In 2018 het ons matriekklas ons 50 jaar reünie gehou. Ek het destyds geskryf en foto’s gewys van die voorbereidings. Byna 3 jaar gelede. Om dit te sien, klik hier: reünie.
Dit was vir my en my man ‘n voorreg om dit te reël en nog ‘n groter voorreg om al ons ou klasmaats weer te sien. Ons was ‘n hegte groepie vriende in ‘n baie besondere skool met oa mnr Sam Pellissier as baie besondere onderwyser.
Al die werk was op die ou einde die moeite werd. Ou vrienskapsbande is weer hernu en nuwe vriendskapsbande is gesmee.
Vandag sit Piet Olén, een van ons klasmaats, hierdie video op ons groep
Hy het met liefde soveel moeite gedoen en tyd daaraan bestee. Ons waardeer dit opreg. Ek plaas die video hier. Ek weet nie of dit by almal sal byval vind nie, maar vir my is dit baie spesiaal. Die “kanon” wat my man gebou het, skiet ook hier!
“WELL DONE, PIET!”
Hi, mooi herinneringe. En daar sit my skoonsuster ook. Klein aarde …
Ja mooi foto van haar.
Nogals
Dit lyk na ń fenominale reunie
Ek hoop hulle het dit so geniet soos ons geniet het om dit te reël.
Kon nie anders nie
Wat ń wonderlike video om te hê, Seegogga. Jou decor was pragtig, sommer alles lyk na een groot fees!
Una ek het so gebid dat alles moes reg uitwerk. En dit het! My man was n ster. Dit was toe alles die moeite werd.
Het julle nou onlangs eers die video gekry?
Gistermiddag!
Ek onthou nog hoe hard jy maande lank gewerk het.
Ja daar was goed wat lank gevat het bv die batik, die ontwerp en boy vd kanon ens. Maar dit was alles lekkerrrrrr!
Ek kan dink dit was baie suksesvol, Seegogga!
So dit was batik? Wow!
Daardie muur het rakkies agter. Toe dog ek as ek batik maak en voor hang en lig agter en dit skyn so deur… . Maar ek het per n groter hap afgebyt as wat ek kon kou!
Amper
Julle het regtig baie moeite gedoen.
Gelukkig het mt man so wonderlik gehelp, Toorts. En dit was vir ons albei lekker. Het jy sy kanin sien skiet?
Ek moet nog kyk. 🙂
Dit was eintlik nie moeite nie. Dit was pret.
Ek het dit nou sommer saam met julle geniet – julle het regtig ‘n wonderlike naweek gereel.
Dit was so lekker, Frannie.
Lyk of dit sommer al te spoggerig was.
Hallo Olga, so lekker om weer van joy tw hoir. Ek dink ek het op die ou einde onnodig gestres. Almal sê hulle het dit baie geniet.