DAAR IS NIKS SOOS WARE LIEFDE………

I give to you, and you give to me- true love, true love…..

Nou onlangs het twee van my vriendinne geskei – dit nou behalwe die hele paar ander kennisse waarvan ek net verneem het. True love?

Dit was toe nie.

Erens, somewhere, gaan iets verkeerd. En ‘n mens kry seer en stomp af en maak toe. Beskerm jouself. Wat het geword van true love? Waarom word ‘n mens so seergemaak deur iemand wat veronderstel was om jou lief te he? En waarom is ons so besitlik?

Gee ware liefde nie juis vryheid nie? Waarom dan al die ongeluk? Is liefde nie dalk eintlik selfsugtig nie? Is dit ware liefde – dat jy iemand net vir jouself wil he?

Ek glo ware liefde is as jy die persoon vir wie jy lief het, se behoeftes bo jou eie stel. Of is dit? Beteken dit dan dus dat hy/sy kan maak net wat hy wil en jy is steeds lief vir hom?Wat is ware liefde? En wat is ‘n huwelik?

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

15 Responses to DAAR IS NIKS SOOS WARE LIEFDE………

  1. Perhaps sometimes love just ain’t enough!

  2. toortsie sê:

    Ek stem met jou saam. Dis om die ander een se behoeftes as belangrik te ag. Maar dit gee beslis nie die ander een die reg om dan met jou te maak soos hy wil nie!!

  3. Olga sê:

    dis n moeilike ene. Baie moeilik. Ek sal eerder nie my mening gee nie. 1 van my kinders lees dalk hier, dan sal ek raas kry. Ek sal egter se die hele ou ‘true love’ ding is over rated.

  4. Terug pieng: Wat is liefde? | Toortsie se Blog

  5. seegogga sê:

    Ek antwoord julle nie, want ek weet self nie. Maar dis iets wat my in die laaste tyd baie “bug”.

  6. pikkepensie sê:

    ja, ek weet ook nie. Vir iemand, soos ek, wat op trou staan is dit noggal ‘n belangrike vraag. Wat is ware liefde regtig en wat le voor vir my in die huwelik??? ek weet regtig nie en deesdae is dit so maklik en “gewoon” om te skei. Is trou net vir die show???
    Ek is mal oor oumense, om met hulle te gesels en na hul stories te luister en dan, net dan sien jy wat ware liefde regtig is. As daai ou, beplooide gesig, vir jou van hul liefde vertel, en daai plooie verander in ‘n geheimsinnige glimlag, dan sien jy dit. (‘n Mens het die geneigheid om net die goeie te onthou, ek dink dit is ‘n gawe van bo.)
    Terwyl ‘n mens in die situasie is dink jy nie dit bestaan nie, ware liefde nou, maar as jy terug dink aan alles wat daai persoon met jou gedeel het, en wat hy/sy vir jou beteken het… Dan weet jy, dit was ware liefde.

    • seegogga sê:

      Hallo Pikkepensie! Lees gerus ook Toortsie se Liggie se skrywe oor die liefde. Die huwelik is ‘n kontrak tussen 2 mense wat veronderstel is om mekaar lief te he, en God. As albei partye daardie kontrak pligsgetrou nakom, dink ek, behoort hulle liefde en hulle respek vir mekaar te gedy. Dis wanneer een van die partye die kontrak begin verbreek, wat die probleme kom.
      Baie geluk met die komende huwelik. Ek bid dat julle baie gelukkig sal wees.

  7. bloedbek sê:

    Ou Bloedbek en Liefie is al 29 jaar bymekaar 3 kinners en vele troeteldiere. Oorle skoonpa het geseg die huwelik is ‘n klein boompie wat nat gehou moet worre en ek doen so, vandag nog.
    My insette:
    Ware liefde is om minder te verwag as wat jy gee, met wedersydse respek vir die individu, want dit is wat ons is, individue met unieke behoeftes. Dis om nie mekaar te versmoor nie, maar altyd daar te wees.
    Ware liefde is om my vrou as my beste pel te he, alles te deel, let wel alles.
    Ware liefde is ‘n lekker fight, nie visies nie(liefie slaan pooken hart man, soos messteek) Maar om onmiddelik die verskille uit te sort en dan te vergeet daarvan, elke dag nuut, nooit kwaad gaan slaap nie, al wil jy dit soms doen, veg dan maar liewer nog ‘n bietjie, maar sort die kak uit.
    Huwelik is ‘n commitment, for life, Thats it. Geen ander opsies nie. Werk voortdurend aan die vennootskap. Elke dag nuut, maar for ever seg ek jou.
    Huwelik is om soms terug te staan die minste wees, soms hardekwas te wees maar altyd weet ‘n huwelik is baie meer as net liefde, dit verg werk, elke dag al is dit nie altyd so lekker nie.
    Huwelik is soos Liefie altyd oor baklei, kommunikasie kommunikasie kommunikasie, ek herhaal kommunikasie.
    Liefde groei in die huwelik, daar is niks lekkerder om Liefie net te kyk en te weet wat sy dink, dis nou as ons in dieselfde hoek staan, die kinners is altyd stomgeslaan oor hoe ons weet hoe die ander een gaan optree, ‘n formidabele span. Die kinners sukkel ook maar om ons te klop in 30 seconds, omdat ons kan kommunikeer sonner om ‘n woord te seg en dit frustreer die kinners, al is hulle al almal uit die huis weet hulle teen moeder raaf en papoe staan niemand ‘n kans nie.

    Voorbeeld ek vat altyd haar kant in die openbaar al weet ek sy is verkeerd maar in die binnekamer sal ons dit uitsort, soms met hewige gevegte, maar vir Liefie sal ek daar buite beskerm tot die dood.

    Seg bloedbek

  8. bloedbek sê:

    Skuus , nie besef ek babbel so baie nie, maar dis serious sake die

  9. cathome36 sê:

    ek is nou 15 jr getroud. dis lekker. ons het baie ruimte vir mekaar.ons doen baie saam. ons doen ook elkeen ons eie ding. ‘liefde’ is ‘n werkwoord, en dis NIE seks nie. dis ‘n verantwoordelikheid en vennootskap soos in ‘n wersituasie. RESPEK vir mekaar. beriedheid om sy bollie te hanteer en sy bereidheid om my bollie te hanteer…. en kommunikasie, kommunikasie en saamgesels oor ALLES want geheime skep probleme – jy het immers gekies on als van jou met hom/haar te deel. Vir my is liefde ‘n keuse, n wilsbesluit wat jy maak om daardie ander persoon in jou lewe in te neem en saam deur wat-ook-al- te werk. Maar EK laat nie met my mors nie. as hy wil dwaal…. jul weet wat, dan moet hy gaan en maar verder verdwaal.

  10. seegogga sê:

    Hallo Cathome, welkom hier! Dankie dat jy dit so mooi verduidelik.

  11. Ja, dit is ‘n vraag wat baie mense al gevra het en nog gaan vra. Ek glo dat ware liefde by die oorrpong van liefde begin. Wat is die oorsprong dan. http://wareliefde.co.za/geheim-van-ware-liefde vertel meer hiervan.

  12. Terug pieng: Seegogga se verjaardaggeskenk | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s