Eendag, lank gelede, in 1993 om presies te wees, was daar ‘n pylstert. Hy was die creepy crawly van Struisbaai Hawe en het met sy groot plat lyf die seebodem gepatroleer en die stukkies aas wat die kinders en vissers vir hom gegooi het, geniet. Op sy rug het klein vissies geswem, net soos in die Nimo-fliek.
Toe besluit wieookal om ‘n akwarium in Kaapstad te bou. Hulle noem dit die Twee Oseane Akwarium. al het Kaapstad eintlik net een oseaan, die Atlantiese Oseaan met sy koue water.
Die akwarium moes mos visse van twee oseane he, dus kom vang hulle toe die visse hier op Struisbaai en Agulhas, waar die koue Atlantiese en die warm Indiese Oseaan albei regtig is, hier op die Suidpunt van Afrika.
(Die akwarium laat my nou dink aan Goggabyt se dieretuine! ‘n Akwarium is mos ‘n seedieretuin, of hoe?)
Nie lank nie, of die akwarium dink dat ‘n pylstert darem baie mooi sal lyk so tussen die ander visse in die tenk. En hulle weet waar om een te kry ook!
Struisbaai se pylstert word sommer maklik daar in die vlak watertjies gevang, tot groot ontsteltenis van die vissers en omstanders.
Maak kyk, toe is hierdie Suidpunters darem omge-ellie! Dis mos hulle eie troetel-pylstert wat nou hier gevang is! Hy het selfs ‘n naam – Parrie!
‘n Mens moet nooit ‘n Overberger onderskat nie. Koppiger kry jy nie sommer nie, en aan die voorpunt van hierdie geveg is die prins op die wit perd, dr Con Kruger. Parrie moet terug en klaar. As die akwarium ‘n pylstert wil he, moet hulle ‘n wilde een op ‘n ander plek gaan vang, nie in ons hawe nie.
Die storie maak opslae in die nuus, koerante en op TV. Die Burger konstateer selfs dat die pylstert “reageer op die naam van Parrie.”
Nie lank nie, na baie redekawel en ondersoek van die wet in hierdie verband, kom die beslissing: Die akwarium moet Parrie terugsit in die hawe.
Dis natuurlik geen geringe taak nie- Parrie is groot! Dis hyskrane en watertenks en goeters. Weereens maak Parrie opslae en verskyn wereldwyd op koerant voorblaaie en op die TV.
Vandag nog, 18 jaar later, swem Parrie en sy familie heerlik vry en gelukkig in Struisbaai se hawetjie rond. Mense kom van heinde en verre om vir hom te kom kyk, saam met hom te swem en hom te voer.
Daar het al filmspanne van oorsee gekom om hom af te neem en julle kan hom op ook op YOUTUBE in aksie sien.
Ek dink ons kan met reg se: hier, in die Overberg, hier op die Suidpunt van Afrika, woon die wereld se beroemdste Pylstert, Parrie, lank en gelukkig. Hy het selfs sy eie ‘site’ op Facebook: https://www.facebook.com/ParrieTheStingray
Erkenning: Die heel boonste een en heel onderste 3 foto’s is deur my geneem. Die foto’s van Parrie se terugplasing is geneem deur Mariette Fouche en die een waar die mense met hom speel is geneem deur Francois de Wet. Van hierdie foto’s en nog baie meer kan gesien word op Facebook deur hier te klik.
Om ‘n video van Parrie te sien, klik hier:
Ja ek stem saam dit is ‘n vis-dieretuin. of ‘n vistuin (ha ha)
Ek is bly Parrie bly nie in een van daai glas bakke nie.
Maar ek hou van Akwariums maar hulle maak my ook hartseer
Dis wonderlik om Parrie en sy familie so goed te sien swem en selfs aan hom te vat- in die ope see. As julle hier kom, moet jullekom kyk, Maar dit moet somer wees. In die winter is hulle weggerig.
Van die dood van Steve Irwin af is ek so bang vir ‘n pylstert dat ek kan vrek! Ek het ‘n tyd gelede amper op die water begin loop toe ek een sien terwyl ons gesnorkel het. Heel stoepit, maar ja.
Jy moet kom kuier by Parrie. Hulle gaan jou nie aanval nie. Is erg vreedsaam. Steve moes iets verkeerd gedoen het. Maar as kind het ek self hartverlamming gekry as een so onder my deurgeswem het.
gelukkige parrie. Menre neem altyd die maklike uitweg. Maak nie saak wie hul te na kom nie.
Ja, Olga, gelukkig het die inwoners teegeskop en gewen! Ek dink dis ‘n wonderlike storie en intussen het Parrie een van ons beste toeriste aantreklikhede geword. Ek self kan nie nalaat om elke keer te gaan kyk of hy en sy familie nog steeds daar is nie. Het hulle juis lanklaas gesien, maar hoop maar dis omdat dit nog so koud is.
Wat ‘n pragtige storie, ek is bly hy is weer terug by julle, mooi bly!
Dankie, Celia, ek is bly jy het dit geniet.
Ek was iewers in Februarie by die hawe, en al 6 pylsterte het toe daar in die vlak water geswem. Dit was ongelooflik om dit te sien.
Ja, M is dit nie! Ons is sooo bevoorreg! Dit raak my elke keer.
Wel gedaan aan die Overbergers!! Bly Parrie kan rustig in die hawe swem in plaas van in die Tow Oceans Acquarium!!
Ek stem!
Ai…. die Overbergers KAN saamstaan as hulle moet….. Viva Overberg!!! Viva Parrie!!
Damn mense met baie geld wat net altyd dink hulle kan maak net wat hulle wil!!! (almal met baie geld is darem gelukkig nie so nie,…. net sommiges!!)
Dan kan ons dalk ook almal saamstaan om daardie groot gebou wat hulle by die hawe wil bou, te keer. Dit gaan vir Parrie wegjaag, al die kaalvoetseutjies en ook die vissers met hulle gehawende visvangklere en rooiaas wat so deel van so ‘n lekker plattelandse hawetjie is.
ek wens ek weet wat mens kan doen???
Dien beswaar aan teen hersonering by munisipaliteit, asook teen gebou by simon.vanwyk@af.aurecongroup.com Ek hoop nie hulle stening my nie, maar ek moes jou vraag beantwoord. Daar is ook ‘n prokureur wat met die saak werk. Ek sal uitvind. En skryf in die koerant!
Ek hoop nie jy gee om nie, maar ek het die skakel na hierdie storie gaan plak by die wosonki’s
Nee, dis alles reg. Kyk tog- ek het my aarbol reggekry! Maar daar’s net 1 verlate rooi kolletjie……
Ek het gesien! Geluk! Onthou, die kaart begin eers tel vandat hy verskyn het. Die rooi kolle gaan kom, ek belowe!!
Reblogged this on Seegogga Accommodation: Struisbaai and Agulhas.
Terug pieng: Seeskatte | Seegogga se Bloggie
Terug pieng: die lewe is ‘n feeverhaal | Seegogga se Bloggie
Terug pieng: Avontuur op die suidpunt | Seegogga se Bloggie