Hier is die slot van ‘n vervolgverhaal .Hierdie inskrywing vorm deel van ‘n bloguitdaging wat ‘n groep dames, bekend as die towerinne van Rebusfontein, uitgedaag het om ‘n storie saam vertel. Elke episode is deur iemand anders geskryf.
Kliek HIER om die verhaal van die begin af te lees.
‘n Babelse lawaai bars skielik los en al die Rebusfonteinhonde storm blaffend na buite. Die katte gee verskrikte miaaus en laat spaander in alle rigtings. Seegogga se Bekkie fluit hard en vlieg vinnig kombuis toe.
Hester en Vuurvliegie spring vinnig agter die honde aan en is net betyds om te sien hoe Broodina se motortjie om die hoek verdwyn, met sersant Gigaba se motorfiets agterna.
Seegogga spring op en af. ” Ek weet wat ons moet doen!” roep sy opgewonde. “Ons moet almal ouetehuis toe gaan!”
Nog ‘n lawaai bars los soos die Towerinne almal gelyk uitbars.
” Nooit! Ek is nog te jonk!” roep Virgo C ontsteld.
“Waddehel. Is jy bedinges?” vra Hester.
“Ek loop en val, maar dis darem nie sooo erg nie!” Kameel glimlag valerig.
“Gaan vlieg!” sê Trommeltjies.
“‘n Ouetehuis het sy voordele, maar…”sê Toortsie versigtig.
“Nee, nee , ons gaan nie daar wóón nie, ons gaan net daar kuier… of wag: Ek en Christa gaan. Perdebytjie en Hester, gaan julle weer watervalle toe . Kyk of julle enige bewyse kry. Neem foto’s van enigiets wat verdag lyk.
“Vuurvliegie en Frannie, kontak asb tog weer daardie vriendin van die argiewe. Soek koerantberigte oor Eden. Enigiets.
“Una, en Bondels, ondersoek asb daardie horlosie , sleutel en juwele deeglik. Ek weet sulke goed het oral geheime wegsteekplekkies en met julle ondervinding, kry julle dalk iets.
“Scrapy, praaat tog asb weer met die diere. Dalk vind jy nog iets uit.
“Woordnoot, Positief en Toorts, sal julle asb die fort hier hou? Maak vir ons lekker kos. Virgo, die kan witblits is daar agter in my kombuis. Maak solank ‘n lekker kaggelvuurtjie en kry die glasies reg. Ek vermoed ons gaan dit nodig kry. Ek weet jy het bestanddele vir lekker tiramiso en ander lekkernye, Toorts, en dan ontmoet ons mekaar vannaand hier in my huisie. Kameel, dalk kan jy en Camilla konnek met die dode… of iets. “)
“Ja-nee, hierdie geheime moet nou finaal ontrafel word!” sê Vuurvliegie. “Dis nou tyd vir NanoWriMo 2019! “‘n Hele paar Towerinne knik instemmend. Seegogga kyk hulle bietjie groenerig aan.
“Wat gaan ons by die ouetehuis doen? vra Christa toe sy en Seegogga alleen is.
“Wel Toortsie se ouma het mos ‘n tannie Kokkie daar geken. Sy is lankal oorlede, maar ek is amper seker Broodina se oumagrootjie was ook daar – en na haar was haar ouma of oupa seker ook daar. Ons moet gaan uitvind…”
Dit is skemer toe die towerinne weer in Seegogga se sitkamertjie vergader. In die kaggel brand ‘n gesellige vuurtjie.
Toe almal agteroor sit met ‘n klein frangelico’tjie om die tonge los te maak, begin hulle vertel.
Perdebytjie en Hester vertel opgewonde van die versteekte graf met die ou houtkruisie op, en Perdebytjie wys die foto. Daar is egter geen naam by nie.
“Ons het toe tog ‘n koerantberig gekry!” Vuurvliegie lees die berig wat Frannie in haar hand stop:
“TRAGISH ONGEVAL OP EDEN HEEFT EEN LEVEN GEKOST
Isabelle Angelwood crashte tragisch op Vrijdag 13 November 1865 toen ze zogenaamd bovenop de Eden-krans gleed. Ze stortte neer met de waterval. Isabelle heeft een psychishe stoornis sinds de onverklaarbare verdwijning van haar broers jaren geleden. Ze liep vaak rond de klif. Er wordt geen misdrijjf vermoed.”
“My vriendin by die argiewe het dit vir ons in Afrikaans vertaal.”, sê Frannie.
“TRAGIESE ONGELUK OP EDEN EIS LEWE.
Isabelle Angelwoord het Vrydag 13 Nov1865 tragies verongeluk toe sy vermoedelik gegly het bo-op die Edenkrans. sy het saam met die waterval na benede gestort. Isabelle het volgens gerugte aan ‘n geestelike versteuring gely sedert haar broers se onverklaarbare verdwyning jare gelede . Sy het dikwels by die krans rondgedwaal. Geen misdaad word vermoed nie.”
“Dan is dit haar graf daar by die waterval. Ek wonder wie sou die kruisie daar gesit het?” Vuurvliegie frons.
Una en Bondels kan nie wag om hulle ontdekking te wys nie – ‘n klein dik opgevoude papiertjie.
“Dit was agter die foto’tjie van Charlotte in die ou horlosie”, vertel Bondels. “Una het geweet dat daar ‘n groot holte moes wees, want die foto is mos reguit en die horlosie se agterste dekseltjie is mos gerond.”
Una vee ‘n traantjie af, en dan lees sy:
“ My liefste liefste Leonard. Ek het jou lief met my hele hart. Jou huweliksaansoek is die mooiste ding wat ooit met my gebeur het. Al die jare wat ek deur Joseph misbruik is, en deur my pa, Isabel en Sophia afgekraak en afgebreek en gevange gehou is, verdwyn soos mis voo r die son as ek aan jou dink. Leonard, dankie dat jy my aanvaar, ten spyte van my treurige verlede. Jy is die eerste persoon wat my sien vir wie ek is. Maar ek is bang vir Sophia. Sy is baie jaloers. Wees asb versigtig Leonard! Ek smag na jou arms om my en ons lewe saam, veilig en ver van hier. Versigtig my liefste! Jou Charlotte.”
Una snik nou soos sy huil en Kameel, Bondels, Woordnoot en ‘n paar ander vee ook trane af.
“Julle weet nie hoe erg dit is nie!” huil Bondels. “Die arme, arme Charlotte!”
“Dis wat ek wou vertel,” sê Scrapy. “Die uile was daar toe Sophia vir Leonard doodgesteek het! Nou nie my uile nie, né! Maar uile onthou en vertel mekaar en dra kennis oor. Dit s hoekom hulle so wys is.”
“Soos olifante” sê Perdebytjie.
Scrapy knik.
“Ek dink jy moet vir hulle vertel, Seegogga!” sê Christa. “Maar ek dink ons het regtig nou witblits nodig. Frangelico is lekker , maar ons hou die res liewer vir na ete. Ons het nou krag nodig!” Virgo skink, Toorsie bring heerlike kasies, biltong, Lorenzo se mini pizza’s en van tannie Frannie se broodjies en suurvytjiekonfyt. Eenkant staan Toortsie se tiramisu en wag, met die Frangelico daarnaas.
Christa maak keel skoon, “Ons het Broodina se oupa en ouma opgespoor! Hulle albei leef nog en haar oupa ken ‘n paar van die stories wat sy ma, Broodina se oumagrootjie, vir hom vertel het. Sy vrou het altyd gedink hy skiet spek, maar ons weet van beter né!”
“Kom ons begin by die begin.” Seegogga pluk haar aantekeninge uit en frons. ” Soos ek die saak ontleed het…
” Soos Hercule Poirot”
“Of Sherlock Holmes!”
“of Monk!””
“en wat van miss Marple?” Die Towerinne se gesigte is vol duiweltjies.
“Nee, eee …Soos Seegogga!” kry Seegogga haar kop weer agtermekaar. “…het ou oom Angelwood, vader van Leonard en Isabelle, met Joseph se ma getrou na hy wewenaar geword het en Joseph as sy eie aangeneem. Joseph was egter van kleinsaf afgunstig op op sy stiefbroer en suster. Hy was gewoond om die enigste kind te wees en sy ma se oogappel. Die fout wat die oom gemaak het, was om vir sy nuwe vrou ‘n pragtige opaal armband, met ‘n hele klomp hoë gehalte opaalsteentjies te gee.”
“Die armband wat Camilla dra?”
“Ja, Kameel. Isabella het die armband by haar ma ge-erf , en dit weer later vir haar dogtertjie gegee , maar die kind is dood aan breinvliesontsteking. Toe vat Broodina se oumagrootjie dit maar. Maar moenie bekommerd wees nie, Camilla is veilig. Ek sal later vertel van die armband.”
Toe die kinders grootword en die twee oumense afsterf, het dit waarskynlik alreeds baie swaar gegaan op Eden. Isabella, met haar hooghartige houding, het Joseph gedwing om met Sophia te trou. Volgens die argiewe was Sophia was ‘n weeskind, ryk agtergelaat deur haar vermoënde ouers. Dit het die Eden landgoed gered.
“Mev Marks en mnr Hardy het daar kom werk en hulle dogter, Charlotte, het in die kombuis kom help. Joseph was gefassineer deur die pragtige jong meisie. Soos julle weet, was hy nie lief vir Sophia nie, en sy het ook gou agtergekom dat die huwelik net oor haar erfporsie gegaan het. Sy het verlief geraak op die enigste eerlike man, Joseph se halfbroer, Leonard. Leonard was ‘n kunstenaar en het graag geskilder. Geld en aansien het nie vir hom saak gemaak nie.”
” Maar wat dan van sy verhouding met Sophia?” vra Toortsie.”It takes two to tango”.
“Wel, Leonard, was jonk en enkellopend en Sophia, as meer ervare vrou, was baie verleidelik. Sy was mal oor hom. Hy het geval vir haar strikke en geglo dat hy ook op haar verlief is, maar het later besef dat dit maar slegs oppervlakkig is en dat hulle eintlik niks in gemeen het nie. Boonop was sy getroud.”
”Soos in The Graduate” knik Hester.
“Ja, maar sy wou dit nie aanvaar nie – soos daardie fanatiese vroue wat mens soms kry.”
“Play Misty for me” knik Woordnoot.
“Die draaipunt het gekom toe Charlotte Joseph se babatjie begin verwag”,gaan Seegogga voort.”Soos baie landhere van die tyd, het Joseph hom op Charlotte afgedwing en sy, diensmeisie, het nie ‘n sê in die saak gehad nie. As sy haar sou teësit, sou haar ouers hulle werk verloor en hulle sou op straat sit. Toe raak sy swanger. Leonard was baie verontwaardig toe hy dit hoor, maar meer nog toe sy suster die arme Charlotte in die kelder begin toesluit. Sy het hom die dood voor die oë gesweer as hy sou probeer om Charlotte daar uit te kry.
“Leonard het begin om vir Charlotte in die kelder te besoek, en het met haar gesels. Soms het hy haar uitgeneem na die grot toe, en vandaar na buite, sodat sy darem ook vars lug en son kon kry. Hulle het soms in die poel geswem , en hy het begin besef dat sy die vrou van sy drome is. Dit is hý wat die skilderye van die twee vroue in sy lewe gemaak het – die vermoënde Sophia en die sagte Charlotte. Daardie seuntjie, klein Thomas, was eintlik sy en Charlotte se liefdesbaba, maar niemand het dit geweet nie.”
“MMM Ek het geweeet! snik Kameel. ‘”Leonard was so edel!”
“Leonard hét Charlotte gevra om met hom te trou” vertel Seegogga verder. “Hulle twee het beplan om saam êrens, ver van Eden af te gaan woon, maar die probleem was dat hulle niks gehad het om van te leef nie. Ek vermoed dat Leonard sy broer, Joseph, gekonfronteer het oor Charlotte en hom ook om sy deel van die erfporsie gevra het, sodat hy haar kon wegneem. Hulle het aan die stry geraak en Joseph het begin handgemeen raak. Leonard het hom weggestamp en Joseph het perongeluk met sy slaap teen die skerp hoek van die swaar ou bedkassie geval. Joseph het so gesterf..
“Mnr Hardy en sy seun, Karel, het Joseph se liggaam uitgedra en net buite die grot weggesteek. Hulle het dit nie begrawe nie – ek weet nie hoekom nie, maar ek vermoed hulle het gedink dat daar nooit iemand kom nie, en dat die jakkalse en aasvoels gou van die liggaam sou ontslae raak.”
“Dis baie erg! ” Woordnoot gril.
“Ja, Leonard het verskriklik sleg gevoel en die volgende dag na Joseph se liggaam gaan soek.”
“En dit toe gekry ook” vat Christa oor. “Op daardie oomblik, toe hy by sy broer se lyk staan en weën, het Sophia hom gekry – en doodgesteek.”
“Hell hath no fury like a woman scorned,” sug Hester.
“Wel, Sophia het koelbloedig aangegaan of niks gebeur het nie, maar sy wou ontslae raak van Charlotte, want Charlotte was die persoon wat haar Leonard van haar af gesteel het. Toe sit sy die slang in die grot.”
‘Dinge het egter nie heeltemal gebeur soos sy beplan nie nie,” vertel Seegogga verder.
“Charlotte het van die leer afgeval en haar nek gebreek. Om seker te maak dat sy dood is, het Sophia haar met die mes ook gesteek- maar die slang wat sy vir Charlotte daar geplant het, het haar kinders doodgebyt. Hardy het die slang vermorsel en sou haar dalk ook aangeval het, omdat hy weet dat dit sy was wat die oorsaak van die kwaad was, maar Sophia was te vinnig vir hom en het met haar skerp mes ook vir hom doodgesteek. Mev Marks het van vrees weggekruip, en Sophia het haar nie gesien nie, anders was sy ook seker weg. Toe vlug Sophia weg van Eden af.”
“Dis absoluut verskriklik!” Frannie ril.
“Die hoë ideale wat Isabella vir Eden gehad het, was in skerwe.” vertel Seegogga verder.
“Daar het vir haar niks oorgebly nie. Sy het die armband vir haar dogtertjie gaan gee en ek vermoed sy het toe van die krans gaan afgespring.”
“Of Sophia het haar daar afgestamp” – sê Vuurvliegie nadenkend. “Julle, Eden is ‘n bose plek – en om te dink ons het daar rondgesnuffel!”
“Dit het natuurlik al so ‘n honderd jaar gelede gebeur, maar ek het rillings teen my ruggraat afgekry toe ek weer daar in die biblioteek gaan ondersoek instel het. Ek voel doodseker dat die geeste nog daar ronddwaal in die gange van daardie ou huis!” Kameel ril.
“Maar wat dan van mev Marks?”vra Positief. “En Karel?”
” Mev Marks sou seker ook gesterf het, maar sy het weggekruip van vrees en Sophia het haar nie gesien nie.” vertel Christa. “Sy het weggehardloop en later as tannie Kokkie by ander mense werk gekry. Karel het sy vader se liggaam gaan begrawe, ons weet nie waar nie, en beplan om met sy dogtertjie ‘n ander heenkome te soek. Ongelukkig het sy breinvliesontsteking gekry en gesterf. Hy het weggetrek, niemand weet waarheen nie.”
Dit is stil in die Rhebushuisie. Almal sit verslae.
‘Maar waar kom die armband dan in?” vra Frannie. “Wel”, sê Seegogga, “Broodina se oumagrootjie het toe maar die armband geneem en later vir haar seun se vrou, Broodina se ouma, gegee. So het dit toe het Broodina s’n geword. Maar ai dat ‘n armband nou soveel ongeluk kan bring! ”
“Volgens oorlewering is Opaal mos Oktobermaand se geboortesteen.” sê Woordnoot nadenkend.
“Ja, dit is ongelukkig vir iemand om opaal te dra as jy nie in Oktober gebore is nie.” sê Seegogga. “Die armband was die groot fout. Isabella en nie een van de ander Angelwoods was in Okt gebore nie!” Seegogga sug. Sy is skoon uitgeput van al die draaie en kinkels wat sy moes uitpluis.
Net toe kom Camilla haastig die vertrek ingewaai. “‘Kom kyk!”
“Haal af daardie armband!” gil die towerinne almal deurmekaar.”
“Ontspan julle! Camilla verjaar in Oktober” sê Kameel bedaard, “né, Camillatjie? ”
“Ja, 24 Oktober”, sê Camilla verbaas, “maar kom kyk hier buite!”
Sy storm weer na buite. Die naghemel is helder verlig deur ‘n vlammegloed. Eden brand af! Verslae kyk ons almal na die vuurvlamme op die horison. Dis duidelik dat daar van die huis niks gaan oorbly nie en dat dit tot op die grond gaan afbrand.
“Daar gaan ons biblioteek”. se Kameel.
“Ek gee glad nie om nie – ek wil nooit weer daarheen gaan nie!” sê Positief. Al die towerinne beaam dit stilweg. Ten spyte van die vuurgloed ril ons.
Toe hoor ons dit: Die lang onaardse geluid wat deur murg en been gril- ‘n lang uitgerekte tjankhuilgil van ‘n vrou.
Jo, Seegogga. Ek het amper vergeet om asem te haal. Joe, joe. Puik, puik. Briljant het jy ons avontuur wraggies Gone with The Wind afgesluit. ❤🏆🏅✏📚💐💐Bravo!
Dankie Vuurvliegie! Dit was moeilik om al die los drade saaam te voeg.. Maar ons soek nie so n nagmerriehuis naby Rhebosfontein nie- hy moes weg!
Sjoe! Ook ek het vergeet om asem te haal. Bravo! Uitstekend geskryf.
En daardie laaste, lang gil?
….word vervolg🤔😎🤣
o gaats. Ons gaan beslis nagmerries kry
Sal ons nog ‘n ou herhuis gaan soek om te restoureer Vuurvliegie? Ek sit wraggies hier met koue rillings.
Nee, nee. Ek terg. Dit het gerindig soos die rillers… Kom ons sit net vir ‘n ruk langbeen innie son of laat daai mooi man vir ons kom tjello speel en dink feëverhale vir julle krose se krose uit. Iets veilig. 🤗📚✏
Sê ek ook. Glo my vry ek voel rêgtig soos na ‘n rillerfliek…. dis hoekom ek hulle nie kyk nie. Ja waar is daardie mooie tjellospeler dat ons kan ontspan.
ek dink ons het daai tjellomusiek nou nodig! saam met die tjellis, natuurlik
👌😉
Wel onrustige geeste gil soms so…..
Broodina?
Dalk. Maar ek dink dit was n spook
Ek dink jy is heeltemal reg, maar watter spook sal dit wees? Oeeee dis erg!
ne Toortsie, ek weet self nie!
Dis nou vir jou om te besluit
Jy is ‘n uitstekende skrywer.
Baie dankie Tootsie. Jy en Vuurvliegie laat my bloos!
baie dankie , Toorts.
Alles nou weer reg. Jou kommentaar verskyn nou weer waar dit hoort! En ek is baie trots daarop!
Was dit iewers versteek?
Ja en toe ek soek staan daar 2 kommentare by ” pending”
Ek dink dis n spook
Daardie laaste sin het my koue rillings gegee…Dankie dat jy die plek laat afbrand het, stem saam – ons wil nie soiets naby Rebusfontein hê nie!
Ja hy moes weg Frannie!
Netjies al die drade saamgevat… puik! Dis filmmateriaal.
Nogal ook gedink dit kan n lekker horromovie wees
Sjoe, ek is die ene hoendervleis, Seegogga. Jy het my volle aandag vir die lees van jou stuk gehad, en die ratte in my brein was hengheid besig! Geluk, jy het dit puik gedoen, ons het ń einde…💃💃💃
Ek hoop alles is verklaar!
Ek glo so.😉🤗
Ek weet nie waar die pos heen verdwyn hey nie. Jille laat my bloos. Dankie vir d mooi kommentaar. Ek sal later op rekenaar gaan soek
Ek sal beslis hierdie boek weer moet her lees, puik Seegogga! Dit was nou omtrent ń asem ophou einde. Al die tyd het ek gedink my droom was in Eden se verlede, toe was dit eintlik in die toekoms. Wouw, wie ookal daar gegil het wou he ons moet Rebusfontein se raaisels oplos. Dalk was dit die spook lol.
Dankie, Trommels, Ek het ook heeltyd gewonder waar die vuur dan in die storie gaan inkom.
Ek kry nou sulke lekkerkryrille. Dankie, Seegogga – dis ‘n voortreflike einde vir ons verhaal. Darem jammer ons het nie ‘n paar van daardie boeke gered voordat hulle daarmee heen is nie! Dalk ook maar beter dat die verlede daar bly – in die verlede. Nou moet ons net die geraamtes gaan begrawe sodat ons kan ontspan by die waterval.
kan iemand ander nie maar vir die geraamtes sorg nie? ek voel bietjie week in die kniee. Waaar is Lorenzo???
Lorenzo hou die daarvan om die dooies te steur nie …
Ja ek nogal daaraan gedink. Kom ons los dit vir Broodina en die polisie. Dan kry die ongelukkige vrou uiteindelik iets om oor te skryf en los sy ons dalk uit. Ek dink ons towerinne is nou eerz klaar met die bib, behalwe dat jy dalk ons storie in ‘n boek kan verander.
Ek sal Vuurvliegie se hulp inroep. Laat ons net eers klaarmaak met NaNoWriMo.
Neem jy oook deel?
Ja, ek het besluit om minder lui te wees en iets te doen hier voor krismis.
Ek sit sowaar as wraggies hier met hartkloppings. Sjoe jy het ook my volle aandag gehad. Beter dat die huis afgebrand het… ek sou nie lekker in daardie biblioteek ontspan het nie. Dankie seegogga, welgedaan!!!
Ek sê weer…..ons Towerinne se saamskryf moet in n boek opgeneem word! Hierdie is mos ‘n gespesialiseerde skryfstyl volgens daai girl op Frannie se blad! Seegogga…jy is meesterlik en al ons vrae is beantwoord…jy het dit so goed saamgevat! Bravo!
Woordnoot ek het ‘n idee dat daardie blik doom van jou ontplof en die brand begin het. Ok ok dis ‘n flou grappie maar ek moet my aandag nou aflei van die riller… en veral daardie laaste gil.
Dis dan die blerrie spinnekoppe se skuld! As hulle nie so nes gemaak het nie was die Doom nou onnodig….en ek moet erken….ek het 24 blikkies saamgevat. Dit kon baie maklik die ontploffing veroorsaak het!😨
Nou sien daar is ons Skotse biblioteek met jou Doom daarmee heen!!! Liewe die naam is baie vanpas. DOOM!!! Dit is al wat Eden was die huis van Doom 😨
Skerp Kameel, baie skerp! House of Doom en KADOOM! Poef, weg!! Hahahah
EN DAN IS DIE SPINNEKOPPE OOK NOG DAARMEE HEEN!
YES!!! Iets goeds het hier uitgevloei…sorry Bytjie
ha ha 24 blikkies??
Ja onthou daar was n paar eeue se spinnejakke..hulle kon ons lewend opgevreet het
Ek wou nog d spinnrkoppe deel vd oplossing maak, toe vergeet ek! Hulle kom sophia of iemand doodgebyt het of toegespin het!
Jy sien!! Mens dink hulle is klein….maar klein goedjies groot gif!!
Ek stem! Dankie tog vir al daardie doom!
Dit klink mos wonderlik!
O julle is sooo oulik! Julle laat my nou lekker lag!
Ek het nie die hele verhaal gevolg nie… Maar dit wat ek deur die tyd raakgelees het was puik puik puik! Welgedaan julle!
Onns mis jou bydraes!
Sjoe, dit is briljant geskryf. Anders as wat ek verwag het, maar dit is die lekker van saamskryg
Ja nes mens dink jy kom agter die kap vd byl, kom iemand ander met n ander Kaapse draai! Dit was die hele storie deur si, en dit was baie uitdagend om 1 einde te kry!
Ek stem saam, dit was moeilik om by te hou. Ek het van Sophia gehou, dit was dus vir my wild dat sy so uitgedraai het.
O gaats kameel se held was weer Leonard.. die ding is: die moordenaar moet die een wees wat jy nie verwag nie. As dit mnr Hardy was, was dit tw voorspelbaar. Hy qas vd begin af kwaai en verdag. So ook Isabella.
Ek stem heeltemal saam
O gaats. Die moeolikheid is dat die moordenaar die ern moet wees aaran n mens dit die minste verwag, dws nie Isabelle of mnr Hardy nie. Rk het op n stad gedink dit moet Cara wees of haar boetie, maar toe sterf die tweetjies! Dit kon dalk ook Mev Marks gewees het, maar rk kon nie aan n behoorlike motief dink nie. Dalk moes fit Broodina se oumagrootjie gewees het! Sy het immers Isabella se armband gehad!
Nee wat, jy was puik. Ek het dit geniet
Woweee, wat ‘n puik einde. Knap gedaan aan al die skrywes hoor!! Ek is dankbaar ons kan nou weer rustig raak op Rebusfontein!!
dit was omtrent senutergend. ek was elke keer so verbaas (en geskok!) oor almal se uitstekende skrywe en die kinkels en draaie wat almal uitgedink het! ek dink ons het n “mooi” storie!
Ek moes van hooftuk 16 af gaan lees het vandag. Sjoe wat ‘n uitstekende einde. En daai gil?? wie se spook kon dit nou wees. Dankie aan al die Towerinne vir ‘n uitstekende storie, nou kan ons gaan vakansie hou. Is daar nog Frangelico oor, ek kort bietjie vir die senuwees
Sjoe, Anna-Marie, ‘n wonderlike slot episode! Welgedaan, Towerinne. Ekhet dit baie geniet.
Liefde, Lynn
On Mon, 11 Nov 2019 at 01:35, Seegogga se Bloggie wrote:
> seegogga posted: “Hier is die slot van ‘n vervolgverhaal .Hierdie > inskrywing vorm deel van ‘n bloguitdaging wat ‘n groep dames, bekend as die > towerinne van Rebusfontein, uitgedaag het om ‘n storie saam vertel. Elke > episode is deur iemand anders geskryf. Kliek HIER om ” >
So bly jy het dit geniet!