Dis ‘n Nuwe Jaar en ons is deurmekaar

Liewe land, die jaar is amper om en ek het nog niks geskryf nie.
Nie gelukkige Nuwe jaar, nie, nie vakansiestories nie, nie diepe meditasies of lawwe kraterstories nie. Niks.
Pure luigeit!

Ter verskoning wil ek se dat hierdie Nuwe jaar dramaties is. Wow!

Te midde van vol vakansie huise en bondels en bondel en BONDELS wagoed, het my kinders van oorsee af weer terug geimmigreer, en Donderdagaand wat verby is, het my man gehoor dat hy Maandagoggend (vandag) op ‘n ander dorp begin werk.

Alles sou nog goed en wel gewees het, maar toe klik ek mos vannaand oudergewoonte op my stats om te kyk of iemand darem nog die bloggie lees, al het ek so lanklaas geskryf. AG NEE! WAAR IS DIE STATS???? Ek klik en druk en soek en uiteindelik kry ek die nuwe goeters waarvan ek sommer dadelik besluit ek nie hou nie. Hoekom is dit so ‘n gesukkel om daar uit te kom?

Nee-man WordPress! Ek wil ook nie soek na my dashboard nie. Bring terug al daardie opsies as ek op my krappie klik! ( of raak ek nou te oud vir nuwe dinge?)

Hoe voel julle?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

29 Responses to Dis ‘n Nuwe Jaar en ons is deurmekaar

  1. Toortsie sê:

    Hoe voel ek? Hoekom verander aan goed wat werk, vra ek mos!
    As ek nog op my gewone beheerpaneel kliek lyk dit nog soos in die ou tyd.
    Hou die muis so in die linkerhoekie op My Sites. Dan kom daar mos ‘n skermpie op. Kyk daarop: WP Admin. 🙂

  2. Toortsie sê:

    So bly oor jou kinders! Net jammer, nou kan jy nie meer oorsee loop kuier nie.

  3. seegogga sê:

    Ha ha nee! Nou moet ek begin babysit!

  4. Spokie sny spoor sê:

    Ag, eks bly jou kinders is terug. Dis beter. Lekker babysit ook. Een van die dae is dit my voorland ook, kannie wag om ouma te word… my 1ste kleinkind is so groot soos ‘n boontjie (hiehie)

    Jinne, ek hoop jy het BAIE wasmasjiene vir al die BAIE wasgoed … klink erg. Sterkte.

  5. seegogga sê:

    Pasop Spokie, Daardie boontjie groei mos nes Jan s’n! Een vd dae is hy/sy in jou arms!

  6. Jy sal maar net ‘n ander verskoning moet kry om oorsee te gaan voor. 😉

    Jou kleinkinders raak seker al yslik groot.

  7. Kameel sê:

    Lekker om van jou te hoor 🙂 Yep, en een van die dae babysit jy lekker.
    Ek het ook nie meer geweet hoe om by my dashboard uit te kom nie, sien toe Toorts het hier vir jou raad gegee, sal dit gaan probeer. Ek is definitief te oud vir al die nuwe goed…. lus dit nie meer nie.

  8. seegogga sê:

    Hallo Kameel, die moeilikheid is, ons is mos lekker geset in ons wee! Maar ek dink regtig die nuwe stats werk nie so goed nie. Mens moet scroll en scroll om dieselfde te sien wat mens met vorige stats sommer in een oogopslag kon sien.

  9. netjane sê:

    Ek lees nog. Vir ingeval jy nie by die stats uitkom nie. 😉

  10. Sparkle sê:

    Praat jy seegogga, die jaar gaan woes wees klink dit my. Meeste mense se jaar by die werk het met ‘n kadoef begin en van daar af is dit doller- as- kop-af. Ek hoop ons almal kry tyd vir blog vanjaar, want ek leer ken dan nou so baie gedagtegange van ander.

    Sover sukkel ek darm nie met WordPress nie, dis meer my stadige rekenaar wat my ongeduldig maak.

  11. Toortsie sê:

    Goggatjie, jy het baie om ons te vertel. Haal uit daai laptoppie en begin vertel, toe!

  12. Ek wou ook nou net sê dat ek die post al 10 keer gelees het. Tyd vir iets nuuts. 😉

  13. seegogga sê:

    mmm ek al moet begin werk!

  14. karen sê:

    Wow, wat ‘n begin tot die nuwe jaar! Jy het definitief ‘n verskoning om nie so gereeld te skryf nie. Ek voel so sleg, ek het lanklaas ander mense se blogs gelees, of as ek gelees het, het ek nie kommentaar gelos nie. Moet daaraan werk die jaar. Lekker om jou kinders weer daar te hê. Seker my ma sal ook daarvan hou (maar dan kan sy ook nie meer so lekker oorsee boer nie 😉 )

  15. scrapydotwo sê:

    Daar kliek ek toe op jou knoppie en vir my is dit nuwe goed maar wanneer kom die opvolg! Toemaar ek verstaan dat alles so vinnig verby vlieg dat more Februarie 2015 verby is.

  16. Olga sê:

    Die lewe om ons raak meer soos die ANC elke dag. Alles wat werk moet verander word tot daar waar dit nie meer kan werk nie, of te ingewikkeld is om te werk.

  17. En dit is al amper Paasfees. 😉 Kan ek ‘n liedjie voorstel? Miskien kan jy ‘n inskrywing doen van die aakligste Paasfees ooit? Of sommer die beste Paasfees?

  18. En so is dit al die middel van die jaar! 😉 Begin ‘n jeug verhaal (moderne ene) met ‘n karakter wie se naam Petra is.

  19. Ek sê ook soos die ander…begin weer skryf…dis al amper Julie!

  20. Terug pieng: Dag een van “Aanhaling Uitdaging” | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s