Kunsuitstalling op Rhebusfontein – wonderlik!

O my Word – noot! Dis mos so in my kraal! Wil julle kuns he? Ek het baie!!! (BAIE!).Hoekom?Wel, my ma het geskilder, en ek, en my 3 kinders, en ek het ‘n raambesigheid… en ook ‘n voëtjie wat los in die huis rondvlieg…

Nou die dag kom ‘n goeie vriendin hier sit en tee drink. Sy sit nog so sedig, en toe bars sy skielik uit van die lag. Ja?

” Ai, Anna-Marie , jy met jou skewe skilderye!” lag sy . “Nie een hang reguit nie!”

Ek beskou hulle…Sy is sowaar reg. Dis net, ek kom dit glad nie agter nie. Met ‘n voëltjie wat graag op die rame gaan sit, en met die dat ek na die prentyjie kyk en nie na die netheid nie, kom ek glad nie agter dat hule skeef hang nie en dat pla my ook glad nie.

My skewe prentjies.

Ek vertel haar dat ek dit al oorweeg het om doelbewus al die prentjies woes skeef te hang om die klakouse grys hare te gee. Dit was egter te veel moeite. My voëltjie doen dit sommer vir my.

Ons besluit dat ek dalk bo teen die muur ‘n kennisgewing moet opsit – iets soos: “Is jy ‘n square, of is jy ‘n kunstenaar?”of “Hang hy reguit of hang hy skeef? Dis die prentjie binne wat leef.” of…Maar nou moet ek prentjies kies vir ons wonderlike kunsuitstalling.

Hier is ‘n paar.

003

kersfees 001

matriek uitnodiging 2018-03-14 001

Hier is ‘n paar. Bo is n bestelling wat my ma, Annie van Graan, gemaak het vir n vrou wat rooi rose wou hê. My ma het gevoel net donkerrooi doen dit nie vir haar nie en het toe verskillende skakerings rooi rose gemaak. Die vrou was nie beïndruk nie, maar ons was! Toe koop my man dit.

In die middel is my 5 minute prentjie wat d hele wereld seker al nou gesien het. Ek het hom vinnig A5 grootte geverf vir my eerste kersfees as blogger, en in n vlaag van ” aan d kant maak- get rid of clutter” my oorspronklike prentjie wat hier rondgelê het, weggegooi. Die volgende jr het ‘n bekende SA tydskrif d prentjie vd internet af gegaps en gepubliseer sonder om my erkenning te gee. Toe ontdek ek dat die prentjie ongeveer 2 jr lank heel eerste op die lys is as jy ” mooi kersfeesprentjies” tik. Nou is dit nie meer eerste nie,, maar steeds taamlik bo.

Die derde prentjie is ook een van my 5 min prentjies van ons rowwe strandhuisie, Rus ‘n Bietjie. Ek het dit geverf vir die uitnodigingskaartjie van ons matriekreünie. Dis nie wonderlik nie, maar die huisie is! En ek is mal oor daardie ou huisie!

Maar wag, hier is nog ‘n paar:

Hieronder is die prentjie, nee prent, wat ek in opdrag van my jongste geverf het vir haar troue. Dit is 4m by 6 m en die voorste geboue is lewensgrootte. Ongelukkg is die sye van die foto weerskante afgesny.

IMG-20190903-WA0005.jpg

Die volgende prentjie is met bordkryt geteken op ‘n volle sheet hardboard wat met swartbordverf geverf was, en teen die buitemuur van ons destydse restourant gemonteer was. Ek moes op ‘n tafel staan om by te kom en dit was ‘n advertensie vir ‘n motorfiets byeenkoms wat by ons sou kom ontbyt eet. Ek was self verbaas dat die fiets darem soos een gelyk het.

In wind en weer het ek gereeld op daardie tafel gaan staan en teken. Daar is iets spesiaals aan die verganklikheid van bordkrytprente. Eenkeer het ek ( vir my nogal ‘n baie mooi ) landskap gemaak van die landerye met die ronde bale wat so lê, om die einde van die oes te gedenk. Net voor ek klaar was, het die eerste druppels begin val. ‘n Halfuur later was my prentjie afgereën en niemand het dit gesien nie, behalwe my man se broer, wat gelukkig ‘n foto daarvan geneem het.

IMG-20190903-WA0009.jpg

As ek nou net in die dag daaraan kan dink, plaas ek nog prentjies- van my skewe prente en my kinders se skilderytjies ens. Ek sal darie kunsuitstalling sommer alleen alleen volmaak!”

Posted in feeverhale en ander stories, goue vroue, Kersfees, Los opdrifsels, rebusfontein, perfect day, vriende, nostalgie, rhebusfontein | 50 Kommentaar

I believe I can fly 8.

Is dit nodig dat ek nog ietsie sê oor die hartseer lot van papagaaie in gevangeneskap in mense se huise, opgesluit in klein hokkies met geknipte vlerke?

https://animalogic.ca/blog/parrots-are-not-pets

28 Kommentaar

Of wat van hierdie? Ons oefen vir Rhebuskloof sirkuskonsert

Ek weet nie. Ons twist dat di3 beenhare bewe, maar is dit genoeg vir n sirkus? Ek het nog n bietjie gaan grawe:

Hierdie pas mooi by Una se beenhare.

Maar ek dink vir n mooi vertoning is hierdie dalk die ding:

Wat sê julle? Hoe ookal, wikkel daardie boudjies, want ons ga dans dat die dak lig!

8 Kommentaar

sirkus op Rhebusfontein

Gekry danksy ons eie Toortsie, die liggie in die duisternis!!!. So hier is ek weer op Rheboksfontein!!

SJOE! Dit woel en wikkel hier!

Glamguru kom toe mos hier aan: dis kleursel en stuff en highlights vir die hare en uitroepe ennn… toe kry hy ‘n allemintige gril: beenhare! Hy pluk onmiddellik ‘n potjie room uit en voor Una kan sê:”Help!” , het hy haar op die bed van sy mobiele skoonheidsalon.

Maar Hester is reg vir hom: Met ‘n dodelike akkurate kaphou, kap sy die botteltjie uit sy hand uit sodat dit stukkend op die vloer val en jy sien net room spat! Toe is almal nog meer ontsteld. Wat is voete sonder hare? En wat as ‘n mens nou sou gly…?

Versigtig het Toortsie, die liggie, Una van die bed af en uit. Die beteuterde Hannon wil nog iets sê oor geplukte wenkbroue en gesigskontoere, maar die towerinne het almal verdwyn.

Ons lyk mos soos ons wil lyk, en dra wat ons wil dra, en gaan ons nie laat voorskryf nie, a nee a! Ons het mos ons eie “looks, beenhare en al!”

Teen die tyd het die meeste al begin uitkyk vir ‘n mooi rok. Ek self wil een van Stephen van Eeden hê. Stephen sal moet kom meet!

Image may contain: 1 person

Maar ai! Die linedance!

Eerste het ek hierdie raakgeloop.

en hierdie

Die goed begin mooi, maar nadat dieselfde beweging so 5 – 10 keer voorgekom het, lyk dit vir my almal te vervelig vir ‘n sirkus. Vir ‘n sirkus moet alles baie spesiaal wees!

Ek het intussen hierdie raakgeloop:

Maar nouja, dit is dalk bietjie oosters, so wat van hierdie ene?

But then again : ons is ook nie ‘hardup” nie, né.

Toe dink ek aan hierdie een: die bewegings is bietjie makliker en dit sall Una se bene mooi afwys. Ek sien al hoe wieg daardie haartjies so saam met die twistrokkie heen en weer.

Ek het nogal gedink ons kan dalk bietjie glitter aan Una se beenhaartjies ook smeer, en dan dans sy in die middel. Wat dink julle?

17 Kommentaar

Wie op aarde beheer jou wereld?

Daar is baie antwoorde op hierdie vraag. Ja Ons weet dit is God, ons Hemelse Vader. Maar as ons nou van gewone aardse wesens praat: wie reël en beheer lewe?

Daar is diegene wat beweer dat die president van die land dit doen – of die eerste minister. Of dalk doen die burgemeester van ‘n groot stad dit. Of jou man, as hoof van die huis. Dalk al die wonderlike geniale wtenskaplikes in ons tegnologies eeu, die dokters, die regsgeleerdes.

Maar ek kan julle verseker die wereld word nie deur hulle beheer nie. Nee! Die wereld word beheer deur die klerke, die kaartjiesverkopers, die telefonistes en soms ook die sekretaresses. Die ouens wat reeds st 8 of vroeër uit die skool is( jy is gelukkig as jy een met matriek kry) en erens in ‘n klein kantoortjie sit met ‘n spul stowwerige lêers en wat nooit geleer het om hulle eie dinke te dink en eie afleidings te maak nie.

Nou is ‘n hele klomp oulike sekretaresses vir my smoorkwaad. Ek weet daar is baie oulike, pragtige en hulpvaardige mense onder julle. Maar julle wat super oulik is, beheer ongelukkig nie die wereld nie.

Kom ek gee gou-gou ‘n paar voorbeelde.

1. My man het ‘n tegniese kwalifikasie en wil graag HOD tegnies by UNISA swôt , met metodiek van Wiskunde as een van sy vakke. “Nee”, sê die klerk. Hy het nie naskoolse opleiding in Wiskunde nie. My man wys hom daarop dat hy Calculus 2 het , wat gelykstaande is aan 2 jaar naskoolse opeiding in Wiskunde. Maar die klerk het nog nooit ooit van Calculus gehoor nie. Hy gaan ook nie nou uitvind nie. Hy word geweier. En daar is niemand hoër op wat hy kan raadpleeg nie. Sy hele skoolloopbaan as onderwyser word daardeur verrander.

2. Jare gelede wou ons met die trein van Pretoria na die Kaap ry, met die motor ook op die trein,sodat ons hier vervoer het.( Ons kon dit gratis doen omdat my man toe nog by die spoorweë gewerk het). Dit is snikheet en ek staan met 2 peuters ‘n driekwartuur in ‘n lang ry om ons kaartjies te bespreek. Die kinders is moeg en moeilik en my arm wil breek van moegheid, want die jongste sit daarop en weier om rond te kruip of in die stoorwaentjie te sit. By die kaartjieskantoor deel die dame my mee dat die motor se besprekings af in die gang is en die tweede of derde deur regs, asook dat die motor eerste bespreek moet word voor sy ons kan bespreek . Ek veduidelik dat ek al ‘n driekwartuur hier staan en wag om gehelp te word, dat my kinders moeg en honger is en ek gaar, en dat ek nou hier by haar is, en eerste vir ons wil bespreek voordat ek die gang gaan afstap op soek na die motorbesprekings. Ek soebat en vra mooi dat sy ons asseblief net moet bespreek en klaarkry. Sy weier. Die motor moet eerste bespreek word en klaar. By hierdie tyd het ek begin om te verstaan hoe klerke se koppe werk.

“Weet jy wat?”, sê ek vir haar. “Ons vat nie meer die motor saam nie. Bespreek asseblief ons kaartjies.” Sy kyk my ongelowig aan. Wil ons nie meer die motor saamneem nie? “Nee!” sê ek met ‘n soete glimlaggie. “Ons gaan nie meer die motor saamneem nie. ” Sy is ‘n bietjie verbaas, maar bespreek pligsgetrou ons plekke. Kaartjie veilig in my doekesak, stap ek die gang af en gaan bespreek die motor sonder enige moeite.

3. My man het jare gelede al vrystellng van die weermag gekry agv ‘n ernstige motorongeluk wat hom effens kreupel gelaat het. Op ‘n goeie dag, seker 10 jr later, lui die telefoon. Dis een of ander troep of iets in Pretoria. Waar is my man? Hulle soek al 2 jr lank na hom. Hy is in groot moeilikheid , want hy moes al lankal nog 3 maande op die grens gedoen het. Hoe meer ons verduidelik dat hy vrystelling het, hoe minder luister hy. My man moet onmiddellik die volgende oggend by die kasteel in Kaapstad aanmeld, want die dag daarna vertrek hulle grens toe. “As julle my dan wil hê, met julle my maar self kom haal”, sê my geliefde. En die weermag doen dit ook – en neem hom met ‘n bussie al die pad van Bredasdorp af Kaap toe. Teen hierdie tyd het ons al die afskrifte van sy vrystelling erens uitgegrawe, en ek het begin bel. Die vrystellingpapiertjie was tweede van bo af in sy lêer, maar niemand het dit gesien nie. En so kry hy toe ‘n onverwagte 2 dae “verpligte” verlof, en moes ek hom daardie aand weer by die kasteel gaan haal.

4. My man kry jare gelede ‘n pos by ‘n skool, maar die onderwysdepartement kan hom eers aanstel in die pos as hy as onderwyser geregistreer is. ‘n Ander afdeling van die einste onderwysdepartement kan hom eers registreer as hy aangestel is in ‘n pos ( hy het nog nie ‘n onderwysdiploma nie). So word hy van bakboord na stuurboord gestuur en die onderwysdept vat 3 maande om dit uit te sorteer.

5. Die lugredery gooi my tas weg op London se lughawe. Niemand weet waar hy is nie, self nie na ‘n gebellery van elke ander land af vir die volgende 30 dae nie. Terug in Londen kry ek op Heathrow ‘n groot kamer met groot letters gemerk: Lost Luggage. Daar staan my ewe goedgemerkte verlore tas.

6. My vriendin is hoogs ontsteld omdat sy in die tonnel moet gaan vir ‘n scan en aan engtevrees ly. Sy vra die dame “in beheer” by die hospitaalspreekkamer of daar geen ander metode is nie, en hoe lank dit duur. “Ten minste 2 en ‘n halwe uur” en daar is geen ander metode nie. Hoogs ontsteld vertel sy my, en ek weet mos noual. Ek raai haar aan om weer te bel en met die dr self te praat. Sy word genadiglik deurgesit na die radiografis. Die vertel haar dat dit ‘n baie kort prosedure is en dat haar kop meestal buite is en stel haar gerus dat sy haar oor niks hoef te bekommer nie. Dankie tog!

6. ‘n Vrou kraam by die hek van die hospitaal omdat die hospitaal ( lees: admin. Want dit was beslis nie ‘n dokter nie!) geweier het om haar toe te laat.

7. Om dieselde rede het ‘n man onlangs gesterf. I rest my case.

Nouja, deesdae is alles egter gemeganiseerd en gerekenariseerd.. Is dit nou beter en makliker? Nee!

Bel jy, gee die masjientjie ‘n opsie van omtrent 5 knoppies waaruit jy kan kies om te druk. Nie een vd knoppies gee vir jou waarvoor jy vra nie en elke knoppie skakel jou net deur na ‘n ander een. Jy spandeer ure om ‘n baie basiese antwood te kry wat ‘n mens, al is dit nou ook ‘n klerk, sommer dadelik vir jou kon gesê het.

Jy koop iets aanlyn, want dit is nie plaaslik beskikbaar nie. Die produkbeskrywing sê nie wat jy wil weet nie. Is dit ‘n vertaalde boek? Het die Italiaanse fliek wel Engelse onderskrifte? Die Jesus of Nazareth fliek is meer as 6 uur lank. Hoeveel dvd’s is in daardie kassie? Is dit presies dieselfde weergawe wat jy in 1978 in die flieks gesien het of is daar dele uitgesny? Hulle wil aflewer in die week wat ek nie hier is nie. Daar is geen manier om vir hulle te sê hulle moet ‘n week later aflewer nie. Wat gaan van my pakkie word as ek nie hier is nie? Presies hoe groot is die kashandvatseltjies wat jy nou met die katalogus wil bestel? Hoe, waar, watter kleur , hoekom wat???

Ek dra hierdie op aan almal wat al met die rompslomp van die daaglike lewe te doen gekry het.

Kom ons gaan klink ‘n glasie wyn in Rhebusfontein , en lag ‘n slag !

20 Kommentaar

I believe I can fly 7: O wee my!

Dit het my lank geneem om hieroor te skryf , maar dit moet uit.

Hieronder sit Pollie, my bure se ringnekpapagaaitjie, en ek is so bly ek kon die spesiale oomblik tussen haar en my Grietjie-kat vasvang.

20181120_140052

Pollie en Grietjie deel ‘n spesiale oomlikkie

Pollie het as verkrikte en versigtige voëltjie so ‘n jaar gelede na ons toe gekom omdat die bure haar nie meer wou hê nie. Sy was baie hokgebonde, al het hulle vir my gesê dat hulle die deurtjie sluit omdat sy dit self kan oopmaak.

Ek het nooit die deurtjie gesluit nie, en bedags oopgemaak omdat ek juis wil hê dat sy uit die hok moet kom en rondvlieg. Sy het ook nooit by my huis haar deurtjie oopgemaak nie, omdat sy meestal net snags toegemaak is in die hokkie. Ek het dus heeltemal vergeet dat sy dit kan doen.

Dit het lank geneem voor  Pollie begin uitklim het, want sy het verseg om op my vinger te klim. Sy het wel later self uit haar hok geklim en nog later met vertroue in my kombuis begin rondgevlieg. Sy het toe ook sommer al my kleinkinders se prentjies van die kasdeurtjies afgeskeur, die papierborde versnipper, en die houtrame van die kasdeurtjies heeltemal voos gekou! Ja, Pollie het groot skade in die kombuis veroorsaak, maar dis ou deurtjies, waaroor ek nog nooit mal was nie, hulle sou tog een of ander tyd vervang moes word  en who cares?

IMG-20190709-WA0008.jpg

Pollie se werk

Pollie  het my eie ringnekkie, Bekkie, heeltemal verskrik. Hy het van haar af weggevlug. Hulle wou regtig niks met mekaar te doen hê nie. Tog was sy nie kwaai nie, eerder net versigtig en effe bang. Sy het later meer tuis geraak in die huis en beter begin vlieg en die hele huis begin ken. Sy het meer selfvertroue gekry en selfs een of tweekeer op my skouer kom sit. Ek was so bly dat sy begin selfvertroue kry het en tuis begin voel het. Sy het egter steeds volstrek geweier om op my vinger of arm te kom sit, en sou eerder ‘n lekkerny  mis as om die “step up” roetine te doen.

Ek is so spyt dat ek nie baie meer tyd spandeer het om haar dit te leer nie, maar dit was vir my ‘n besige jaar en tyd min.

Soos gewoonik het ek die voëltjies veilig in hokkies, buite toe geneem en die sproeiers aangesit vir hulle gereelde badsessie. Bekkie het ‘n spesiale badhokkie, maar Pollie het gebad in die enigste hok wat sy ken. Pollie het ook ‘n spesiale voëlbad in haar hokkie en sy geniet altyd haar bad baie. Ek het ‘n draai deur die tuin gestap en toe ek weer by die voëltjies kom, sit Pollie bo-op haar hokkie . Sy was rustig en het op haar een been gesit en rus, maar ai! Sy is buite!

Ek, wat nou al met die jare geleer het om nie paniekerig te raak as Bekkie uitvlieg nie, raak toe paniekerig! Ek het nooit met Pollie om die huis gestap soos ek altyd met Bekkie doen nie – haar hok is vir my eenvoudig te swaar, en sy laat nie toe dat ek haar vashou nie. Sy ken nie die omgewing soos Bekkie nie, sy ken nie ons huis soos Bekkie nie, en  haar regte huis is oor die straat, waar hulle toe besig was om die hele huis oor te doen -dis bouers en lawaaierige masjienerie en alles wat ‘n voëltjie sal verskrik.

En in plaas daarvan dat Polllie skrik, skrik ek en my brein slaat bottoe.

Nogtans probeer ek my reëls onthou. Praat kalm en rustig. Doen alles gemaklik en stadig.  En Pollie is rustig en kalm. Maar hoe om haar terug in haar hok te kry?

Liewe land, hoe kon ek vergeet het van lekker grondboontjiebotter of ‘n broodjie of ‘n pekanneut?? ‘n Lekkerny is noodsaaklik! Waar was my verstand? Ek het gou haar kos gaan haal en ingesit, maar geen spesiale lekkerny nie!

“Hok toe! Hok toe” het nie gehelp nie, want daar was niks lekker in die hok om na uit te sien nie. Toe besluit ek, (FOUTIEWELIK!!!) om stadig die hok op te tel en na binne te dra. (NEE, NEE NEE JOU IDIOOT!).

Pollie was rustig, maar met elke  tree na die voordeur het sy meer ongemaklik begin voel, begin rondskuiwe, en net voor ons binne is, trek sy daar weg, vlieg oor die straat na haar ou huis toe, draai om, en weg is sy saam met die sterk wind.

Ek het geroep en gesoek – dae lank, noodoproepe op Facebook gemaak, plakkate op strategiese plekke opgesit, belonings belowe, maar niks. Pollie het soos ‘n groot speld verdwyn. Ek het haar nooit weer hoor roep nie, niemand het op my plakkate gereageer soos destyds toe Bekkie deur  die buurman gevange geneem is nie, niks.

EN DIS ALLES MY SKULD.

LIEWE POLLIE – EK HET JOU GEFAAL. EK IS JAMMER.

Dis nou al ‘n paar maande later. Ek luister steeds saans of ek dalk ‘n ringnekkie hoor. enetjie wat “Hallo Pollie!” kan sê, of sommer net fluit. Maar dis net ander wilde voëltjies wat ek hoor. Pollie is weg, omdat ek my eie  reëls oortree het.

Slotsom: Vertroosting.

Pollie se vlerke is nie geknip nie en sy kan goed vlieg. Ek glo sy sal kan oorleef en ek hoop van harte sy is nog iewers daar buite en veilig.

Bekkie is beslis baie gelukkiger vandat Pollie weg is.  Hy het begin om meer te speel as ooit tevore. In plaas van waaksaam erens op ‘n veilige plek te sit,  speel hy nou graag weer met sy bal, wegkruipertjie en is duidelik ‘n vrolike voëltjie vol selfvertroue. ‘n Mens sien soms hoe lekker hy speel as hy alleen is, met niemand om hom stop te sit nie. Hy kou nie kasdeure nie, maar hou daarvan om al my servette uit te gooi;  papiere of boeke wat rondlê ‘n bietjie te knibbel;  margarien- en ander plastiese bakkies, grondboontjiebotter botteltjies en asynbottels ea met sagte plasiekproppies ens oop te maak.  Een oggend toe ek see toe is, het hy AL my speserybotteltjies een vir een van die rak afgestamp, en natuurlik dit baie geniet as hulle met ‘n harde slag die teëlvloer tref. Genadiglik het net 4 gebreek.

My man is nou besig om vir my pragtige nuwe kasdeurtjies te maak van vloerplanke. Jippie!

 

 

.

 

 

 

Posted in Los opdrifsels, Voels en beginsels: I believe I can fly | Tagged , , , , , | 13 Kommentaar

Die Meesterstuk deur Francine Rivers

20190707_210636.jpg

Toe Grace Moore diens aanvaar by ‘n beroemde kunstenaar, Roman Velasco, is nie een van hulle voorbereid op die die totale ommeswaai wat God besig is om in hulle lewe te bewerk nie. Ten spyte van totaal uiteenlopende maniere om die moeilike lewe en die spoke uit die lewe te hanteer, het God met sy genade ‘n plan vir hulle .

Hierdie heerlike  liefdesverhaal is een van die bekende skrywer, Francine Rivers, se jongste romans. Dit is ‘n pluimpie vir Cum boeke dat die boek so gou al in Afrikaans ook beskikbaar is. Behalwe vir twee klein vertalingshinderlikhede,  lees die boek heerlik net soos ‘n eg Suid-Afrikaanse storie sou lees, en bied soveel meer as die oppervlakkige liefdesstories wat mens soms kry.

Ek het hierdie boek regtig geniet.

Die Meesterstuk van Francine Rivers word uitgegee deur Cum Boeke en is in hulle boekwinkels beskikbaar.

Posted in Boeke en flieks | Tagged , , , , , | 4 Kommentaar

verlos deur die liefde

20190707_182617As iemand vir ‘n gelowige man sou sê dat hy ‘n verhouding met ‘n prostituut moet begin en met haar moet trou, sou mens dadelik die ou wou waarsku dat dit verkeerde raad is en dat hy haar moet vermy en liewer ‘n kuise Christelike vrou moet soek.

Tog is dit presies wat GOD vir Hosea beveel het. Die storie van Hosea was  een van die dinge wat gehelp het om daardie meesterlike skrywer, Francine Rivers, tot bekering te bring. Die verhaal het haar ook geïnspireer om haar trefferroman “Redeeming Love” te skryf.

Sedert die eerste publikasie het die fiktiewe verhaal van Angel en Michael Hosea mense geroer en betower.  Die diepte en krag van Godse liefde vir ons word pragtig geillustreer in hierdie dramatiese liefdesverhaal wat afspeel  in die Kaliforniewe goudstormloop van 1850. Francine is ‘n meesterlike verteller.

Hierdie besondere  boek is nou ook in Afrikaans beskikbaar  met die titel: Verlos deur die Liefde.

Verlos deur die liefde deur Francine Rivers is uitgegee deur Cum boeke.

Kry joune by een van hulle winkels.. Jy sal nie spyt wees nie.

Posted in Boeke en flieks | Tagged , , , , , , | 2 Kommentaar

BOEKBESPREKING: Verlos deur genade deur Jill Eileen Smith

Die storie van Naomi, Orpa en Rut is een wat deur die  eeue die verbeelding aangegryp het: Naomi en haar gesin wat in ‘n vreemde heidense land gaan werk het; haar man en seuns se ontydige dood;  haar skoondogter, Rut, wat haar hele bekende lewe agterlaat  en saam met haar skoonma terugtrek Israel toe;  ook die uiteindelike pragtige liefdeverhaal tussen Rus en Boas.

Hierdie is ‘n lekkerlees boek vol aksie en drama, wat die mooi ware verhaal vir ‘n mens lewendig maak. Die vertaling is goed gedoen en dit lees lekker. Ek kan dit aanbeveel vir almal wat van ‘n lekker storie hou.

Baie dankie aan CUM boeke wat my die geleentheid gegee het om die boek te lees.

BOEKBESPR

Posted in Boeke en flieks, branders van emosies: musiek vir die siel, Los opdrifsels | Tagged , , , , , , | 2 Kommentaar

seegogga se droomhuisie in die binneland

Seegogga kruip nou al geruime tyd weg in ‘n leë ou alikrukskulp. Dis baie makliker om opgekrul daar te lê en te kyk wat ander doen, as om uit te klim en te woeker en te werk en te doen.

Sy weet sy moet woordsnoere maak, maar sy het net nie krag nie. Sy weet van pêrelsnoere, en seegraskettinkies, maar om woordsnoere te maak, moet ‘n mens dink, en sy is juis op die oomblik so suf gedink.

Veilig en donker en weg van die wereld af – hier lê sy en jammerkry vir haarself. Sy sien die towerinne se vrolike geskarrel in hulle spesiale dorpie, en sy wil graag gaan, maar ai,  sy kom net nie sover nie. Sy hoor hulle roep, saggies en geduldig. ” Gentle” is die woord wat in haar kop spring. Hulle is almal sooo dierbaar.

Seegogga dink sy moet haar eie huisie ontwerp – ‘n skulphuisie amper soos die een hier by die see. Sy hoor daar is ‘n dinee, en sy is so lief vir knibbel! Terwyl sy nog wonder oor haar huisie, stuur die towerinne vir haar ‘n foto van die allermooiste huisie denkbaar. Hulle het haar sowaar verras! Sy hoef nie ‘n nuwe huisie te ontwerp nie, hulle het sommer vir haar enetjie gekry -pragtig, vol landsblommetjies, maar met die mooiste turkoois afwerkings en blompotte om te pas by haar – iets wat die see bietjie nader bring en die huisie vir haar so ongelooflik mooi maak! Hulle het tot vir haar ‘n paar linedance bootjies daar neergesit! Die Towerinne is sowaar ongelooflik, dink sy gelukkig.

Sy strek haar knypertjies styf- styf uit, en wikkel uit die skulp uit – in die vrolike sonlig in. Sy rek en strek. Toe lag sy heerlik. Sy gaan dadelik aan die werk spring. Daar is heerlike kossies wat sy wil saamneem –  Mosselsop, allekruk voorgereg, suurvytjiekonfyt, mmm waterblommetjie bredie en soet duineheuning.  Vir die wis en die onwis gooi sy ‘n paar bottels Strandveldwyn ook in haar mandjie. Sy gaan Rebusfontein toe! Na die beste vriendinne ooit!

Seegogga stuur gou ‘n riemtelegram Soweto toe. Sy wil vir Patricia, Trevor Noah se ma, ook nooi om saam te kom. En ‘n sy stuur ‘n duifie op Hemel toe. Haar eie ma moet ook daar wees. Twee sulke besonderse mense! Sy hoop sooo hulle kan kom. Daar is so baie wat sy vir hulle wil sê en wil vra.

Op die nippertjie gooi sy ook ‘n paar stiletto’s in. ‘n Mens weet nooit…..

“Rebusfontein, hier kom ek!”

 

towerin huisie

WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:
Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)

Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.

Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskappe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen: 

Lees hier om te sien wat die Towerinne alles doen: https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af3

en hier: https: //fresh.inlinkz.com/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1?visitor3

Posted in blogspeletjie, feeverhale en ander stories, rhebusfontein | 24 Kommentaar

I believe I can fly 6: veg of vlug? Tips as jou voeltjie wegvlieg.

Hier sit Bekkie heelbo op ‘n mandjie naby die dak in die komb¹uis, en hy voel baie tevrede met homself. Hy weet hy is King of the Castle!
Ywer in die armbeurs gegooi. Het ek nie self klein BEKKIE nie? Hy is mos my ringnek wat tog te lief is om ‘n bietjie uit te vlieg om die wye wêreld te verken.
Hier is my raad wat ek graag vir papagaai -eienaars wil gee om groot hartseer te voorkom.
Baie belangrik: Stap gereeld vandat jy jou papagaaitjie gekry het, met hom in jou tuin rond en rondom jou huis. Gesels met hom sodat hy dink dit is veilig buite. Wys vir hom die blommetjies, die bome ens. (My Bekkie kyk altyd baie belangstellend en lewer selfs kommentaar!) Dit is om jou voëltjie te leer om sy omgewing goed te ken sodat hy hom nie doodskrik as hy dalk buite kom nie. (Hou hom natuurlik vas of hou hom ‘n ‘n draagbare hokkie!)
Leer hom gereeld om op bevel op jou hand of arm te klim ( step up) en oefen hom om op bevel afdraende te klim en prys baie en gee beloninkies. Dit is vir hulle moeilik om afdraend te klim, en daarom is dit goed as jy hom daaraan gewoond maak.
Goeie raad is om hom van kleins af te leer om op ‘n stok te klim wat jy na hom uithou. Ek het ongelukkig te laat hierdie raad raakgelees en my Bekkie wil niks van ‘n stok af weet nie, maar as jou voëltjie gewoond is daaraan, kan jy ‘n lang stok hoog in ‘n boom opsteek waar hy dit kan bykom, sou dit nodig wees en so kan jy hom maklik in die hande kry.
Dit sal natuurlik ideaal wees as jy hom van kleinsaf kan leer om op bevel na jou toe te vlieg. Daar is instruksies daaroor op die internet en ek wens ek het dit met Bekkie gedoen toe hy jonk was, maar hy is nou al 15 jaar oud en het nou taamlik sy eie idees en besluit self wanneer hy dit wil doen, dankie! (Kommentaar: Na hierdie skrywe het ek tog begin om vir Bekkie te leer om na my toe te vlieg, en hy doen dit! Dis nou te sê as hy lus is vir dit wat ek in my hand vashou. Jou “treat” moet baie lekker wees- ‘n stukkie neut waarvan hy baie hou of so-iets Hy het dit selfs al eenkeer gedoen buite,na een van sy talle uitglippies. Ek stel voor jy oefen dit sommer baie met jou voëltjie. Bekkie is nou al 19 jaar oud, en glip op gereelde basis uit maar gelukkig kom hy terug!)
Laat hom buite bad ( in n badhokkie), verkieslik op verskillende plekke in die tuin, ook om hom bekend te maak met die omgewing. Gaan wys hom ook veranderinge wat jy dalk in jou tuin aangebring het, sodat vreemde strukture ens hom nie laat skrik nie.
Ons probeer almal ons bes, maar as jou voëltjie vry in jou huis is ( soos hy behoort te wees), kan daar soms ‘n ongeluk gebeur en hy kan uitkom. Wees bedag daarop en weet altyd waar hy is, en wat die stand van jou vensters is.
Om sulke ‘ongelukke” te voorkom, knip sommige eienaars die vliegvere in die foutiewe aanname dat die voëltjie nie sal kan ontsnap nie. DIT IS ‘N FOUTIEWE AANNAME! Die feit is dat baie van die papagaaie wat so ontsnap se vliegvere geknip is. Al verskil is dat ‘n geknipte voël baie weerloos is as hy buite kom, omdat hy nie sal kan wegvlug van gevaar af nie.
Jou papagaaitjie het die beste kans op oorlewing as hy kan vlieg soos hy geskape is, MET ONGEKNIPTE vliegvere. Dink daaraan voor besluit om dit vir hom te ontneem.
Ek het al dikwels gelees dat die voëls vir 2 dae of meer in die omgewing van hulle huis bly en nie te ver vlieg nie. Hou dus jou deure en vensters oop sodat hy maklik kan terugkom.
Die groot fout wat eienaars maak as ‘n voëltjie uitvlieg, is om ontsteld te raak. Moenie! Jou voëltjie hoor jou ontsteltenis en raak dan self ontsteld. ( jou hart mag bewe, maar nie jou stem en liggaam nie!) Dis uiters belangrik om te maak asof niks besonders gebeur het nie, en dat alles Ok is.
Kry vinnig ‘n bederf eetdingetjie, gaan loop om jou huis en gesels met jou voëltjie soos gewoonlik. Luister aandagtig of hy antwoord.
Ek probeer maar binne -in my erf bly, en meestal vlieg Bekkie na ‘n rukkie nader na die huis, want hy geniet aandag, en hy geniet iets lekkers! Ek glo jy kan hom dalk verwar as jy oral rond en bont roep. Roep verkieslik van jou eie erf af. sodat hy weet waar sy huis is.
As hy nou spoorloos verdwyn, sit oral pamflette op, sit dit ook op facebook en belowe ‘n groot beloning en hou sy hokkie buite met lekker kossies in.
Sterkte!
VEG OF VLUG
Hierdie skrywe bring my nou weereens by die nare praktyk om vlerke te knip. Wanneer gevaar dreig, het diere ( en mense) veskillende reaksies: veg of vlug.
‘n Leeu, renoster of olifant sal waarskynlik aanval en veg. ‘n Voëltjie sal vlug. Daarom is hulle vermoë om te kan vlieg so belangrik. Hulle instinktiewe reaksie as hulle skrik, is om weg te vlieg en nie om te veg nie.
Ek het die nare voorreg gehad om te sien hoe n kaàlwang arend op Bekkie afduik, met die doel om hom te vang. Die arend het weer opgestyg- met leë kloue, maar Bekkie was weg! Het hy erens dood gelê? Ek het 2 uur lank geroep en gesoek, maar Bekkie was skoonveld. Toe kry ek hom later, net daar waar die arend hom wou vang. Hy het onder digte lae takke ingevlieg en daar op n lae takkie tjoepstil gesit en wegkruip. Nie eers sy mamma se roep het hom laat beweeg of antwoord nie- vir meer as 2 uur lank!
Hoeveel stres verduur ‘n huisvoëltjie wat nie kan vieg nie, wanneer hy skrik of bang word? Wat gebeur met hom as hy wel skrik en op sy lomp wyse uitvlieg? Hy kan nie homself verdedig teen honde, katte of valke nie, hy kan nie op die hoogste takke wegvlug van gevaar af nie( of rats tussen dun takkies invlieg nie) en as hy nie gevind word nie, is sy kans op oorlewing uiters skraal.
Verlede week het vabond Bekkie weer uitgeglip en aangedryf deur die wind, gevlieg tot by die bome 2 huise van ons af. Daar het die mannetjie gesit en luidkeels geantwoord as ek met hom gesels. Die wind was sterk en ek was onseker of hy sterk genoeg kon vlieg tot by die huis, daarom het ek maar na hom toe gegaan, al is dit eintlik teen my beginsels. Gewoonlik sal ek na hom stap, groet en al etend huis toe loop. Dan is dit nie lank nie, of hy vlieg terug en is baie bly om weer in die kombuis te wees en sy beloning te kry. Nou wou hy dit egter nie waag nie. Dit het ‘n goeie halfuur geduur, maar op die ou einde het hy soet afgeklim tot op my hand, waarskynlik net so bly soos ek dat ek hom kom red het.
End goed alles goed!

Hier maak Pollie en Grietjie nader kennis. Grietjie is ‘n kat met “survival skills” wat gered is toe sy so halfmas uitgegroei was. Ten spyte van allerlei grusame voorspellings het sy darem nog nie ‘n papagaaitjie probeer vang nie, en sy is nou reeds 10 jr oud. Pollie is die bure se ringnek, wat die afgelope jaar by ons woon. Sy is nie so mak nie en wil nie die step-up ding doen nie. Sy sal bepaald nie na my toe vlieg as sy per ongeluk uitkom nie, maar hou darem daarvan as ek haar koppie krap. Ek sal regtig meer tyd met haar moet spandeer.

Posted in Los opdrifsels, Voels en beginsels: I believe I can fly | Tagged , , , , , , | 15 Kommentaar

oulike kinderboeke

Deesdae is mense tog so besig en dit is soveel makliker om kinders voor die TV te laat neerplak as om die moeite te doen om vir hulle te lees, maar glo my, selfs in hierdie tegnologiese eeu, is LEES die ding wat sukses aanhelp  –  sukses op akademiese gebied, en ook op geestelike gebied. Daarom is een van die beste presente wat jy ooit vir ‘n kind kan gee, ‘n BOEK.

Om kinders op prettige wyse meer van God ons Vader, Jesus, Sy Seun,  en die Heilige Gees te vertel, het CUM BOEKE oulike nuwe boekies uitgegee.

Die eerste is die lekker ‘n  Doogle dagboek vir kinders deur Nancy Taylor.IMG_1346.jpg

Ek het hierdie boeke aan my tweeling kleinkinders van 8 jaar gegee.  As mens die boekie oopmaak, is daar ‘n Bybelstorie op die linkerkant se bladsy en aan die regterkant is daar ‘n bladsy waar die lesertjies die gedeeltelike prentjie op sy eie kan klaar teken. Soms is daar prentjies om in te kleur en soms prenteraaiesels. OULIK! Hulle illustreer dus as’t ware hulle eie boek! Die tweeling is in Graad 2 en dit is dus raadsaam om die storie vir hulle te lees, en daarna kan hulle mal gaan op die bladsy langsaan, waar daar ‘n mooi raampie geteken is waarin hulle nou hulle eie prentjie kan teken op lekker stewige papier.  Hulle kan ook die raampie mooi inkleur en verander soos hulle wil.

Ek wou nog so ‘n boekie koop, sodat elke kind sy eie kan hê, maar Paarl Mall se boekies was uitverkoop – nog ‘n aanduiding van die gewildheid van die boek. ‘n Mens kan dit egter by hulle bestel.

‘n Oulike en praktiese belewing van die Bybel.

******

Nog ‘n oulike boek, maar vir die ietwat ouer kind, is My eie klein BelofteBybel, deur Dave Strehler.

kinderboek:beloftebybel

 

Hierdie boekie leer deur ‘n klein beskrywing, ‘n Bybelteks  en ‘n mooi illustrasie verskillende beloftes wat God aan ons maak deur sy woord. Die boekie verduidelik op eenvoudige wyse dat God beloftes aan sy kinders gee sodat ons kan weet wat sy plan met ons is en sodat ons hom kan vertrou en weet dat Hy vir ons lief is.

Dit is meer ‘n boekie vir kinders wat al goed self kan lees, maar dit is ook baie geskik vir ouers en kinders om saam die beloftes  te lees, die teksies op te soek of sommer net te lees en te bespreek.

Lekker presente vir Kersfees, Paasnaweke, verjaardae, of sommer net, omdat dit ewigheidwaarde het!

Posted in Boeke en flieks, Kersfees | Tagged , , , , , | 8 Kommentaar

Sondagaand – nie blues nie

Vannaand sit Seegogga nou stoksielalleen en speel hier met haar bloggie – iets wat sy so lanklaas gedoen het.

Mnr Krap het aan’t slaap geraak in die sitkamer, RSG speel die mooiste operamusiek, die skulpbakkies is gewas, die seekatte lê opgekrul  en die seevoëltjies slaap lankal soet. Seegogga sit hier by haar eetkamertafel met haar swart boksie vol perriwinckle skulpies en speel sonder enigiemand wat pla!

Seegogga weet sy moet ‘n paar boeke bespreek, idioomstories skryf, woordsnoere maak, en baie baie goeters doen. Maar sy ISSIE LISSIE! Sy is lus om sommer te tokkel op die skulpies, lekker nonsens te  tokkel, en nie om te gee of dit wat sy skryf enige sense maak, hogere taal is, of enigiets vir enige iemand beteken nie.

Ja, Seegogga is lus vir speel en niksdoen! Dis immers Sondagaand en sy is alleen met haar geliefde ou bloggie wat in die laaste tyd al te veel na werk begin voel het. Sy verlang na die dae toe die woorde sommer so maklik gevloei het, en sy nie verplig gevoel het om iets te doen nie.

Dus vat sy nou bietjie vakansie, kielie sy nou die skulpies en lag lekker, want dit voel ‘n bietjie soos die outyd. Sy drink ‘n bietjie rooi seegrastee, en weet sy gaan nou- nou verder in haar warmwaterpoeletjie lê  en ontspan. Ai, sy is darem soo bevoorreg!  En dan gaan sy inkruip in haar skulpbedjie en lekker soet slaap onder haar seegraskombersie.

Sy dink ‘n bietjie hartseer daaraan dat haar spotted grunter noual lankal nie meer hier is om die ander seekatte te jaag nie. Maar sy troos haar daaraan dat hy al baie oud was en dat sy hom die rus gun. Hy het sy spesiale plekkie in haar hart.

Seegogga dink aan al die skulphuisies wat more weer moet skoon kom vir die hermietkrappe wat wil kom kuier. Maar dit is gelukkig eers more se stories, en hopelik het sy genoeg hulp – Ja die tye stap aan, dink sy en gaap. Dis baie jare sedert sy alleen so hard gewerk het soos daardie een dag waaroor sy geskryf het, so lank gelede.

“Dit gaan goed met my,” dink sy gelukkig. “Die liefde is soos ‘n klein voëltjie,” sing Carmen, op die radio. “More, net more, gaan ek weer werk en verantwoordelik wees en dink en organize. Maar nou gaan ek op maat van die mooie musiek  lekker in my poeletjie lê en skommel en droom van verre en wye strande.”

Seegogga sug tevrede, sit die laaste liedjie wat sy op die radio gehoor het, op haar bloggie en maak haar kissie met sy swart perriwinkle skulpies toe.

 

 

 

Posted in branders van emosies: musiek vir die siel, Los opdrifsels, Seestories | 22 Kommentaar

Boekbespreking; ‘n Hart vol hoop

20190404_212228.jpg

Dit is altyd vir my interessant hoe ‘n goeie skrywer kan lewe gee aan ‘n Bybelkarakter van wie ons eintlik so min weet. Tessa Afshar het goeie navorsing gedoen oor die lewe in Fillipi in Paulus se tyd, die werklike gebeurtenisse in daardie tyd uitgebou en aangevul deur geloofwaardige fiksie, sodat Lydia uitstaan as ‘n volronde karakter.

Sy was die dogter van ‘n baie goeiekleurmeester, wat die pragtigste purpermateriaal kon kleur. Omstandighede het gemaak dat sy van jong onskuldige meisie tot ‘n rype ouderdom gegroei het in lewenservaring en wysheid.  In plaas daarvan om te gronde te gaan van swaarkry, het Lydia gegroei tot sakevrou in eie reg. Hoe het sy dit reggekry?

Terwyl ek haar storie gelees het, het Salomo se skrywe oor die deugsame vrou in my kop gespring.’n Mens kan nie help om haar te bewonder dat sy te spyte van baie teenslae tog kop bo water kon hou nie.

is ‘n lekkerlees boek oor ‘n besondere vrou in die nuwe testment was benewens ‘n goeie, spannende storie, ook ‘n paar lewenslesse het. Ek het ook daarvan gehou dat elke hoofstuk toegelig word deur ‘n Bybelteks bo-aan. Ek beveel hierdie boek sterk aan vir enigiemand wat lief is vir ‘n lekker storie, gegrond op die waarheid.

‘n Hart vol hoop is geskryf deur Tessa Afshar en uitgegee deur Cum boeke.

 

Posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels | Tagged , , , , | 4 Kommentaar

summertime!

Vanoggend loop iemand wat my nog nie goed ken nie, my raak daar reg voor OK op Struisbaai.

“Hallo!” groet sy vriendelik. “Wat maak jy hier? Hou jy so ‘n bietjie vakansie?”

En dadelik kom die woordjies wat ek jare gelede hier op die bloggie geskryf het in my kop, dus skryf ek dit sommer vannaand weer hier, met ‘n paar klein veranderinge

                    IT’S SUMMERTIME

 It’s summertime, and off to the sea I go,

not to swim, walk the beach, or suntan – no!

But to work – wash toilets, make beds, sweep floors…Oh!

It’s summertime so off to the sea I go!

its summertime 001.jpg

 

 

 

 

 

 

Posted in gedigte en rympies (seestrome van verlange) | Tagged , , , | 21 Kommentaar

Boekbespreking: ‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis, uitgegee deur Cum boeke

‘n Nuwe Seisoen deur Beverly Lewis. Uitgewer: Cum boeke

nuwe seisoen boek

 

Ek het onlangs hierdie mooi kuise  liefdesverhaal gelees en baie geniet, ten spyte van die vertaling  wat een of twee plekke bietjie hinderlik is. Oor die algemeen is dit egter goed vertaal.

Die gebeure vorder stadig, soos ook die gedagtes om verandering van die hoofkarakter, Sallie. Tog is dit nie vervelig nie, maar wys op mooi wyse hoe die Amish-gemeenskap leef en dink, hoe diep hulle geloof is en hoe kuis hulle lewenswyse.

Sallie het ‘n groot behoefte om te reis en ‘n bietjie meer van die lewe te sien. Toe sy genooi word om as kinderoppasser te gaan vakansie hou saam met ‘n Christen gesin wat nie tot die Amish gemeenskap behoort nie, skep dit vir haar ‘n geleentheid om ‘n bietjie meer van die wereld te sien. Dit laat haar ook egter sekere dinge wat vir haar ouers,  broers en susters vanselfsprekend is, bevraagteken. Sallie se reis na volwassenheid , onafhanklike denke en ook ware liefde, ontvou geleidelik en subtiel en dit laat jou ook onder die indruk van die diepte van haar geloof.

Beverly Lewis is wereldwyd een van die gewildste Christelike skrywers met haar voorgeslagte wat baie betrokke by die Amish gemeentes was. Sy hanteer die sensitiewe onderwerp van verskillende geloofsuitgangspunte met deernis en insig.

Ek dink dis ‘n aanwins dat die boek ook in Afrikaans vertaal is en dit staan uit tussen die baie ‘vlak” liefdesverhale wat ‘n mens so dikwels kry.

Posted in Boeke en flieks, Los opdrifsels | Tagged , , , , | 10 Kommentaar

my kerkkoevertjie

brood vr liefdadigheid 001Nouja, almal wat die Bybel lees, sal weet dat daar geskryf staan dat jy ‘n tiende vir die Here moet gee. Maar hoeveel van ons doen dit werklik? Die volle tiende?

Ek moet bieg dat ek dit jarelank nie gedoen het nie. Jy gee virdie diaken iets, jy gooi in die kollektebord, jy dra hier en daar iets by vir die blindes, gee toebroodjies vir die bedelaars……

Totdat ek met die huisverhurings begin het. Nadat my man jare lank om my ore gekerm het dat ek ‘n begroting moet hê, en ek net eenvoudig te arm was om eers te dink aan geld hiervoor of daarvoor opsy sit, het ek aan die Here belowe dat ek ‘n 10de van alle winste vir Hom sal opsy sit. Hierdie geld bere ek dan pligsgetrou ‘n ‘n koevertjie en mag glad nie daarvan gebruik vir myself nie.

Toe dink ek, ek kan mos maar vir myself ook so ‘n 10de koevertjie maak. En wat van ‘n 10de koevertjie vir aanbouings? Ek wou so graag die garage in ‘n woonstel verander. Wat van ‘n 10de koevertjie vir die uitgawes aan my raambesighed? Die red vd geld kan gaan aan kos, water en ligte rekeninge ens ens.

En weet julle wat? Dit werk! Skielik het ek geld vir die kerk, om te gebruik vir iemand in nood, om ‘n goeie daad te verrig. Ek het al tweekeer iemand se huispaaiement betaal omdat die bank gedreig het om die huis te vat. Ek kon al groot rekeninge vir mense betaal om die wolf van die deur af te hou. Ek gee vir die kerk self van tyd tot tyd ‘n redelike groot bedrae.

Maar daar is ‘n paar vrae.

As ek nou ‘n R100 of meer in die kollektebordjie gooi, kan ek dit dan weer uit my koevertjie gaan haal? Ja, ek glo so, dis mos deel van my 10de. Die probleem is dat ek dit meestal dink, en dan later as ek by die huis is, dit al lankal vergeet het. So dit gebeur meestal nie.

As daar ‘n dure funksie vir liefdadigheid is, bv ‘n dinee met ‘n spreker of dans – iets wat ek normaalweg nie sou bywoon nie, omdat ek in die verlede nooit geld gehad het nie, kan ek dan van daardie geld vat en dit bywoon? Dit gaan mos vir liefdadigheid? Kan ek kerkbazaar toe gaan en na hartelus gaan koop omdat dit vir die kerk gaan? Vroeer het ek maar meestal gekyk en net ‘n sosatie of twee gekoop? Nou kan ek mos daardie mooi duur slaailepels koop wat iemand vir die kerk geskenk het. Kan ek? Ek monteer ook elke jaar ‘n hele paar skilderye gratis vir die kerbazaar, want ek het altyd dit as my bydae beskou. Maar eintlik kos dit ‘n hele paar honderd rand en ek moet die persoon wat my daarmee help, se salaris betaal. Kan ek dit uit die koevertjie haal? Ek het nog nooit, maar kan ek, terwyl ek nou so daaraan dink?

Die eintlike probleem waaroor ek nou hierdie blog skryf is dit:  kan ‘n mens aanmekaar dieselfde persoon help? Die nood is oral so groot. Hier kom briewe en briewe aan: blindes, dowes, gestremdes, spesiale skole,  spierdistrofie, Bybelverspreiding, dierebeskerming, vroue wat koekies bak op ‘n klein dorpie –  almal, almal soek geld. Die hele wereld het te min geld . Ek ook.  (En kan ek net meld dat ek ook oortrokke by die bank is. Maar hierdie geld is nie vir my of my kinders nie.)

(Dit laat my mos nou dink aan die bedelaar by die asgate. In die motor het ek een en ‘n halwe vars brood gehad wat die huurders by die huisies agtergelaat het. Twee seuntjies het my kom help om die swart sakke uit my motor te laai. Ek het hulle elkeen ‘n geldjie gegee en die hele brood, wat hulle vir hulle mamma moes neem. ‘n Groot man het toe aangedrentel gekom ( hy het my geensinds gehelp nie) en gevra of ek vir hom ook ietsie het. Ek het hom die halwe brood gegee. Hy het die brood met ontevredenheid bekyk:” Is dit dan nou al wat ek kry?” Die hele pad dorp toe, het ek gewonder oor bedelaarsregte. Is daar dalk ‘n minimum bydrae wat mens vir bedelaars mag gee? Is daar dalk ‘n bedelaarsorganisasie wat se dat hulle sal staak as hulle nie genoeg kry nie? Kan ons dalk deur die wet verplig word om vir elke bedelaar ‘n hele brood te gee ipv ‘n halwe een?)

So, ek het nou hierdie koevertjie ( en hy is nie bodemloos nie, hoor, maar op die oomblik is daar ‘n paar duisend rand in, sowaar) – genoeg om ‘n betekenisvolle bydrae erens te lewer. Goed,  ek moet ‘n groot deel weer by die kerkantoor gaan afgee. Maar moet ek regtig weer ‘n substansiele bydrae gee vir iemand wat sukkel, maar vir wie ek al 2 of 3 x vantevore substansiele bydraes gegee het – omdat hy nou vra? Ek het maar nog altyd gegee soos dit oor my pad kom en daar was lanklaas iets wat oor my pad gekom het, tot dieselfde persoon nou weer. Daaroor voel ek bietjie…kriewelrig.

Hoe voel julle oor hierdie sake?  Ek sal so graag julle wyse raad en opinies wil hoor. Miskien sal Frannie met haar goue broodjies weet!

 

 

 

 

 

Posted in Los opdrifsels | Tagged , | 33 Kommentaar

Boekbespreking: Kruispad vir Klara deur Helene de Kock

20190120_203929.jpg

Om alles te verloor waaraan jy al die jare gewoond was, en ook die mense wat vir jou dierbaar was, dwing jou om besluite te neem en dinge te doen wat jy nooit voorheen as moontlike opsies sou beskou het nie.

Vir Kara, ‘n Tukkie joolprinses, was dit ‘n swem- of sink situasie. Waar sou sy krag vandaan kry om bo haar omstandighede uit te styg?  En wie is Anton? Ek het dit geniet om saam met haar die pad te stap.

Helene de Kock is ‘n ervare skrywer. Die karakters in haar roman was oortuigend en daar het baie karakterontwikkeling plaasgevind. Ek het hierdie lekkerlees liefdesverhaal baie geniet het ook heelwat stof tot nadenke gekry.

“Kruispad vir Kara” deur Helene de Kock word uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM)

Posted in Boeke en flieks, feeverhale en ander stories | Tagged , , | 1 Kommentaar

Dis Kersfees

Hierdie jaar het onder my uitgevlieg. Benewens my matriekklas se 50 jarige reünie  het ek wonderlike blogavonture en reise beleef. Volgende jaar DV is die my varsitypêlle se 50jarige reünie en gelukkig reël ek dit nie hierdie keer nie.

Maar nou is dit eers daardie wondergety: Kersfees, waar ons opnuut die wonder van Christus herdenk.

‘ n Geseënde Kersfees en ‘n vrolike nuwe jaar vol wonderlike ervarings word u toegebid.kersfees 001

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 16 Kommentaar

Waenhuiskrans/Arniston

Liewe Towerinne en almal wat belangstel: Lees gerus hierdie interessante skrywe van Pierre Massyn oor ons dorp met twee name, waar ons onlangs rondgetoer het en spesifiek die storie oor die stranding van die Arniston.

Waenhuiskrans of Arniston?

Lees ook ‘n  seerowerstorie wat op Struisbaai by ‘n wrak afgespeel het, hier! Klik net hier:  Seerowers

Posted in blogspeletjie diegroen giggelbus, Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories | 2 Kommentaar