Om te blog is ‘n bonus !  

 

blogging-001

 

Verlede keer het ek vertel van Toortsie (  https://toortsie.com/  ) en Seegogga(  https://seegogga.com/  ) wat jare gelede al begin blog het en nou al saam met ander bloggers lekker tong-in-die kies stories skryf en ook in hulle eie virtuele dorpie, Rebusfontein woon.

Intussen het Jacques Louw ( https://jacquessebloggie.blogspot.com/?m=1 ) ook begin blog.  Letty-Ann Moller is ook op die punt om te probeer. Johan Niewoudt het nie ‘n blog nie, maar ook eenkeer deelgeneem aan ‘n virtuele vervolgverhaal wat later ‘n boek geword het: Die Rooi Roman. Die redakteur was Etienne van Heerden. https://www.littera.co.za/product/die-rooi-roman-red-etienne-van-heerden

Maar waarom blog mense?

‘n Mens kan natuurlik blog om iets bekend te stel of te adverteer Die advertensieblog vertel jou meer van ‘n produk en het ook inligting waar jy die produk kan kry.

.Meestal is bloggers egter mense wat in hulle hart skrywers is. Baie werklike skrywers het ook blogs. Hulle het iets wat hulle graag vir ander wil sê, maar nie noodwendig dmv ‘n boek nie. ‘n Boek is ‘n lang proses.

Sonder ‘n keurder, ‘n redakteur of ‘n sensor wat my werk afkeur, redigeer of dwing om te verander, kan ek vir die wye wereld se net wat ek wil. EN HULLE LEES DIT!  Ek kry wel geen geld daarvoor nie, maar ek hoef ook geen geld uit te gee om fotograwe te betaal of handewringend te sit en hoop iemand koop my boek nie.

Skielik, met die klik van ‘n knoppie, het ek oornag verander in ‘n internasionale skryfster! Netso!  My blog word gelees – wêreldwyd! Dis vir my ongelooflik – ek wat altyd lief was vir skryf, maar nooit rerig my daarop toegespits het nie,  sommer net ek, hier op die Suidpunt van Afrika, ver van die gewoel van die wêreld af. En as ek nou in Engels geblog het, dan was die Kaap nog meer Hollands.

Om te blog is  ook ‘n uitstekende skryfoefening, want die ideaal vir elke skrywer is om elke dag ‘n stukkie te skryf. Dan is die stukkie darem nie so sinneloos nie, want mense lees dit en lewer kommentaar en so toets jy ook jou eie skryfsels.

As ek , hierdie klein bloggertjie, nou so internasionale status bereik het, besef julle watter impak julle op mense se lewe kan hê as julle wil blog? Besef ek? Watter verantwoordelikheid!

Soms verander ‘n blog wel  in ‘n boek, bv die vrou wat geblog het oor haar stryd om swanger te raak en haar gevoelens daaromtrent. Haar naam is Tertia Albertyn en nie net was haar blog eens gekroon as blog van die jaar nie, maar die boek, SO CLOSE, ( https://www.loot.co.za/product/tertia-albertyn-so-close/bdtx-692-g820 ) word hoog aangeskryf vir voornemende dokters en ginekoloë, omdat dit die eerste keer is dat die hele proses van invitro bevrugting ens vanuit die pasiënt se perspektief beskryf word . Dit het haar lewe verander.

As gevolg van my bloggie, het ek ook ‘n jeugboekie gepubliseer: Ma ek’s verlief. ( https://seegogga.com/2011/03/23/ma-se-seksboek-brief-29/ ) Die boekie was nogal baie gewild onder die jong tieners.. een van my blogstories is in ‘n graad 7 leesboek geplaas, en een van my blogprentjies is deur ‘n tydskrif gegaps en gepubliseer!

Toortsie het agv haar blog reeds twee baie gewilde resepteboeke gepubliseer: Toortsie se Bantingboerekos, en Hier’s die Toortsie weer. (  https://www.facebook.com/bantingboerekos/about  ) Sy het op ‘n stadium vir Finesse geblog en sy het nog boeke, (resepte en ook andersinds) op pad!

Ek self vind dit wonderlik om iets te kan skryf wat mense wel lees. Ek vind die mede bloggers wonderlik  ondersteuned en positief. Hulle is regtig ‘n besondere groepie mense en ek waardeer hulle positiewe kommentaar en geniet hulle skryfsels baie. Al ken ek hulle nie van aangesig tot aangesig nie, voel dit vir my soos goeie vriende.”

Blog is egter ook ‘n soort virtuele dagboek en sommige gebruik dit om dinge te sê wat hulle dalk nie van aangesig tot aangesig vir mense kan sê nie. Dit is ‘n feit dat dit help om te skryf oor ‘n ding wat jou pla of jou gelukkig maak. Jy kry tyd om jou gedagtes te orden en in woorde uit te druk Daarom het baie bloggers ‘n skuilnaam en niemand weet wie hulle werklik is nie..

‘n Onvoorsiene ekstra bonus vir my sowel as Toortsie, is ons eie dorpie Rebusfontein met sy wonderlike inwoners.(  https://seegogga.com/2019/11/19/om-op-rhebusfontein-te-woon/  ) Ons beleef die ongelooflikste avonture saam en lê meestal soos ons lag vir die manewales wat ons aanvang. Lees hoe Rebusfontein ontstaan het en hoe die inwoners daar towerinne geword het, hier:

https://fresh.inlinkz.com/party/a0c98db4df894be6921458c62165d987

Wie kan nou depressief wees in die Corona tyd met so ‘n klomp onhebbelike Towerinne saam? O ja, en ons het Coronamouna gewen! Sowaar! Lees gerus hier en volg die episodes  een vir een as julle wil weet hoe. https://fresh.inlinkz.com/party/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Wil enige van ons lesers begin blog? Jy kan dit gratis doen met wordpress.  Klik hier: https://wordpress.com/create-blog/?utm_source=google&utm_campaign=google_wpcom_search_brand_desktop_za_en&utm_medium=paid_search&keyword=%2Bwordpress%20%2Bblog&creative=262973249892&campaignid=654740786&adgroupid=52795482859&matchtype=b&device=c&network=g&targetid=kwd-20767191371&gclid=Cj0KCQjw0Mb3BRCaARIsAPSNGpWjMzdV31cir5AAcBJ1tEgBwNL1Zrc6VoTarQwwuSh5DYhyr84WOz8aAo6jEALw_wcB&gclsrc=aw.ds

Of vra Madele Burger!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in blogspeletjie diegroen giggelbus, die tale wat ons praat, Los opdrifsels, rhebusfontein and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Om te blog is ‘n bonus !  

  1. Toortsie sê:

    So bly jou muse is terug. 😁

  2. Presies net so! Stour om jou werk te deps.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s