Ma se seksboek. brief 27 Bestellings

Liewe lesers

Baie dankie dat julle saam met my hierdie boekie deurgewerk  het. Dis deur julle inspirasie dat ek sover gekom het om dit te druk en uit te gee.  Die boekie is nog nog nie by boekwinkels beskikbaar nie, maar ek het reeds 152 verkoop, sommer so uit die hand uit, en ek kry ongelooflike goeie kommentaar terug, ook van mense wat nie weet dat ek dit self geskryf het nie.

Ek sien daar is iemand ( of dalk meer as een) wat besig is om die briefies stelselmatig deur te lees op die internet. Dankie dat u dit doen. Dit wys darem dat u dit interessant vind, anders sou u mos opgehou het.Wil u nie asseblief kommentaar lewer nie?

Indien u of enigiemand anders wat hier lees, die boekie wil aankoop, kan u vir my ‘n email stuur na annamarieg@telkomsa.net of na seegogga@gmail.com  Die koste is slegs R38+R10 posgeld=R48. Ek sal dit dadelik aanpos.

Nogmaals dankie vir julle almal se ondersteuning en inspirasie.

Baie groete.

Anna-Marie

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ma se seksboek. Bookmark the permalink.

2 Responses to Ma se seksboek. brief 27 Bestellings

  1. thysleroux sê:

    Wow, dis amazing!

    (Dankie dat jy daar by my plekkie kom inteken het! EK waardeer dit! 🙂 )

  2. seegogga sê:

    Ek dink weer jou sketse is amazing!

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s