50!

Jare gelede het my ma, destyds hoofmeisie van haar skool,  besluit om haar matriekklas se 50-jarige reünie te reel. Stokoud!  Vir 2 jaar lank het sy gesoek en opgespoor, gereël en gedink. Sy het ‘n boek gehad vol los papiertjies, briewe en briewe geskryf, en alles haarfyn beplan, kompleet met wynbottels met spesiale etikette op, gegrafeerde glase, ‘n boomplant seremonie, duiwe, brunch op een plek, formele  onthaal met 40’s musiek op ‘n ander plek  Sondagkerkdiens en tee, ens ens ens.

Aangesien die arme mense stokoud was, het sy gevra dat ek en my man haar help met sekere goed, die aand van die onthaal. Ons het daar gesit, en ons verstom aan die oues van dae. Die een oom het met ‘n kierie geloop, die ander met krukke. Sommige tannies was vooroorgeboë, en die meeste was bebrild en grys.

En nou, skielik is ek daar: Ek reël my matriekklas se 50ste reünie! Ek is volgende jaar net so oud soos my ma-hulle destyds was! Ek vertel dus my kinders dat hulle eintlik moet help.  “Maar, ma, ouma-hulle was baie  ouer!” sê my kinders wat destyds saam met ons oor en oor  na die video van die reünie gekyk het. Ek wys hulle daarop dat ons almal op 6 skool toe is, Maar hulle hou vol dat ek en ‘n paar ou skoolvriendinne wat hulle ken , nie naastenby   so oud is nie. En tog: ons is volgende jaar 68jr oud – dieselfde ouderdom wat my ma-hulle ook maar was. Al dit voel dit mos nog glad nie oud nie!

So ek het ‘n boekie, ‘n sak waarin die boekie en al die los papiertjies inkom, en wonderlik, wonderlik, een van my skoolmaats het intussen ‘n rekenaarboffin geword – hoeveel makliker is die nie met e-mail en whatsup nie! Maar my ou mamma het ‘n ongelooflike hoë standaard gestel, alles het so prefek gewerk en almal was vol bewondering vir alles wat sy gedoen het. Ek sal moet uithaal en wys. Ek is juis nie so georganiseerd nie.

So hou asb duimvas vir my. Sodra die meeste reëlings getref is, kan ek weer asemhaal, weer dink aan goeters soos blog, weer normale gesprekke voer sonder die woord “reünie” in…..blogging-001

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

27 Responses to 50!

  1. travel460 sê:

    50 jarige reünie, dit is wonderlik, Seegogga! Ek weet dit gaan ń groot sukses wees, en ek hoop die ‘loop’ tot daar is ook ń bietjie lekker en nie net harde werk nie.

  2. Ons is karperde. Die disselboom klop nig maar soms mis hy ‘n beat. Geniet die reunie. Jy het baie guts.

  3. Dis een van die wyshede van die ouderdom: mens se hart klop nog warm! Kom vertel ons asb van die reunie?

  4. Vyftig jaar klink so lank,maar dis verstommend gou verby!Sterkte met die reëlings.

  5. Wat ń ongelooflike voorreg om dit nog te mag beleef. Net die beste met die reëlings.

  6. Ek het nou geskud soos ek lag for ek lees “en nou is ek took daar” 🙂
    Ek is took daar maar bietjie Ander konteks – get mos 50 geraak die jaar.

  7. katrina sê:

    Baie werk wat voorlê – hoop almal kan dit maak. En dat ‘n mens almal sal herken!

  8. Kameel sê:

    Seegogga ek wens vir jou net voorspoed toe vir die reëlings, en dat julle daardie dag gate uit gaan geniet. Die oumense (nie ons nie) het baie ouer gelyk as ons vandag….. daarmee stem ek volkome saam!!!!

  9. Toortsie sê:

    Seegoggatjie, ek is bekommerd dat jy ‘n GROOT storie aan die mis is. Die bloggers is ernstig besig om ‘n misdaad te beplan en ek is baie seker daarvan dat jy deel sal wees daarvan. Wie wil nou nie ‘n goue pondjie of twee hê nie.
    Gaan lees asseblief 1) by Hesterleynel, 2) by Abri, 3) weer Hester, 4 by Kameel by toortsie.com
    Hier kom nog GROOT stories. Moenie dit misloop nie en SIT JOU NAAM OP!

  10. Toortsie sê:

    Dit gaan so spesiaal wees. Ek weet!

    • seegogga sê:

      Toorts ek wil ook deelneem! maar hoe maak ek?

      • Toortsie sê:

        Lees hulle een vir een. Ek dink Una s’n is nou die laaste episode. Skryf daar by die kommentare dat jy ook wil deelneem. Sê sommer wat jy sal doen in die storie. Maar as dit my beurt is, kan ek jou tag om die volgende hoofstuk te skryf. Maar jy moet gou die hele storie lees.

  11. Ja, Seegogga. Oud, krom, sukkel-knieë, en bril.
    Hierdie reunie mis ek vir niks nie. Ek sê vir almal – selfs die wat nie vra nie! – Ek gaan Suid Afrika toe vir my skooljaar se 50 ste reunie! Amper asof ek dit self nie kan glo nie… Ek sê vir hulle, isn’t it amazing? The movers and shakers in 1968, are still moving and shaking!! Ons is vir jou vele dank skuld. – En nou verstaan ek: jou Ma ook. Baie baie dankie, AM. Net twee maande. monie worrie of jy vir ons sal ken nie. Ons ken almal vir jou. x

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s