Wat is my super power?


Wel, my super power is beslis nie om te link nie, of te tag nie- ek weet ook nog steeds nie heeltemal wat die verskil tussen die twee is nie. My super power is net mooi alles behalwe rekenaarvaardigheid.

My rekenaarvaardigheid is eintlik omtrent net so goed soos my balvaardigheid. ( ‘n Woordjie waaroor my dogter se studentemanne baie gespot het….) Ek kan tot vandag toe nog nie ‘n bal vang nie en ook nie eintlik gooi nie. Die kombuis sug as ek instap en mors, en die naaimasjien kruip veilig in sy boks weg, bang ek sien hom raak.

Maar ek KAN inspring en doen as dit moet ( solank dit nou nie balvang is nie).  So het ek, akademiese wrak en al. al karre gestoot, wiele omgeruil, bome gesaag, spykers in mure gekap, ingewikkelde houtwerk gedoen, gebou, restourante bestuur, nagklubs en kroeë,  loodgieter gespeel, elektrisieën, mechanic, dokter, veearts, verpleegster, fisioterapeut, onderwyseres( ja, selfs liggaamsoefeninge onderwyseres en netbalafrigter!), arbeidsterapeut,  en veral huisbediende, wasvrou, kinderoppasser, ma, ouma, sielkundige, aktrise, kok, kunstenares, ramer, restoureerder, musikant, skrywer, haarkapper en wat nog. NOEM DIT EN EK DOEN DIT. Sommer digter ook, né!  (solank dit nie ‘balspeletjie is nie).

Die lewe gooi mens soms in die diepkant in. En dan moet jy swem of sink. EK SWEM. Miskien nie altyd ewe goed nie, maar tot dusver kon ek nog altyd swem. so miskien is dit my superpower. Ek “Keep on swimming!”

En gelukkig gebeur daar mos snaakse goed met my, en dit maak mos die lewe interessant. EK KAN VIR DIE LEWE LAG.  Julle kan natuurlik saam met my lag as julle hier klik.

Met so ‘n geskiedenis van krater wees, het ek gelukkig ook ietsie van my pa geërf:  EK VOEL VERE WAT ANDER VAN MY DINK.  As ek my moes verknies oor wat ander van my dink, sou ek lankal te gronde gegaan het. Solank ek vrede met myself het, ( en my hare, waarmee niemand ooit tevrede is nie), gee ek nie ‘n duit om vir ander so opinies oor my hare, klere, huis, gedrag, tuin, netheid ens nie. ( My arme buurvrou praat al maande nie met my nie, maar ek glo regtig ek is onskuldig, en as ek die storie vertel sal julle met my saamstem, so dit pla my niks. Ek groet haar vrolik as ek haar sien,  ek is mos nie kwaad nie en lag stilletjies as sy nie antwoord nie, en kry haar ‘n bietjie jammer. Siestog – om nou met so ‘n buurvrou soos ek opgeskeep te sit…)

So hier is dan die super duper ek

met die super duper power,

om nie te worry wat ander van my dink nie,

myself krater te maak,

daaroor te lag

en te survive,

met die hulp van Onse Vader, sonder Wie ek nie sou kon bly staan nie.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die volgende InLinkz skakel:

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22). 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels and tagged . Bookmark the permalink.

26 Responses to Wat is my super power?

  1. Toortsie sê:

    En ek is mal oor jou. Jy was die regte een om Saterdag mee lag-joga te doen. Niks fieterjasies, net dit voluit geniet.

  2. Jy is beslis n super vrou met super kragte wat skrik vir niks behalwe die bal-vang.

  3. Snaaks hoe ‘n mens altyd dink dat jy regtig geen talente het nie, maar dan, wanneer dit nodig is, weet jy joe om ‘m hamer en ‘n skroewedraaier te gebruik. Ons is te geneig om ‘n situasie te OORdink – soms moet jy net inspring en swem.

  4. Kameel sê:

    Net hier haal kameel haar hoed af vir jou…. wat is ‘n hamer en ‘n skroewedraaier? Jy is ‘n vrou wat kan vasvat al kan jy nie ‘n bal gooi nie. Mooi so!!!

    • seegogga sê:

      Ha ek is goed met hamers rn skroewedraaiers! Ek ry met ‘n “toolbox” in my kar rond en het selfs ‘n batteryaangedrewe skroewedraaier wat my dogter my eenkeer present gegee het! As jy rasmwerk doen of huise verhuur, het jy dit nodig.

  5. Dis ‘n superpower wat saak maak!

  6. Dit is mooi. Om te kan lag vir die lewe wanneer dinge moeilik is.

  7. briljant – vrede met self is rerig op die beste van tye ‘n superpower!

  8. travel460 sê:

    Voorwaar ñ super-duper vrou, Seegogga. Ek hou veral van jou lag-power.

  9. Ek dink jy moet ‘n gedig skryf oor balvang! Indrukwekkende lys van supermagte

  10. In oorlewing hoef jy nie te kan bal vang nie, die skroewedraaiers en hamers sal hier wel saak maak. Mooi geskryf en hou daarvan dat jy vir jouself kan lag, dis n superpower op sy sigselwers..

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: