Boekbespreking: ‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis, uitgegee deur Cum boeke

‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis. Uitgewer: Cum boeke

nuwe seisoen boek

 

Ek het onlangs hierdie mooi kuise  liefdesverhaal gelees en baie geniet, ten spyte van die vertaling  wat een of twee plekke bietjie hinderlik is. Oor die algemeen is dit egter goed vertaal.

Die gebeure vorder stadig, soos ook die gedagtes om verandering van die hoofkarakter, Sallie. Tog is dit nie vervelig nie, maar wys op mooi wyse hoe die Amish-gemeenskap leef en dink, hoe diep hulle geloof is en hoe kuis hulle lewenswyse.

Sallie het ‘n groot behoefte om te reis en ‘n bietjie meer van die lewe te sien. Toe sy genooi word om as kinderoppasser te gaan vakansie hou saam met ‘n Christen gesin wat nie tot die Amish gemeenskap behoort nie, skep dit vir haar ‘n geleentheid om ‘n bietjie meer van die wereld te sien. Dit laat haar ook egter sekere dinge wat vir haar ouers,  broers en susters vanselfsprekend is, bevraagteken. Sallie se reis na volwassenheid , onafhanklike denke en ook ware liefde, ontvou geleidelik en subtiel en dit laat jou ook onder die indruk van die diepte van haar geloof.

Beverly Lewis is wereldwyd een van die gewildste Christelike skrywers met haar voorgeslagte wat baie betrokke by die Amish gemeentes was. Sy hanteer die sensitiewe onderwerp van verskillende geloofsuitgangspunte met deernis en insig.

Ek dink dis ‘n aanwins dat die boek ook in Afrikaans vertaal is en dit staan uit tussen die baie ‘vlak” liefdesverhale wat ‘n mens so dikwels kry.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Boekbespreking: ‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis, uitgegee deur Cum boeke

  1. Terug pieng: Boekbespreking: ‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis, uitgegee deur Cum boeke | Seegogga se Bloggie

  2. Toortsie sê:

    Ek sal ook graag hierdie boek wil lees. Dankie vir jou mooi beskrywing, Seegogga. Ek sit ook nog en lees. 😊

  3. Toortsie sê:

    Ek het jare gelede ‘n klompie boeke oor die Amish gemeenskap gelees, ek wil nogal dink dat dit deur dieselfde skrywer was en het dit baie geniet.

  4. Terug pieng: Die CUM-boksie – toortsie.com

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s