het soos honde in daardie tyd moes gehad het nie. Die stigter van die SPCA het ‘n kunstenaar gehuur om ‘n beeldjie van Bobby te maak. Die kan vandag nog gesien word naby die restourantjie waar hy altyd saans gaan eet het, daar naby die Greyfriar’s kirk. Verskeie boeke is al oor hom geskryf , waarvan die bekendste deur Eleanor Atkinson. Walt Disney het ook ‘n fliek oor hom gemaak. Julle kan die hele vollengte fliek kyk deur hier te klik: https://www.youtube.com/watch?v=3RD5RLK6yV0
My eie diere is nie so beroemd nie. Maar hulle het beslis ook hulle eie persoonlikhede! Lees gerus van Bekkie, my ringnekkie hier: I believe I can fly 3 ( ofterwel: Die dag toe ek op Worcester se sypaadjie kampeer het)
En dan is daar my 2 katte wat geduldig, maar effens gesteurd , toelaat dat Bekkie op die vloer verby hulle stap of saam met hulle op die wasbak se rant sit, lynreg teen hulle instink in. Hieronder sit een van hulle, Grietjie , my wilde kat, wat destyds net so hard help konfetti maak het soos ek.
Want betaam dit dan nie ‘n koningin om omring te wees met blomme nie?
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n blog wat jy geskryf het aan te heg by hierdie skakel, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
Jou InLinkz skakel is http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=780871
Vir die reëls van hierdie uitdaging, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposts Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Diere het beslis siele, daar is geen twyfel aan nie. Dis die mens wat in sy hovaardigheid besluit het, dat ‘n dier ondergeskik is aan hom. Dis juis hierdie houding wat sorg vir al die ellende en wreedheid wat diere ervaar.
Ek het die voorreg gehad om klein Bobby se beeldjie en sy graf te sien in Edinburg. Dit was ‘n besondere ervaring.
Ek het as kind die fliek gesien. In Skotland loop ek toe die boek en die beeldjie raak. Deur my hele toer het ek oral op die treine gery en die boek gelees, en gehuiiiiil! Self eenkeer voor ‘n teatervertoning het ek nog ‘n stukkie gelees en gesit en tjank – tot ander konsertgangers se ontsteltenis. ( ag ok, ek was ook in ‘n emosionele tyd in my lewe, maar tog!)
Ek het ook die boek gekoop en hy staan en wag om vir my kleinseuntjies gelees te word.
Nouja! Daar leef ou Bobbie voort. Die boek is nogal taamlik in Skots geskryf. Die ou fliek is ook baie mooi vir my.
Nie die fliek gesien nie.
https://www.youtube.com/watch?v=3RD5RLK6yV0 die klank is bietjie vinnig, maar ek hoop dis dieselfde ou fliek wat ek gesien het toe ek nog ‘n kind was
Sal kyk, dankie!
Grietjie lyk te dierbaar daar in die mandjie. Dis beslis so dat diere se intelligensie, instink en gevoelens hopeloos onderskat word en dit geld nie net vir mak troeteldiere nie.
Ja regtig Hester!
Mooie inskrywing. Ek het ook al van Bobby gelees toe ek nog baie jonger was. Ons het tydskrifte vanaf Holland gekry en ek kan nog goed onthou dat daar n artikel in een was waarby n foto van die standbeeld . Dis so waar wat jy se van die gevoelens. Dis mense wat hul kennis van hul eie gevoelings op diere toepas. Ek is seker dat ons te min weet van hul innerlike dat ons regtig kan se dis so of nie. As dieregedragkundige gee ek diere se gedrag voorkeur teenoor mense.
Wow!Dieregedragkundige! Hie interessant. Jy moet bietjie meer daaroor skryf!
Die twee jaar studie het my oë ekstra oopgemaak vir diere en hul gevoel en optredes. Prof Johannes Odendaal het die kursus aangebied wat baie praktiese werk bevat het.
Die fotos van jou kat is te mooi 😊
Terug pieng: Toortsie se voelgoedstorie 24 – Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog
Diere het siele en persoonlikhede. My Karolus is ń mooi voorbeeld hier van.