I believe I can Fly 9

 

bekkie 3

Ek is Bekkie en ek is die baas van die plaas, né!

Ag my blou voëltjie, Bekkie, is vir my baie mooi. Hy is nou 15 jaar oud, ken sy area en sou nou en dan glip hy deur ‘n oop venster, sommer net om ons ‘n bietjie te laat regop sit.

Maandag was dit weer sulke tyd, deur die badkamervenster wat oop vergeet is. Toe ek hom soek, sit hy doodstil op die balk van die afdak. Op sulke tye antwoord hy nie – hy sit doodstil en geniet dit dat ons hom soek, en lyk baie skuldig. Die oomblik wat ek hom kry, klim hy stroopsoet op my hand af, of vlieg dadelik terug kombuis toe- baie verlig dat ons hom gekry het en die speletjie oor is.

bekkie

Bekkie op die balk onder die afdak. as jy hom goed ken sal jy sien dat su gesigsuitdrukking hier heel anders as op die foto heel bo. ” Ek sit nou hier buite en wat nou?

Baie sogenaamde papagaailiefhebbers veroordeel my vreeslik omdat ek nie sy vlerkies knip nie. Ek glo egter voëltjies is geskape om te kan vlieg. As jy nie wil hê jou voël moet vlieg nie, koop vir jou ‘n volstruis.

Ringnekke vlieg soos swaeltjies en om hulle dit te ontneem, is om hulle hele voëlwees aan te tas, te ontken, en te beskadig.

Die vliegoefeninge is vir hulle nodig vir ‘n langer lewe, dis noodsaaklik om te vlug van gevaar en ek glo voëls wat nie kan vlieg nie, ly baie meer aan stres as die wat wel kan beweeg soos hulle geskape is.

Ja, natuurlik kan hy wegvlieg. Natuurlik kan ‘n valk hom vang – of hond, kat of mens.

Maar netso kan die geknipte voëltjie ook uitkom ( want hy verbeel hom steeds hy kan vlieg, hy skrik ook soms en partykeer wil hy ook graag die wereld sien)- met die verskil dat hy eintlik geen kans het om te ontvlug van gevaar af nie. Of hy val en beseer hom ernstig sommer in sy eie huis – van sy stokkie af, van ‘n stoel af of enige ander plek, omdat sy balans versteur is. Hy kan nie vlug van ‘n hond of kat af nie. Hy fladder in goed vas; hy verduur baie keer baie pyn, agv die verkeerde knip van vere, sommige vere se skag is oop en baie pynlik.

Voëlliefhebbers verkies egter om nooit hierdie nadele te noem nie – dit word stilweg verswyg.

Verskillende diere het verskillende reaksies op gevaar. Voëls het die vlug reaksie. Die vlerke is essensieel om vinnig weg te vlug, want hulle kan nie vinnig hardloop soos die meeste ander diere nie. Ek glo hulle voel baie weerloos en gestres as hulle skrik of bang is, omdat hulle nie vinnig kan vlug nie.

Die knip van vlerke is veronderstel om die band tussen eienaar en voël te versterk, omdat die papagaai dan meer afhanklik is van sy eienaar. Dit laat my baie dink aan die leeus in sirkusse se tande en naels wat getrek word sodat hulle nie die eienaar kan byt nie, en totaal afhanklik is van die eienaar.

Hopelik kom daar eendag ‘n wet teen die selfsugtige knip van vlerke, maar kom, laat ek nie te veel wroeg nie, ek sit liewer ‘n paar foto’tjies op van die papagaai in my huis wat ek die afgelope ruk geneem het.

As julle mooi kyk sal julle sien dat Bekkie al die blik se deksel ‘n bietjie bewerk het om dit oop te maak.

 

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Voels en beginsels: I believe I can fly and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

18 Responses to I believe I can Fly 9

  1. Una sê:

    Seegogga, ek is so met jou wat hierdie onderwerp aanbetref. Ek is die ouma wat haar kleinkinders oorhaal om die voëlhokkies oop te los en te kyk hoe hulle hul nuwe vryheid tegemoet vlieg.🙈

  2. seegogga sê:

    Ag ja, Una. Die probleem is dat hokvoeltjies nie altyd in die natuur kan oorleef nie. Eintlik moet oels as troetediere verbied word, tensy jy ‘n baie spesiale permit het – en voehokkies ook!

  3. Toortsie sê:

    Jou Bekkie is pragtig. Ek wonder nog altyd hoe jy hom in die begin geleer het om nie weg te vlieg nie?

    • seegogga sê:

      Dis die ding, Toortsie, ek het hom nie geleer nie! Ek het wel geweet ek moet met hom in die tuin en om die huis rondstap, wat ek ook gedoen het. Hy was baie mak en heeltyd in my geselskap en het graag na my toe gevlieg as ek iets geëet het, want hulle wil alles eet wat jy eet. Ek het toe nog nie besef dat ek dit vir hom kan leer nie. Toe hy die eerste keer per ongeluk uitvlieg was hy net weg, hoewel ek hom nie gesien ver vlieg het nie. Ek het geroep, maar hy het nie gekom nie. Ons het daardie aand gebraai en was hartseer, oortuig dat dit die laaste sien was. Toe ons nou om die tafel daar buite by die braaiplek gaan sit en begin eet, kom land hy skielik vanuit die naaste boom by ons op die tafel! Vandag weet ek dat dit moontlik is om hulle te leer om op bevel na jou toe te vlieg, en ek raai dit vir elke papagaai eienaar aan. Daar is oulike video’s op youtube daaroor.

  4. Kameel sê:

    Kry vir jou ‘n volstruis…. het nou lekker gegrinnik. Ek lief daardie voëltjie van jou!!!

    • seegogga sê:

      Die papagaaieienaars gaan my kruisig!

      • Kameel sê:

        Ek voel ook jammer vir voëls in hokke… maar ek sou sooooo graag ‘n African Grey wou gehad het wat praat. Hulle is een groot plesier. Nie so mooi soos jou voël nie!!!

      • seegogga sê:

        Ai Kameel, African Greys is fatasiese intelligente voels!. Die moeilikheid is dat hulle konstant gestimuleer moet word. Verder word hulle 80+ jaar oud. Sien jy kans om vir 80jr na ‘n 5 jarige kind te kyk? Verder is ‘n papagaai iwat los in die huis is, taamlik destrutief. Boeke, meubels en loop maar deur.

  5. Bekkie is te pragtig Seegogga.

    • seegogga sê:

      Dankie Hester, die vabond kan lekker kwaad doen, maar darem niks wat nie vervang kan word nie. Hy het dit in die laaste tyd baie geniet om my potlode fyn te kou en alles wat hy in my raamplek jan afstamp af te stamp. Maar pragtig is hy beslis!

      • Ons het ‘n gele gehad, ‘n wyfie, maar sy was ‘n regte terror. Ek was so bly toe ‘n teler haar by ons oorgeneem het, want die voël kon my regtig net nie verdra nie.

      • seegogga sê:

        Ek het ook so ‘n geel wyfie gehhad het wat ‘n terrror was. Ek het haar as volwassene gekry by mense wat haatr nie meer wo gehad het nie. Ek gl die ame voel is ongenadiglik geterg, want sy was beslis geestesversterd. Ek het haar later maar by butterfly world gaan afgee. en soos jy weet, byt hulle seeer! Maar Bekkie byt nie.

  6. Christa Klose sê:

    Ja Anne-marie, ek is een van daai voëlkenners wat met jou verskil. Wanneer ‘n mens daai besluit neem om nie jou papegaai se vlerke te knip nie moet jy die verantwoordelikheid hê om vir hom free flight klasse te laat neem. Jou Bekkie is pragtig maar glo my as ek vir jou sê hy is een uit ‘n miljoen wat nie wegvlieg van sy huis nie. Op Laat Waai Papegaai en al die ander papegaai blaaie sien ons daagliks honderde papegaaie weg vlieg. Wat nooit gevind word nie. Ons sien eienaars wat vir maande wroeg omdat hulle nie weet waar is hulle verekind nie. Papegaaie eindig op in die plakkerskampe en word in klein selfgemaakte hokkies geprop. Papegaaitjies wie se bekkies heeltemal afgeruk word deur katte, honde en roof voëls. Maar nie dood is nie en vir dae onder n bos lê in pyn voor hy gevind word of sterf. En nee, as sy vere reg geknip is kan hy nie val en sy borsie breek nie. Hy kan ook nie weg vlieg nie. Maar dit is wanneer eienaars besluit om n paar rand te spaar en dit self te doen wat sulke ongelukke gebeur. Ek glo ook nie in hokke nie daarom knip ek my papegaai se vere sodat sy vry in die huis kan rondloop. Ek glo in “You become responsible forever for what you’ve tamed.”
    Jy is verantwoordelik vir jou papegaai se veiligheid. Op WELKE manier jy dit ookal wil doen. Maar om ‘n papegaai vry te laat rondvlieg en maar te hoop en bid hy gaan nie weg vlieg nie is nie my idee van n verantwoordelike papegaai eienaar nie.

    • seegogga sê:

      Hallo Christa, welkom op my bloggie!
      Natuurlik moet jy besef dat jy verantwoordelik is vir hom en jou deure en vensters heeltyd goed reguleer! Ek doen dit en ek glo die meeste eienaars wat hulle voël se natuurlike aard respekteer, doen dit ook. Maar ‘n mens moet dit ook doen met geknipte voëls. En dus juis hulle wat wat ook heeltyd wegvlieg omdat mense valslik dink dat hulle nie kan wegvlieg nie. Ons lees dit daagliks op die papagaai groepe. En ons lees ook heeltyd van papagaaie wat val en ( soms ernstig) seerkry, al is hulle vere reg geknip want hulle klim soms hoog op. Ongelukke gebeur. Dit kan in jou huis of buite wees. Om slegs ongelukke buite te veroordeel en om gelukke binne as ongelukkies af te maak, is nie regverdig nie. Om slegs die nadele van vlieg te veroordeel en nie die nadele van knip nie, is nie regvedig nie. Beide het nadele en voordele. Vieg is voordelig vir die voël en nadelig vir die eienaar. Knip is voordelig vir die eienaar en nadelig vir die voël. Maar ek glo vlieg is die groot rede hoekom n voël as ‘n voël geskape is, en ‘n mens moet hom respekteer vir dit wat hy is. Hy is n voël, geskape en ontwerp om te vlieg, nes n kat geskape is om snags te kan sien en te wil jag en baie soepel te wees. ‘n Mens moet die natuur respekteer en die unieke eienskappe van verskillende soorte diere. Nou is daar wonderlike hulpmiddels beskikbaar wat nie voorheen beskikbaar was nie: free flight training of halters waarmee voëltjies kan vlieg sonder om weg te vlieg. Daarom glo ek eintlik elke voël eienaar moet eers gaan vir opleiding en ek wens dit was meer beskikbaar, nes hondeskool klasse. Maar nou is dit nog nie. Ek glo die beweging na vlieg vs die knip van vlerke is aan die gang en sal later meer die norm raak. Ek glo en hoop dat daar later meer wetgewing sal kom oor die aanhou van voëls in hokke, die grootte van die hokke ens. Intussen sal ek voortgaan om respek vir die natuur en die voël se kant van die saak te bepleit.
      (Eintlik glo ek voeltjies behoort nie troeteldiere te wees nie, al is hulle ook sulke wonderlike goed. Hulle hoort vry en as n mens steeds so n vriendskap met een kan opbou, ja! Ons het so n mak kransduif buite gehad en dit was wonderlik.)
      Intussen bly ons vriende, al het ons verskillende uitgangspunte!

  7. seegogga sê:

    Ek wil ook verder byvoeg: solank vlerke knip aangemoedig word, so lank sal daar mense wees wat dit self gaan doen en meestal verkeerd, dikwels met katastrofiese gevolge, onnodige pyn en lyding en hartseer.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s