Kleur, colour codes en Seegogga

Seegogga sit en wroeg in die badkamer. Sy gaan ‘n reünie op Rebus reël! Maar nou sit sy eers en wonder of sy dalk ‘n groot fout maak. Sy wonder of sy sal kan regmaak as dit ‘n flop is.

In haar knypers hou sy ‘n boksie “dark golden blonde” haarkleursel vas – ‘n leë boksie!

Dit het so gekom: jare lank al kleur sy haar hare: auburn, chestnut, deep reddish brown… sy hou van rooibruin hare en dis naby haar kleur. Maar dan groei dit uit en dit pla vir almal behalwe vir haar. Seegogga is iemand wat woel en werskaf. Sy het nie tyd(of geld) nie en ( en sjuuut: sy kannie worrynie!)

Maar dit pla al die landvroue!

“Is jy besig om jou grys hare uit te groei?”

” Ek het ophou kleur want dit lyk so sleg as my hare uitgroei, en ek is nou baie grys”

“Kom ek en jy gaan koop vir jou n ligter kleur. Jy weet, op ons ouderdom….”

Hoekom is almal so beheb met haar hare? Gelukkig het haar eie kindertjies  nog nie haar aangespreek nie. Hulle weet seker noual wat goed is vir hulle. En hulle het nog altyd van haar donker hare gehou.

Maar hopelik is ‘n change as good as a holiday.

Seegogga het nou geswig.En as dit sleg lyk( en sy vermoed dit gaan sleg lyk), gaan koop sy dadelik vir haar n donker kleur, sowaar!

Daar is nog presies 6 minute oor voor sy sal weet…..

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in kraters en ander skandes (humor), Los opdrifsels and tagged , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Kleur, colour codes en Seegogga

  1. Oe, ‘n reunie op Rebus, dit klink interessant!

    Liked by 2 people

  2. woordnoot's avatar woordnoot sê:

    En Seegogga moet nou wys of daai boks sy geld werd was🥰

    Like

  3. Ek het jare gelede opgehou om myne te kleur. Te lui en ek weier om geld te spandeer op haarkleur. Ek is suinig met my tyd ook. Ek stry en baklei liewer met my wenkbroue wat lyk soos ‘n kruising tussen ‘n teerpad en ‘n rol doringdraad.

    Like

  4. Toemaar, ek het ook lank my harekleur uit die ‘box’ gebruik. Gelukkig is ek blond en vergrysing het stilletjies op die ou end oorgeneem. Daar is steeds heelwat blonde hare. As my hare gesny is kan mens duidelik die blonde dele sien. Laat waai met jou uitnodigings sodat ek kan reël met wie ook al die vinnigste is in die lugruim om my te vervoer.

    Like

  5. My Octopus Friend – op Ytube. Mooi fliek.

    The ones who matter will know you and see the beauty – no matter what colour your hair is. Just don’t make it black ..

    xx

    Like

Lewer kommentaar