Skewe en ander prentjies – Rhebusfontein kunsuitstalling vervolg.

Liewe land. Wat vat jy saam en wat los jy?

Ek is eintlik lus en vat sommer al my prentjies saam en hang hulle in my Rhebushuisie.

Ek kan mos! En nog ‘n paar ekstra ook – die wat ek wou hê maar gemis het: my varsity vriendin Hermien Spies se mooi waterverf bome, of die ongelooflike mooi olietjie van jong seuns wat in die see met ‘n trekkerbinneband speel. Sjoe Die lewensvreugde het uit daardie skilderytjie gestraal!

Maar hier is my skewe prentjies wat my vriendin so laat lag het.

20190904_072626.jpg

20190905_092424.jpg

Bo is die foto’s van ons voorportaal en raampleksitkamer met die skewe prentjies.

20190904_114843.jpg

20190905_095258.jpg

Hierbo is twee prentjies van my oudste dogter toe sy nog op skool was. Die silhoëtte het ek gebruik as voorblad van Ma se seksboek. Vandag maak sy die mooiste mooiste verjaardag – en troukoeke as sy nie besig is om superma te wees nie.

Hieronder is twee prentjies van my tweede dogter. Julle kan sien dat sy effe aweregs is, soos dit ‘n linkshandige en boonop ‘n middelkind betaam. Vandag is sy modeontwerper en ook juweliersontwerper en dink die mooiste goed uit.

20190902_094544.jpg

20190905_095400.jpg

Hierdie onderste twee prentjies is van my jongste dogter toe sy op nog in die laerskool was. Die boonste een het ek en sy prentjies op ons palmboom se leervelle geverf met stokkies as kwaste en die onderste het sy gemaak toe sy 7jr oud was. Ek is mal oor die glaspot, die skewe blomme wat lyk of die wind hulle waai en die son bo. Vandag is sy skooljuffrou wat die mooiste stories kan vertel.

20190904_114804.jpg

20190905_094947.jpg

Hieronder is my pogings: Rose wat my man my present gegee het toe ons nog verlief was, en my jongste by ons eendedammetjie voor in ons tuin.

20190905_094817.jpg

20190905_095029.jpg

20190905_092756.jpg

Hierbo het my ma, Annie van Graan haar Ogieskat by ons klipvissies in die visbak geskilder. Die blomme het uit my tuin gekom.

En kan enigiets kers vashou by die grootste kunstenaar van almal : ons Vader en Skepper? Hier is ‘n paar wilde veldblommetjies van Struisbaai en natuurlik: die see!!!

IMG-20190904-WA0001.jpg

20190904_125058.jpg

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie:towerbus,, feeverhale en ander stories, goue vroue, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein. Bookmark the permalink.

20 Responses to Skewe en ander prentjies – Rhebusfontein kunsuitstalling vervolg.

  1. woordnoot sê:

    En die eerste prys vir die kuns uitstalling met die meeste oorspronklike werk gaan aan????? Seegogga! Pragtig!

  2. Toortsie sê:

    Almal is mooi. Ek geniet jou skewe prentjies.

  3. Dankie dat jy al jou mooi met ons deel.

  4. ❤ ❤ ❤ Stoute kat – so ernstig agter die klipvissies aan!

    • seegogga sê:

      nes sy poot aan die water geraar het, het hy teruggetrek. Hy kon net net die moed bymekaarskraap om sy poot te diep in daardie water in te steek nie. Maar oo! die versoeking!

  5. Kameel sê:

    Dankie dat jy jou skewe prente met ons gedeel het. Julle is voorwaar ‘n klomp begaafte mense saam.

  6. seegogga sê:

    My vriendin, Lynn Isaacs se kommentaar. Ongelukkig kry en nie haar kleink8nd se mooi prent her geplak nie. Weet enigiemand hoe?
    “ ‘n voëtjie wat los in die huis rondvlieg…”
    Ek is mal or díe voëtjie wat los rondvlieg en op skilderye land. Die skeefhangende prente in die gallery – almal van hulle. En die jas wat die kunstenaar en skrywer se Ma vir haar gemaak het.
    Pragtig, A-M. Hierdie is die een wat my kind geteken het, wat ek gekies het. Ek moes kies. Alles kon nie saam nie.
    Haar selfportret toe sy 6j oud was.

  7. Una sê:

    Voorwaar ń geseënde kunssinnige familie! Seegogga, jou kunswerke is baie besonders.

  8. Sjoe, julle is almal so kunstig…mooiste kunswerke!

  9. Wat ń begaafde familie. Julle skilderye baie geniet.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s