EK MIS JOU!!!

Liewe Bloggie

Elke aand voor ek gaan slaap, dink ek aan jou – met liefde. En dan dink ek: ek het nie nou tyd nie, ek sal more….. en moreaand is dit weer te laat. Dan loer ek gou na jou stats, en sien dit groei en jy word meer en meer gelees, al skeep ek jou so af. Ek dan lees ek gou een van die skrywetjies wat mense weer gelees het, maar wat ek self dalk lanklaas gelees het … Ag Bloggie, dan kry ek soms foutjies, maar ek dink daar is nie tyd om nou reg te maak nie, ek sal later. Jammer man. En dan is ek dankbaar oor die mense wat nog lees. En hartseer omdat hulle nie daardie goed lees wat my naaste aan die hart le nie……. ag liewe Bloggie, Ek is lief vir jou. EN EK MIS JOU!!!

Liefdegroete tot volgende keer.

Jou Seegogga

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

15 Responses to EK MIS JOU!!!

  1. Sou graag die storie wou hoor van toe jy die bok getref het…

  2. Xanika sê:

    Ek weet presies wat jy bedoel!

  3. Meer as sewentig het nou al jou blog besoek. ‘n Goeie boek in Afrikaans word net deur ongeveer seweduisend gekoop en dan dalk deur tienduised gelees. En die terugvoer op jou skrywes is positief! Hou so aan, Gogga. Seespinnekop.

  4. Hendrik Duvenhage sê:

    Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sê hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/

  5. seegogga sê:

    Baie dankie vir jou mooi woorde, Hendrik! Ek waardeer dit regtig.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s