sirkus op Rhebusfontein

Gekry danksy ons eie Toortsie, die liggie in die duisternis!!!. So hier is ek weer op Rheboksfontein!!

SJOE! Dit woel en wikkel hier!

Glamguru kom toe mos hier aan: dis kleursel en stuff en highlights vir die hare en uitroepe ennn… toe kry hy ‘n allemintige gril: beenhare! Hy pluk onmiddellik ‘n potjie room uit en voor Una kan sê:”Help!” , het hy haar op die bed van sy mobiele skoonheidsalon.

Maar Hester is reg vir hom: Met ‘n dodelike akkurate kaphou, kap sy die botteltjie uit sy hand uit sodat dit stukkend op die vloer val en jy sien net room spat! Toe is almal nog meer ontsteld. Wat is voete sonder hare? En wat as ‘n mens nou sou gly…?

Versigtig het Toortsie, die liggie, Una van die bed af en uit. Die beteuterde Hannon wil nog iets sê oor geplukte wenkbroue en gesigskontoere, maar die towerinne het almal verdwyn.

Ons lyk mos soos ons wil lyk, en dra wat ons wil dra, en gaan ons nie laat voorskryf nie, a nee a! Ons het mos ons eie “looks, beenhare en al!”

Teen die tyd het die meeste al begin uitkyk vir ‘n mooi rok. Ek self wil een van Stephen van Eeden hê. Stephen sal moet kom meet!

Image may contain: 1 person

Maar ai! Die linedance!

Eerste het ek hierdie raakgeloop.

en hierdie

Die goed begin mooi, maar nadat dieselfde beweging so 5 – 10 keer voorgekom het, lyk dit vir my almal te vervelig vir ‘n sirkus. Vir ‘n sirkus moet alles baie spesiaal wees!

Ek het intussen hierdie raakgeloop:

Maar nouja, dit is dalk bietjie oosters, so wat van hierdie ene?

But then again : ons is ook nie ‘hardup” nie, né.

Toe dink ek aan hierdie een: die bewegings is bietjie makliker en dit sall Una se bene mooi afwys. Ek sien al hoe wieg daardie haartjies so saam met die twistrokkie heen en weer.

Ek het nogal gedink ons kan dalk bietjie glitter aan Una se beenhaartjies ook smeer, en dan dans sy in die middel. Wat dink julle?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

17 Responses to sirkus op Rhebusfontein

  1. Toortsie sê:

    Die plannebegin vormaanneem. Arme Hannon! 😂

  2. Genade daai maag, hoe sy hom so roer sal net sy weet. Miskien moet ons Una se hare in ń franse vlegsel maak, dit sal so mooi lyk so al teen haar been af. Ek is net bang as dit los hang kan sy en almal om haar verstrengel raak en dan het ons een groot katastrofe op hande.

  3. Una sê:

    Oeeee, lekker lyndanse! Ek het bietjie saam gejive, dankie Seegogga, so met die beenhare oor my een arm gedrapeer en al!

  4. Una sê:

    Fluister…ek is doodbang vir die Glamguru…

  5. Ja, die twist is die antwoord. Ek het nie genoeg beheer oor my maagvette se wobbles om daai Oosterse danse te probeer nie. O ja, en askies tog dat ek die Towerinne se toonhare so sonder waarskuwing “geskeer” het.

  6. Ek het jou blogpost by InLinkz aangeheg.

  7. 😀 Lekker laat jy my nou lag!

  8. Kameel sê:

    Jou rok gaan pragtig wees. Definitief nie die maag dans nie… net my kenne kan so “wobble.” Die twist is die maklikste… maar soos jy sê dis sirkus… dit moet glamerous wees.

  9. woordnoot sê:

    Ek gee nie om wat ons dans nie….maar my bene dans nie vanself in n ritme nie…sal maar medisyne neem daar voor. Arme Hannon…maar dit sal hom leer om so voorwaarts te wees!

  10. Ek het my dood gelag vir “Swine Lake”! Lyk nogal na iets wat die Towerinne kan probeer. Daardie man lyk hoeka soos Lorenzo.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s