Die storie van Naomi, Orpa en Rut is een wat deur die eeue die verbeelding aangegryp het: Naomi en haar gesin wat in ‘n vreemde heidense land gaan werk het; haar man en seuns se ontydige dood; haar skoondogter, Rut, wat haar hele bekende lewe agterlaat en saam met haar skoonma terugtrek Israel toe; ook die uiteindelike pragtige liefdeverhaal tussen Rus en Boas.
Hierdie is ‘n lekkerlees boek vol aksie en drama, wat die mooi ware verhaal vir ‘n mens lewendig maak. Die vertaling is goed gedoen en dit lees lekker. Ek kan dit aanbeveel vir almal wat van ‘n lekker storie hou.
Baie dankie aan CUM boeke wat my die geleentheid gegee het om die boek te lees.
Dankie Seegogga. 😊 Hier is weer ‘n boksie boeke op pad, jy kan vlg week kom loer.
Maak so Toortsie!