Toe Grace Moore diens aanvaar by ‘n beroemde kunstenaar, Roman Velasco, is nie een van hulle voorbereid op die die totale ommeswaai wat God besig is om in hulle lewe te bewerk nie. Ten spyte van totaal uiteenlopende maniere om die moeilike lewe en die spoke uit die lewe te hanteer, het God met sy genade ‘n plan vir hulle .
Hierdie heerlike liefdesverhaal is een van die bekende skrywer, Francine Rivers, se jongste romans. Dit is ‘n pluimpie vir Cum boeke dat die boek so gou al in Afrikaans ook beskikbaar is. Behalwe vir twee klein vertalingshinderlikhede, lees die boek heerlik net soos ‘n eg Suid-Afrikaanse storie sou lees, en bied soveel meer as die oppervlakkige liefdesstories wat mens soms kry.
Ek het hierdie boek regtig geniet.
Die Meesterstuk van Francine Rivers word uitgegee deur Cum Boeke en is in hulle boekwinkels beskikbaar.
Seegogga! Jy us behoirlik op en top! Ek kom draai gou môre by jou as jy tuis is.
Het die boek in Engels gelees. Hom geniet.
Ek geniet al haar boeke. Sy skryf so mooi
Ja, sy skryf regtig goed. Ek geniet haar boeke ook. Dit lees maklik en lekker