Die UPSIDE van die DOWNSIDE van LOCKDOWN

3 weke van LOCKDOWN! Wie sou dit ooit kon dink? En aangesien ons nou mos moes dink aan iets waarin ons nooit ons kon indink nie, dink ons nou sommer ook aan ander goed waaraan ons nooit sou gedink het nie!

Planne! Planne om die inperking pret te maak ( en ja, ook hoe om te oorleef sonder om kens te raak of dalk ons lewensmaat te vermorsel). En ons boerevolkie is mos mense met planne. Elke dag lees ek op facebook van die snaakste planne, liedjies en grappies. Alles is nie sak en as in Suid Afrika nie!

Ook my kinders en ons het die geleentheid aangegryp om iets anders as die gewone te doen. So het hulle eers begin met koekies bak met hulle eie spruite, gekamp in die tuin, kompleet met tent, slaapsakke ens, geteken, geverf, en selfs ‘n whatsup konsert gehou vir ‘n maatjie wat verjaar het. Hulle het ‘n whatsup video-call kitaarles gehad by Martjie, ‘n oud-Bredasdorper wat nou musiekjuffrou is. Hulle het ook ‘n straatbraai gehou: al die bure voor in hulle eie erf, met eie kossies, maar almal saam in gees – en musiek vir die hele straat. Daar word ook whatsup tema- etes gehou, met my kinders wat eenkeer soos die Adamsfamilie aangetrek het.

Ook hier by Paleishuis op Bredasdorp, woeker en woel dit. Donderdag voor LOCKDOWN is daar vinnig woes planne beraam en die nodige aankope gedoen.

Die eerste 3 dae het my man my elke dag verras met ‘n blommetjie uit die tuin, nogal op sy knieë oorhandig. Toe begin die groot verf – ons HET mos nou tyd! Ons het ook ‘n straatbraai gereël. Nouja, die stormsterk wind het sommige bure laat uitdraai en dis te verstane. Die wind het darem later gaan lê, en ons en ons buurman oor die straat het heerlik gebraai, elkeen in sy eie erf en ons het heerlik in ons tuinpaadjie en op die gras gedans met oor-die-straat se musiek.

Nou is Paleishuis se sitkamermuur helder turkoois ipv wit, die tuinmuur is vol blommetjies, en gisteraand het ons boeresushi geëet, n.a.l.v. van Suzelle (en ek glo dit gaan ‘n nuwe manier van onthaal word in die toekoms, want dis heerlik). Die rakke en die kaste word uitgepak en reggepak en sodra die weer beter is, gaan ons kamp!

Liewe lesers, ek glo altyd dat dinge nooit net sleg is nie. Elke donker wolk het ‘n goue randjie. Elke sleg het sy eie goed. Daarvoor moet ‘n mens soek. Dit is die goed wat die mat onder jou uitruk, wat maak dat jy anders dink, nuwe planne maak en dinge ontdek wat in die toekoms dalk van groot waarde kan wees. Nuwe aanlyn studiekursesse, afstandsonderrig, aanlyn winkels, virtuele koerante en selfs internetkonserte word nou meer en meer . Een van die dae werk ons almal van die huis af – lekker in ons pajamas in die winter, of dalk in ons adamsgewaad in die somer!

Die DOWNSIDE het ook ‘n groot UPSIDE!

Doen julle iets spesiaal in hierdie spesiale tyd? Vertel ons asseblief daarvan!

voor LOCKDOWN:

0_img-20200327-wa00783994352019345370175.jpg

Nou:

IMG-20200403-WA0048

voor LOCKDOWN

img-20200402-wa00436843396344798575350.jpg

NOU

20200403_18542120200403_110246

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg. Bookmark the permalink.

19 Responses to Die UPSIDE van die DOWNSIDE van LOCKDOWN

  1. Baie produktief julle. Ek hou van die Krismisrose, op die straatmuur. Omdat ons afgetree is,en nie veel dorp toe gaan nie, is hierdie, maar ons normale leefwyse. Ons wou, ‘n rigting ry, wat nou van die baan is, want mense, bo 60, mag nie eers ry nie.

  2. Una sê:

    Seegogga, ek mis al ons bloggers hier op blogland! Jy het my nou heerlik toegelaat om saam met julle te kuier. Ek stem saam, niks is ooit net negatief nie, soveel goed gaan uit hierdie 5 weke gebore word.

  3. Jy is ‘n inspirasie vir ons almal! Die muur is so mooi en daardie krismisrose buite, is kunswerke!

  4. Kameel sê:

    Lockdown het definitief sy voordele ook. Ek dink ook daar gaan heelwat goed hieruit kom.

  5. Ai dis lekker om jou hier in Blogland te sien! Daardie turkoois mure is pragtig en die tuinmuurtjie sekerlik die mooiste in Suid-Afrika!

  6. seegogga sê:

    Ha Frannie, dalk nie die mooiste nie, maar beslis die enigste! Nou sal my kliente dalk nie so maklik verdwaal nie – as ek eendag ooit weer kliente kry….

  7. Toortsie sê:

    Al jou Afters is Baie mooier as jou befores. Hartlik geluk. Wat is jou nuwe projek?

  8. seegogga sê:

    A Toorts Dinsdag ga hulle begin swem!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s