Die Skaalmodel deur Anneli Groenewald : ‘n Boekbespreking

die skaalmodel

Die skaalmodel deur Anneli Groenewald was die debuutwenner in die NB-Uitgewers se GROOT Afrikaanse Romanwedstyd 2015, en met reg so.

In die roman word Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Skeepswrakmuseum op Bredasdorp, deur lede van die plaaslike publiek van verskeie dinge aangekla. Sy word op vepligte verlof geplaas en tydens die ondersoek moet sy haar gedrag verduidelik aan die voorsitter van die Museumraad.

Uit hierdie gesprek hoor die leser onder andere die hele storie van die verpligte onteiening en ontruiming van Skipskop, die klein dorpie naby Waenhuiskrans in die Overberg. Dis dieselfde dorpie en dieselfde gebeurtenis waaroor David Kramer se roerende liedjie gaan.

Maar die boek gaan oor meer as dit. Dit gaan ook oor ‘n skrywer as argifaris, historikus en gewete van die gemeenskap. Dit gaan in groot mate ook oor vooroordeel, randfigure en bekrompe denke.

Al hierdie en nog meer word meesterlik en kleurvol geïllustreer in hierdie uitsonderlike roman, wat nie ‘n alleenspraak is nie, maar waarin Juffrou Berdina tog die enigste spreker is wat aangehoor word. Haar karakter word pragtig uitgebeeld deur haar relaas.

Anneli se ouers en voorgeslagte was self Skipskoppers wat moes wegtrek. Sy het o.a. op Struisbaai grootgeword en op Bredasdorp skoolgegaan.. Sy hou vol dat die roman as suiwer fiksie beoordeel moet word, en vir buitestanders is dit ook volledig so, met die ware gebeure van Skipskop as agtergrond.

Vir my as Bedasdorper het ek egter verskeie ander ware gebeurtenisse en karakters herken, en Juffrou Berdina se uitsprake daaroor baie geniet. Sy lewer haar eie opinies oor sake wat ons as Bedasdorpers baie raak, en gooi ook ‘n goeie skoot humor daarby ten spyte van ‘n baie hartseer gebeurtenis. Die Skaalmodel is myns insiens ‘n boek wat elke Bredasdorper en inwoner van Kaap Agulhas munisipale area moet lees.

Sy gebruik pragtige kleurvolle taal wat die lees van die boek heerlik maak. Vergelyk hierdie sinnetjie: “As Edwin eers begin praat, Mnr. die Voorsitter, dan vloei sy woorde soos ‘n bergrede.”

Om die storie te vertel, word die Bredasdorp Skeepswrakmuseum as beginpunt en agtergrond gebruik. Deur die woorde van Juffrou Berdina word die besondere museum in die boek groot lof toegeswaai.

 Ek kan  Die Skaalmodel deur Anneli Groenewald  met sy ongewone  en lekker vertelstyl sterk aanbeveel by almal. Dit lees vir my lekker en die prys wat hy gekry het is welverdiend. 

 

 

https://kyknet.dstv.com/program/binnelanders/video%E2%80%99s/kwela-anneli-groenewald/videos

 

 

 

 

 

 

 

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels, Overberg, Seestories and tagged , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Die Skaalmodel deur Anneli Groenewald : ‘n Boekbespreking

  1. Una sê:

    Dit klink defnitief na ń boek wat ek wil lees, Seegogga. Die liedjie Skipskop het my nog altyd laat wens ek kan die feite te lees kry.

  2. Ek het die boek gelees, geruime tyd gelede. As ek so terugdink aan wat ek nog onthou daarvan stem ek saam met jou bespreking. Ek het die boek aangrypend gevind. en ek dink van die vooroordele wat daarin bespreek word is nog van toepassing, veral in kleiner meer geslote gemeenskappe.

    • seegogga sê:

      Ja Lewies die vooroordele in klein dorpies is soms skrikwekkend. Wat nie in die boek is nie, maar waarvan ek weet, is dat die regering reeds in die geheim in 1978 of 1979 vas besluit het waar die toetsbaan gaan wees. Ek weet dit want ek was in 1979 n jaar lank op Stellenbosch. In daardie jaar is die hele pad van Caledon af na die onbeduidende en klein dorpie, Bredasdorp, groter en breër gemaak, die hele ingang na die dorpie toe is geskuif, vergroot en vergemaklik vir groot en swaar voertuie. Dis n projek wat seker miljoene rande gekos het en n jaar of meer aangehou het -na ‘n dorpie wat nie uitbrei nie, wat min mense nog ooit van gehoor het en waar geen groot nywerhede is nie? So 3 jr later bars die bom. In daardie tyd het een of meer ministers vir hulle plasies hier gekoop ( dalk teen n appel en n ei?). Die is ook toe later onteien en baie vergoeding is daarvoor betaal!)

  3. Ek en H het die Skeepswrakmuseum besoek toe ek daar op Bredasdorp gekuier het. Dis ‘n puik museum met wonderlike uitstallings.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s