Hierdie klassieke boek is as volg beskryf deur my dogter, wat dit gelees en geniet het.
Marty en Clem is pasgetroud. Hulle is op pad na die ( wilde) Weste om ‘n nuwe tuiste te skep. ‘n Fratsongeluk laat Marty alleen en swanger, met geen geld, skuiling of ‘n manier om terug te keer na die beskawing nie.
Op dieselfde dag as Clem se begrafnis, kom Clark tevore met ‘n voorstel. As sy met hom trou, in naam alleen, en ‘n mamma sal wees vir sy dogtertjie, sal hy vir haar voorsien deur die komende winter. Indien sy nie gelukkig is nie, sal hy vir haar betaal sodat sy in die lente die trein kan terugneem vanwaar sy gekom het. Het sy enigsinds ‘n keuse?
Janette Oke skep ‘n prentjie van geluk en hartseer, vriendskap en omgee in ‘n klein gemeenskap waar mense bereid is om mekaar te help ten alle koste. Ook Marty moet aanpas by die plaaslewe en werp haar voluit in die nuwe , onbekende rol as boervrou en ma.
Loves comes Softly is ‘n klassieke verhaal wat na 40 jaar weer nuut uitgegee is. Dit lees maklik en is ook geskik vir jong lesers. Die leser leef saam met Marty deur haar routydperk en al die onbekende uitdagings op die plaas. Die leser word vasgevang in Marty en Clark se aanvanklik formele verhouding waar daar slegs gepraat word wanneer dit uiters noodsaaklik is, tot dit ontvou waar hulle mekaar begin verstaan en ‘n hegte omgee ontwikkel.
Love comes Softly is geskryf deur Janette Oke en is nou weer beskikbaar by Cum Boeke.
Dankie hiervoor! Dis die tipe boek wat ek ook graag sal wil lees.
ek verbeel my ek het dit lank gelede gelees. Toe ek dit google vind ek uit dat dit n ou “classic” is, wat nou nuut n vars uitgegee is en lekker lees.
Lekker! 😁
Ja! Daar is ook n fliek ! Dis die fliek wat ek gesien het n hele paar jaar gelede
Ek hou van sommer net ‘n mooi liefdesverhaal.
netso! Ek ook
Seegogga, hierdie boek is tussen myne ook. Nou besig om dit te lees. 😁
Ek dink ek het al haar boeke gelees, Seegogga. Sy en Catherine Cookson is van my ‘net afskakel’ skrywers.
lekker! Ek het nie eers geweet van haar nie. Maar ek het hierdie storie in fliekform gesien en baie geniet. wil nou graag die boek lees. My kind het dit geniet.
Seegogga, ek is mal oor skoon stories wat oor totaal ander mense as in my land gaan. Dit help my ontvlug, en dit streel my siel soos Janette Oke dit skryf.
ek stem Una! Gee my ook n mooi skoon liefdesverhaal! Ek soek nie buite-egtelike affairs ens nie. Ek sal nog boeke van haar moet gaan soek.
Ek het ook die fliek gesien en dit was amasing. Dit was sommer weer lekker om hiervan by jou te kom lees. Dit laat ‘n lekker sagte, goeie gevoel as mens klaar is…
Hier is die volledige fliek op youtube! Geniet dit!
Terug pieng: ISBN – toortsie.com
Die Wille Weste!
Ek was mal oor “Westerns” en ek het altyd gedink om ‘n Suid Afrikaanse Western of drie te skryf… ek meen, ons mense het ook hulle eie wille westes ingeslaan!
Dankie vir die herhinneringe… miskien moet ek ‘n storie of vier uit my duim suig! 😁
noujaa, waarvoor wag jy? Ons sal graag lees!
Ek sal ‘n bietjie kopkrap… 🥴🤔😁
Terug pieng: Gooi-gooi so! – toortsie.com
Terug pieng: Love comes softly – Janette Oke – toortsie.com