Die V(lieënde)V(irus)V(lugtende)T(owerin)T(ent) styg met ‘n duisligwekkende vaart op. Jy sien net stofwolke!
Seegogga gaan aan die proes en hoes.Sy pluk haar Sasolreünie buff oor haar oë en neus, maar te laat. Sy kan niks sien nie. Sy gryp na die kontrolebord om haar balans te hou, maar druk per ongeluk op ‘n paar knoppies – verkeerde knoppies.
Die tent gee ‘n paar rukke en draai ‘n paar keer vinnig in die rondte en kies koers in sy eie rigting. Die towerinne, wat almal rondgeval het, kom weer stadig orent.
“Hierdie tent maak my dronker as Meneire, “ lag Kameel.
“O ek voel lekkerder as met engeltjie-piepie! Doen dit weer, seegogga!” kraai Vuurvliegie.
‘Ek wetie hoenie” stotter Seegogga. Sy kan maar netsowel nog ‘n paar knoppies druk.
Die tent wieg gesellig heen en weer, maar vlieg doelgerig vorentoe.
Die towerinne loer by die vensters uit en sien hoe die geel en bruin landskap verander na groen, geel , pienk, rooi, blou en pers.
“Kyk die kleure – watter land kan dan nou so kleurvol wees?” Woordnoot


Die volgende oomblik land die tent soos ‘n reuse wit swaan op ‘n groot watermassa en dryf saggies rond tussen ‘n groepie regte swane. Op die oewer van die water is reuse blomme, waatlemoenrooi, pragtige pienk en wit gemeng, geel, pers, die een klomp mooier as die ander.Toe sien hulle ook die gebou: ‘n groot Windmeul.
“Holland” roep Toortsie. “Dan was daardie mooi landskap wat ons gesien het die tulplanderye!”
“Sjoe, hoe bly is ek nou, sê Seegogga. ‘My dogter het mos sewe jaar hier gewoon. Het julle geweet dat die tulpe nie aangeplant word vir hulle pragtige blomme nie, maar wel om bolle te kweek? Die groot geld lê in die verkoop en uitvoer van tulp bolletjies, nie die blomme nie. Die blomme is sommer ‘n ekstra bonus. Sommige word wel verkoop, maar die meeste se blomkoppe word sommer met masjiene afgesny .
Kyk, nou is ons in Keukenhof, ( klik asb hier om ‘n idee van die mooi blomme te kry) Klik op die liedjie en scroll dan af om na die blomme te kyk terwyl die liedjie speel.)
Perdebytjie se kamera klik aanmekaar.

“As ek nou net hierdie tent beheer kan kry, vat ek julle na die grootste blommemark in die wêreld, in Aalsmeer, sê Seegogga.
Seegogga druk nog ‘n paar knoppies. Die tent styg ‘n entjie op, maar sak weet af.
“Wag dat ek help”, sê Scrapy. “Ek het al een en ander by Elon se vuurpyl geleer.” Sy staan voor die kontrole en sowaar: die tent word nou seile en die vloer lyk al meer na ‘n boot. Hy het sowaar verander in ‘n seilskippie!
“O ek wou nog altyd op ‘n egte seiljag ry!” sug Hester..
“Kyk! ons vaar sowaar bo-oor die snelweg!” roep Positief..
Bondels hang so ver oor die kant, dat Una net moet gryp. Die towerinne kyk verbaas hoe ‘n snelweg met baie motors onder hulle waterbaan deurloop!

“Only in the Netherlands!” lag Seegogga.
By die blommemark dwaal die towerinne nuuskierig rond In geslote ouditoriums sit daar ‘n klomp mense , elk met ‘n laptop of computer voor hulle. Op die klein verhogie kom daar telkens nuwe trollies blomme en die mense bie op hulle computors. ‘n Groot horlosie en aankondiger voor wys die prys, wie die bod gewen het en hoeveel hy wil koop.
‘n Ander lokaal lyk soos ‘n reusagtige supermark met groot trollietreine vol blomme van allerhande soorte, kleure en geure wat deur trekkergoedjies rondgetrek word. “Dis ongelooflik”, se Christa.
“Het julle al die verskillende kleure varkore gesien? Sou dit van Suid-Afrika kom?” Vra Aalsie. “Maar…. Is dit dan nie Toortsie daardie nie?”
Die towerinne kyk geskok hoe Toortsie daar onder op een van die trekkergoedjies sit en met volle vetroue ‘n groot trollie vol van die mooiste blomme aanhaak en na die kant van die saal beweeg.
“Toorts!” Almal roep kliphard, maar Toorts waai net en ry verbete voort. Hier moet mens jou ry ken!. Toe vedwyn sy onder die balkon-deel in en die Towerinne kan haar nie meer sien nie. Ons soek en roep maar Toorts het verdwyn.
Uiteindelik besef ons hartseer dat ons sal moet teruggaan na die skip toe – ons sal moet gaan hulp soek om ons geliefde Toorts weer te vind.
En hier op ons skiptent, sit ondeunde Toorts met ‘n Amstel in die hand – en die hele skippie is vol blomme! “Ek het gedog ons kan doen met ‘n bietjie kleur”, lag sy gelukkig. Sy deel vir ons elkeen ‘n botteltjie Amstel bier uit. VirgoC is glad nie so beïndruk nie – is ons nie veronderstel om gerehabiliteer te wees nie? Maar when in Holland…..
Die tent of te wel die seilskip het sy eie idees, want Seeggogga se tegniese kennis en haar vingers se mikvermoë is beslis onder standard.
‘n Rukkie later ry ‘n veelkleurige bootjie verby. Die manne het outydse klere aan. Die hele bootjjie is gelaai met groot ronde kase.
Die manne stop langs ‘n kaai en gooi die kase twee-twee land toe – op die land is daar ander wat dit behendig vang en op ‘n outydse slee-agtige draagbaar pak. Meisies met Hollandse hoedjies en houtklompe loop oral rond bied vir almal kaas aan.
“Kyk hoe mooi rooi is hulle lippe”, roep Sonel. “Ek moet vir my in hierdie land nuwe lipstiffie koop”. Ons klim af. Daar is jong kaas, en ou kaas. Die jong kaas is heerlik, maar tot ons verbasing is die ou kaas duurder as die jong kaas. Die ouderdom word duidelik aangedui. Sommige is tot 35 jaar oud! Die towerinne proe huiwerig. Dis sterk, maar baie smaaklik!
Tannie Frannie klim met ‘n yslike kaas onder haar arm terug in ons skippie.. ‘Ek het hom geruil vir een van my klein broodjies”, lag sy.
Seegogga hoop maar sy gaan die skip weer n ‘n tent verander kry. Sy druk ‘n paar knoppies sonder veel sukses. Die skippie het sy eie idees. Hy hop van die een waterbaan na die ander en beland op die breë Amstelrivier.
“Kyk daardie huis se dak is al wat uitsteek. Hoe is dit dan moontlik?” vra Bytjie. “Sien julle ook dat ons hoër as die huise is?”
Seegogga verduidelik dat dit is it is omdat die hele Amsterdam op ‘n moeras gebou is. Die grond word drooggelê en die vrugbare feengrond is vroeër uitgevoer vir tuingrond. Soos die land al meer uitgedroog het, het die grond begin sak, maar natuurlik nie die waterdele nie. Daarom is die Amstel nou hoër as die huise wat op die drooggelegde grond gebou is. Die grond sak vandag blykbaar nog steeds, selfs na al die jare. Geen feengrond mag nou meer uitgevoer word nie. Die Amstel word ook deur sommige nie meer as ‘n rivier gereken nie, omdat hy aan albei kante gestop is. Die een deel eindig daar in die middel van Amsterdam by die stasie. .
“O wag – daar is Klein Kalfje!” roep Seegogga. “Stop skip!” Sy druk die stop knoppie en wonder bo wonder stop die skip. Die towerinne klim uit. Ons sit in ‘n klein restourantjie op die terrasje.

“Wil jullie borrelen?” vra die vriendelike Hollandse kelnerin. en sit ‘n bak bitterballe met ‘n doopsousie voor ons neer en ook ‘n glas Heineken vir ons elkeen. ” Eet smaaklijk” sê sy.
Dit is heerlik, en die towerinne gesels opgewonde.
“Erg gezellig!” knik sy toe sy sien hoe ons dit geniet.
Ons bedank haar hartlik, maar ons begin nou koudkry. Toe ons klaar geborrel het, vat Toortsie die afstandbeheerde kontrole uit sSeegogga se hand.. Gou druk sy ‘n paar knoppies en die skip verander terug in ‘n tent. ‘n Heerlike warm tent vol veelkleurige blomme. wat saggies op die water dryf, saam met ‘n paar kloekende waterhoendertjies en eendjies.
“Niet gek doen, hoor! ” sê die kelnerin en kyk met groot oë na die drywende tent. Net daarna styg ons tent op, en sy gee ‘n klein gilletjie. Ons waai vrolik vir haar.
“Gezelligheid kent geen tyd” roep sy ons verbaas agterna.
Slaaptyd, Dames! More ry ons verder met die fietse. ( word vervolg)
Hierdie hoofstuk vorm deel van die uitdaging vir Afrikaanse bloggers wat as die Towerinne bekend staan. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar. Maar nie vir die Towerinne nie.
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die eerste hoofstuk te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.
Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030
Kyk ook hier na my vakansie akkommodasie plekkies op Struisbaai en Agulhas.
Hier is my 4 akkommodasieplekke..Die 2 woonstelletjies op Struisbaai: Fagan,
https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/2012/11/02/fagan-se-woonstel/
En Annie,
https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/2012/08/25/annies-flat/
En die groot huis, Erika.
https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/2012/08/12/erika-self-catering-accommodation-struisbaai/
Dan het ek ‘n rowwe vissershuisie oo Agulhas, Rus’nBietjie.
https://seegoggaaccommodation.wordpress.com/2012/11/03/rus-n-bietjie-agulhas/
Ons sal julle graag wil ontvang! Vriendelike groete
Anna-Marie Groenewald



Die van julle wat nou ekstra tyd het, kan gerus hierdie lekkerlees storie lees wat dalk nog later ‘n boek gaan word. Klik hier en dan lees jy dit hoofstuk na hoofstuk. Die towerinne is die hoofkarakters wat die storie en die moord ontrafel. Lekker lees!

30 Jaar gelede het ek as voortvarende groentjie by 





















Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.