Liewe lesers, kom klim vandag saam met my op die giggelgroenbus. Ons gaan ‘n bietjie toer!
Ja, expect the unexpected! Ons reis deur die land van Noord na Suid, vind sommer uit van die besienswaardighede daar waar ons stop, maar beleef veral avonture! Ja, Waenhuiskrans en die Suidpunt gaan ook besoek word. Pasop – daar gebeur goeters! Julle is welkom om saam te ry en ons virtuele avonture te beleef!
Julle sal nie vreemd voel nie. Twee Bredasdorpers ry saam: Anna-Marie Groenewald (Seegogga: https://seegogga.com/ )
en Madele Burger ( Toortsie: https://toortsie.com/ ).
Klik hier onder om op te klim en saam te toer en gaan asb elke keer terug na die link toe om die volgende plek te besoek.
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928
Nou gaan ons verder- na Rebusfontein!
Wat? Het julle nog nooit van Rebusfonein gehoor nie? Kom ek vertel. Rhebusfontein is ‘n wonderlike dorpie met die mooiste droomhuisies denkbaar. Daar gebeur alles net soos jy dit wil hê. Jy word bedien deur dit mooiste aantreklike Lorenzo, Jack of all trades, en jy sit graag op jou voorstoep, eet die lekkerste koekies, of dalk Tiramisu en drink ‘n glasie Franjeliko ( of witblits) soos die gevoelente jou lei. O-ja, en dan los jy sommer ‘n liefdesverhaal en ‘n who-done-it moordstorie op – of gaan steel dalk die Krugermiljoene , of vang vir ou Coronamouna. Sowaar!
Rebusfontein het al internasionaal aandag getrek en is groot lof toegeswaai. Aangesien twee Bredasdorpers ( Toortsie en Seegogga) reeds inwoners van Rhebusfontein is, en nog Bredasdorpers moontlik op pad is, is dit dus goed om van te weet.. Lees gerus hier oor die wonderlike plek.
https://sevencircumstances.com/2019/09/29/what-is-it-about-rebusfontein-and-the-king-louis-viii/
Liewe lesers, net ingeval julle dink dat ek die kluts heeltemal kwytgeraak het, moet ek julle vertel van die Towerinne. ( Ha!)
Die Towerinne is ‘n groepie dames wat oor die aarde versprei is – al die pad van Kazakstan, Dubai en Nieu-Zeeland af, tot in Suid Afrika – ja en ook op Bredasdorp!. Almal praat Afrikaans en almal blog. Hulle het mekaar meestal nog nooit ontmoet nie – behalwe nou op Rebusfontein. Tog werk hulle nou saam om Coronamouna onskadelik te stel. En hulle HET saam die Krugermiljoene gesteel! Dis juis hoe hulle hulle naam gekry het, want die skatte was versteek op die plaas, Towerkop.
Kom ek verduidelik weer; Die groepie onskuldige en wetsgehoorsame bloggers het ‘n uitdaging van Hester ( https://www.hesterleynel.co.za/ ) gekry. Kom almal wat wil, ons skryf ‘n gesamentlike storie – Elkeen kry ‘n beurt om ‘n hoofstuk te skryf. Daar kan jy skryf wat jy wil. Die ou wat na jou skryf, moet aangaan met die storie soos hy nou dink. En dit het gewerk! So het die avontuur begin.
Rebusfontein, ons wonderlike virtuele dorpie is geskep, sover ek onthou deur Vuurvliegie ( lekker vurige afffere: https://lekkervurigeaffere.blog/en/ ) as geskenk aan onsself. Op Rebusfontein het ons al ‘n dinee vir interessante karakters gehou, almal van Nelson Mandela af tot by koning Louis viii. Ons het ‘n kunsuitstalling gehou, amper in ‘n sirkus deelgeneem en ook ‘n liefdesintrige en moordverhaal wat in die ou tyd afspeel, opgelos – vir my ‘n pragtige storie: Die storie van die vervalle biblioteek. Die van julle wat nou ekstra tyd het, kan gerus hierdie lekkerlees storie lees wat dalk nog later ‘n boek gaan word. Klik hier en dan lees jy dit hoofstuk na hoofstuk. Die towerinne is die hoofkarakters wat die storie en die moord ontrafel. Lekker lees!
https://fresh.inlinkz.com/party/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313
Tans is ons besig om die Coronaverskrikking onskadelik te stel. Ons het dit nog nie reggekry nie, maar daar is hoop. Lees gerus hoe ver ons al gevorder het hier, en klik so elke paar dae weer hier om te kyk of die volgende hoofstukke al verskyn het. Geniet dit!
https://fresh.inlinkz.com/party/c0342166738644c9875c54b4f5669017
Hierdie towerinne storie of dalk al ons stories gaan heel moontlik Maandaande vir die Suid Afrikaners in Skotland op die radio wereldwyd uitgesaai word! In Afrikaans!
Volgende keer vertel ek meer oor Bredasdorp se bloggers en ook die towerinne.
Om ander Rebussers se vertellings ook te geniet, klik hier:
https://fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3
Dis sekerlik die heel beste verduideliking van ‘n uiters ingewikkelde saak!
Mooi Seegogga….as ek nou net n gewone blogger was sou ek nou ingeklim het en als van die 1e hfst al gelees het😅
Maar nou is jy nie gewoon nie, maar baie spesiaal!
Ag dankie Gogga💙💚💛💜
Nice blog