As iemand vir ‘n gelowige man sou sê dat hy ‘n verhouding met ‘n prostituut moet begin en met haar moet trou, sou mens dadelik die ou wou waarsku dat dit verkeerde raad is en dat hy haar moet vermy en liewer ‘n kuise Christelike vrou moet soek.
Tog is dit presies wat GOD vir Hosea beveel het. Die storie van Hosea was een van die dinge wat gehelp het om daardie meesterlike skrywer, Francine Rivers, tot bekering te bring. Die verhaal het haar ook geïnspireer om haar trefferroman “Redeeming Love” te skryf.
Sedert die eerste publikasie het die fiktiewe verhaal van Angel en Michael Hosea mense geroer en betower. Die diepte en krag van Godse liefde vir ons word pragtig geillustreer in hierdie dramatiese liefdesverhaal wat afspeel in die Kaliforniewe goudstormloop van 1850. Francine is ‘n meesterlike verteller.
Hierdie besondere boek is nou ook in Afrikaans beskikbaar met die titel: Verlos deur die Liefde.
Verlos deur die liefde deur Francine Rivers is uitgegee deur Cum boeke.
Kry joune by een van hulle winkels.. Jy sal nie spyt wees nie.
By verre my mees geliefde boek.
Dankie Seegogga. Ek was ook mal oor hom.