Ma se seksboek . Brief 17: Waarom wag?

Liewe Leanie, Annika en Lienkie

Kom ons kom ‘n bietjie terug na die fisiese verhouding tussen man en vrou.  As twee mense lief is vir mekaar, onwikkel die fisiese verhouding spontaan.  Kom ons veronderstel julle het vir julle ma geluister en die ou bietjie teruggehou( en ook julleself) en stadig  gegaan met die fisiese verhouding.

Soos julle verhouding groei, so sal julle fisiese verhouding groei en die behoefte na mekaar groter.  Naderhand is soen net nie meer genoeg nie!( LW, Lienkie, jy is nog baie jonk.  Daar le nog baie jare voor voordat jy kan dink aan trou.  Op jou ouderdom is drukkies, soentjies en lekker lang omhelsings genoeg!  Moenie verder gaan nie, spaar uit vir later!)

Julle sal begin wens die ou wil ‘n bietjie verder gaan.   Hy wil natuurlik lankal verder gaan en sal altyd probeer, maar nou sal jy hom toelaat. Onthou tog stadig op die trappies!

Tog, jy sal ‘n verandering in jou lyf bemerk.  Soos hy al lankal die drang tot seksuele omgang het, sal jy ook begin om baie opgewonde te raak.  Jy sal vind dat jou bekkenvloerspiere sterk saamtrek om jou gereed te maak. Onthou egter dat jy graag wil wag tot jy getroud is.

Ek glo regtig dat kondome nie die antwoord is nie.  Navorsing het ook nou bewys dat al die VIGS-voorkomingsprogramme totaal onsuksesvol was. Hierdie programme verkondig almal dat mens tog net asseblief ‘n kondoom moet gebruik, en het oral in die badkamers gratis kondome neergesit. Wel, ek glo nie daaraan nie.

Eerstens is kondome nie 100% veilig nie – en ons familie is SUPER vrugbaar( vgl. Julle oumagrootjie se 11 kinders, almal met kinders, en hulle kinders ook weer almal met kinders. Net een onbesonne misstap is genoeg om jou hele lewe te verander.

Onthou ook die hoofdoel van die seksdaad, naamlik voortplanting.  Ons glo dat God wil he dit moet BINNE die huwelik gebeur. As dit nie so was nie, sou ons nie emosionele verbintenisse ( liefde!) gehad het nie, en sou seks nie iets gewees het wat ons so geweldig emosioneel geraak het nie.

Soos dit nou is, raak ‘n mens lief vir iemand en geheg aan hom en wil by hom bly.  Ek glo dit is so sodat die ou babatjie wat gebore word, ‘n pa en ‘n ma kan he.  Hy het albei ouers nodig om ‘n gebalanseerde volwassene te word.

Die Bybel se ook dat die man en vrou ” een  vlees” word en dat dit wat God saamgevoeg het, geen mens mag skei nie.  Die huwelik is die wettigmaking van hierdie verbintenis.  Dit is die kroon op julle emosionele sowel as julle fisiese verhouding.. Wag dus tot jy getroud is.  Moenie hierdie grootse avontuur bederf nie.

Dis makliker gese as gedoen as ‘n mens lank uitgaan.  Leanie en Anika, dit kan regtig moeilik raak en later kan ‘n mens dalk voel, ag waarom nie, ons gaan tog trou?

Moenie! Hou uit, wag!  Jy wil nie graag die res van jou lewe teleurgesteld in jouself wees nie.  Jy wil ook graag eendag jou eie kinders met eerlikheid reg kan leer.

Dit is baie gevra, maar julle is kosbaar. Julle sal nooit spyt wees dat julle gewag het nie, glo my.

Lekker slaap en baie liefde.

Ma

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

8 Responses to Ma se seksboek . Brief 17: Waarom wag?

  1. As ek te veel kommentaar lewer en aanhou karring, moet jy maar tog vir my sê asseblief… maar ek raak SO opgewonde want hierdie is sake wat my na aan die hart lê.

    My grootste renons in die samelewing (christen) is dat niemand werklik vir jou vertel hoekom jy moet wag vir jou huwelik om seks te hê behalwe dat dit ongewenste swangerskappe kan beteken en dat Vigs ‘n werklikheid is. Hierdie is volgens my die bysake van die saak.

    Wanneer man en vrou een word, word hulle liggame EN siele een. Daar gebeur ‘n samesmelting in die geestes wêreld. Om ‘n praktiese voorbeeld te gebruik… Julle is soos velcro en plak aanmekaar vas. Sou jy dan kies om weer seksueel te verkeer met iemand anders, dan plak julle ook soos velcro aanmekaar vas… En jy neem elke keer ‘n stukkie van daardie persoon saam jou in die volgende verhouding in. Jy het dan meer issues op hande (wat jy nie kan sien nie) as net die twee wat met die daad besig is.

    Daardie persoon (e) se geestelike gevegte, issues en tekort kominge word dan deel van jou! Die skade geestelik is 10 000 keer erger as die fisiese.

    Ek kan nie eers begin beskryf hoe groot die skade was voor ek tot hierdie besef gekom het nie, en ek sou myself JARE se hartseer gespaar het as ek dit VERSTAAN het. Gelukkig is God goed EN getrou! Met die bevryding is alle bande gebreek.

    • Tienerseks gaan oor image. En tot die dag wat daardie image verander, gaan niks wat niemand sê dit verander nie.

      Dit werk basies so: Jy is ‘n slet as jy seks het sonder dat jy die ou “lief” het. As jy die ou baie lief het en jy het nie saam met hom seks nie, is jy ‘n koek en gaan jy eensaam en alleen oud word.

      Kyk gerus op die tv onder die cool, mooi, goeie meisie slaap almal saam met hulle ouens. Dit is die norm – reg of verkeerd. Daardie norm moet as verkeerd bewys word of verander voordat tienerseks gestuit gaan word.

    • Olga sê:

      Heelwaarskynlik omdat die EENWORD die verwysing na die seksuele daad is. Die nuwe vertaling bybel noem SIEL soos in glad nie.

    • seegogga sê:

      Ek is mal oor jou kommentaar! Jy verduidelik dit so mooi! Doe so voort asb!

  2. toortsie sê:

    ek is so bly hierdie onderwerp word bespreek.

  3. Olga sê:

    Het niemand nog die tieners vertel dat sex op vroee ouderdom hulle kanse om kanker van die vroue organe te kry grensloos verhoog nie? Dit raak tyd dat mense hulle kinders leer dat voorhuwelikse sex, neerkom op die egbreek wat die bybel noem. Verder, ek het nog altyd gewonder, hoe handhaaf ‘n vrou haarself as sy op ‘n dag in die supermark opkyk en die outjie met sy sex gehad en nie getrou het nie, staan daar. Nee, wat! Laat ek eerder stilbly.Ek was seker maar te oudtyds grootgemaak. Krappie, dis goeie raad wat jy jou dogters gee.

  4. Olga sê:

    Dit gaan gewoonlik my verstand te bowe dat mense met hulle CHRISTENSKAP te koop loop en almal en alles wil oordeel dan weet hulle nie dat alle sex buiten of voor die huwelik EGBREEK is nie.

  5. seegogga sê:

    Dankie vir julle kommentaar! Ek sit van dit by my boek as naskrifte- party briewe het mos naskrifte. Ek dink baie van hierdie Amerikaanse teen movies het ‘n baie slegte effek op ons kinders. Dis asof hulle losbandigheid goedpraat. Sels die fliek Mamma Mia, waaroor almal so swoon, het eintlik ‘n baie swak sedelessie. Daar is selfs ‘n fliek waarin die Ma haar kind aanmoedig om by ouens wat sy as potensiele kerels sien, te slaap. Ek het hou die naam vergeet, maar dis ‘n redelike bekende fliek. Dankie vir julle hulp om dit mooi te verduidelik dat seks binne die huwelik hoort. Ek dink egter julle gaan my dalk kruisig oor wat ek nog alles gaan se

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s