Die taal van blog

So ongemerk, sonder dat ek dit self agtergekom het, het Seegogga verjaar!

Ja, dis net so mooi ‘n jaar en ‘n week gelede dat ek my eerste nederige bloginskrywing gemaak het.

In hierdie jaar het so baie gebeur! Ek het wonderlike nuwe blogvriende gemaak, geleer van goeters waarvan ek niks geweet het nie, en al selfs vir ‘n nuwe blogger raad gegee! Ek het geskryf: stories, gediggies, persoonlike issues uitgestryk, ‘n boekie die lig laat sien, foto’s vir die wereld opgelaai en selfs ‘n paar prentjies geteken. Ek het kommentaar by ander blogs gelewer, kyk steeds na die rooi kolletjies op daardie plat wereldjie en hierdie week was 2 van my blogs op die top blogs of the day.

Hoewel ek nou minder blog, beteken dit nie dat ek minder daarvan hou om te blog nie, dis net ‘n tydsfaktor probleempie.  As ek ‘n afknyptydjie het, gaan loer ek gou om te kyk of daar nuwe blogs is, of iemand darem my goed gelees het en of daar kommentaar is.

Nou hoekom blog mens? Toortsie het ‘n rukkie terug die vraag gevra. Dis omtrent dieselfde vraag wat ‘n vriendin van my so ‘n jaar gelede gevra het. Ek moes eers woes soek na die e-mail wat ek haar teruggestuur het.

Daar het ek die volgende kwytgeraak: “Mense blog om verskillende redes. Meestal is dit mense wat in hulle hart skrywers is. Baie werklike skrywers het ook blogs. Hulle het iets wat hulle graag vir ander wil sê, maar nie noodwendig dmv ‘n boek nie. ‘n Boek is ‘n lang proses. Dis ook ‘n uitstekende skryfoefening, want die ideaal vir elke skrywer is om elke dag ‘n stukkie te skryf. Dan is die stukkie darem nie so sinneloos nie, want mense lees dit en lewer kommentaar en so toets jy ook jou eie skryfsels. ‘n Mens ontwikkel oor oornag tot ‘n internasionale skrywer! Lees gerus hier.

 

Blog is egter ook ‘n soort virtuele dagboek en sommige gebruik dit om dinge te se wat hulle dalk nie van aangesig tot aangesig vir mense kan se nie. Dit is ‘n feit dat dit help om te skryf oor ‘n ding wat jou pla of jou gelukkig maak. Jy kry tyd om jou gedagtes te orden en in woorde uit te druk.  Dit het beslis vir my gehelp deur ‘n baie emosionele tyd in my lewe, hoewel ek nie regstreeks daaroor geskryf het nie.

Bloggers lees ander bloggers se goeters en lewer kommentaar. Daar is sekerlik ook baie ander mense wat dit lees, maar dit lyk my  dis veral ‘n blogger ding, ‘n soort skryfklub. Soms verander ‘n blog in ‘n boek, bv die vrou wat geblog het oor haar stryd om swanger te raak en haar gevoelens daaromtrent. Haar naam is Tertia Albertyn en nie net was haar blog gekroon as blog van die jaar nie, maar die boek, SO CLOSE, word hoog aangeskryf vir voornemende dokters en ginekoloë, omdat dit die eerste keer is dat die hele proses van invitro bevrugting ens vanuit die pasient se perspektief beskryf word . Dit het haar lewe verander.

Ek self vind dit wonderlik om iets te kan skryf wat mense wel lees, sonder dat ‘n mens die lang proses van keurders en drukkers en uitgewers hoef deur te gaan. Ek vind die mede bloggers wonderlik  ondersteuned en positief. Hulle is regtig ‘n besondere groepie mense en ek waardeer hulle positiewe kommentaar en geniet hulle skryfsels baie. Al ken ek hulle nie van aangesig tot aangesig nie, voel dit vir my soos goeie vriende.”

Nouja, BAIE DANKIE LIEWE BLOGVRIENDE! Dankie dat julle die jaar darem van my goeters gelees het en so positief ondersteun het. Dankie dat ek hier op die bloggie goeters kon se wat ek wou. Dankie tog dat julle nie Trolle is nie, maar Engele!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in die tale wat ons praat, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

15 Responses to Die taal van blog

  1. NetJane sê:

    Baie geluk! ‘n eerste verjaarsdag in Blogland is groot nuus. Tog snaaks dat meeste bloggers wat die 1 jaar merk verbysteek omtrent almal vind dat hulle minder blog.

  2. seegogga sê:

    Goeiemore Jane, ek dink na ‘n jaar is baie mense se opgekropte goeters “uitgeskryf” en voel hulle beter. Dan is dit tog ‘n goeie ding, dan nie? In my geval het ek die afgelope twee maande skielik ‘n dubbele werklading gekry en draf steeds teen dubbelpas.

  3. toortsie sê:

    Veels geluk liewe maatjie!! Jy het ‘n pragtige blog en ek hoop jy verjaar sommer nog BAIE keer!!
    Hier is die skakel na my vraag: Wat is die voordele van blog. http://toortsie.wordpress.com/2011/09/13/die-voordele-van-blog/
    Mag dit goed gaan!!

    • seegogga sê:

      Dankie Toortsie, ek het dit verander. Kliek weer op jou liggienaam en siedaar!
      O ja . Ek moet hier by vertel oor jou invloed. Ek het lankal ander blogs gelees en gewonder hoe mense dit regkry en of ek nie dalk ook so-iets kan doen nie. Die moed en die know-how het egter ontbreek- tot ek van jou blog gehoor het. Ek was dadelik baie beindruk met jou en ook jaloers omdat ek dit nog nie gedoen het nie. Toe leer jy my mos so mooi. Baie dankie!

  4. Son sê:

    Happy Bifday to youuuu! Een keer ‘n blogger, altyd ‘n blogger. Al skryf jy nie, hunker jy altyd na jou blog 😉

  5. klippie sê:

    Ek sien elke dag uit na my blog en wanneer ek die dag nie daarby uitkom nie, voel ek nogal skuldig. Seker maar omdat die skryfding my gebyt het.
    Dankie, Seegogga, vir jou altyd interessante blog.

  6. seegogga sê:

    Ai, almal van julle bevestig maar netr wat ek ook dink: dis wonderlik om te blog! Lank lewe die bloggers en hulle bloggies!

  7. Baie geluk met die verjaarsdag! mag daar nog baie wees!

  8. Reg so goeie vriend – stem saam met jou uiteensetting en in hart skrywer ding.

  9. Terug pieng: Skrysafari – Una gered en skryfgedagtes oor blog | Seegogga se Bloggie

  10. Jy blog al lank Seegogga. Ek is bly ek het jou raakgeloop.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s