Eendag lank gelede, besluit ‘n paar bloggers om saam vakansie te hou.
Nou, soos julle weet, is Bloggers snaakse goeters. Ek weet nie of hulle mense is of wurms nie, want hulle lyk beslis anders as mense en ook nou nie juis heeltemal soos boekwurms nie.
Bloggers het die snaakste name: Toorts, Kameel, , Kouevuur of eintlik Vlam( het jy nou al ooit van so-iets gehoor?) , kindvanafrika, boer, brieweuitdievreemde, Lekkerjeuk dirkiedup, tamatieland, om maar net ‘n paar te noem.
Bloggers het omtrent almal sulke groot ronde brille op hulle groot ronde koppe, amper soos daardie seuntjie in die towerstorie. Hulle dra egter nie ‘n towerstaf nie, nee, hulle het ‘n tower tablet, laptop of selfoon, wat hulle oral saamdra. Sonder hierdie apparaat, (ons noem dit sommer hulle toorgoed) is ‘n blogger verlore , want die toorgoed gee vir hom kos, vingeroefeninge en woema. As die toorgoed se battery pap is, verlep ‘n blogger sommer en hy kry so ‘n senuagtige kykie in sy oë. Al die bloggers het sulke krom rue, want hulle is die heeltyd besig om vooroor te buig oor hulle toorgoed. . Hulle vingers is krom en beweeg heeltyd op en af en heen en weer, soos hulle tik. As jy met hulle praat tewyl hulle so besig is, sê hulle””Mmmm?”” Immm”, “Huh?” of “eeee”. As jy baie gelukkig is, sê hulle sowaar ook woorde, soos bv: ” wag net ‘n bietjie” of “nou-nou” of dalk selfs “Ja….”
Nouja, eendag besluit ‘n paar bloggers om op reis te gaan. Dit is Slakkie, Maankindjie, Kameel, Toortsie, Seegogga en Xena Herriemerrie, Karen, Dirkiedup. Olga , en die Donkie. O ja, en Vlam en Brieweuitdievreemde. Almal klim op die donkie en daar trek hulle.
Maar o wee, die donkie wil mos jaag, en daar val party toe sommer dadelik af. Gelukkig het Kameel nie op die donkie geklim nie, en sy laai toe sommer die ander op.
” Ons agtergeblewenes moet ook altyd sukkel” brom Olga terwyl sy die hoë kameel probeer opklim. Slakkelak vroetel hier tussen die kameel se hare rond. Verbeel sy haar of het sy ‘n mooi vet vlooi gesien? En daar is haar vriendjie die luis, ook! Sy wil nog keer, maar Karen is dadelik by met vlooipoeier, ontwurmingsmiddel en vitaminepille.
Dit word donker, maar die bloggers reis lustig voort, want die Toortsie, Maankind en Son maak almal helder lig.
Maankind vertel vir hulle e-maan spookstories. Ja, bloggers is mal oor e-stories! Toe hulle uiteindelik rus, maak Vlam hulle lekker warm. “ek hou niks van koue nie, ” sê sy bibberend en laat haar vlam sommer dadelik lekker hoog brand.
Xena vertel vir hulle van al die besoedeling wat plaasvind as vure sommer so hoog brand. Moet ‘n mens liewer in die donker sit of nie? Daar is dalk ‘n saak uit te maak daarvoor! Maar Laviga, Herriemerrie se maaikie sê: “Haai, oe, so ‘n vuurtjie kan so lekker wees en dan kan ekke en Hambil en lakkedinges mos lekker warm kry!”
Die klompie sit nog so toe Brieweuitdievreemde vir Dirkiedup begin uitvra oor taalkwessies en hoekom sekere woorde met dubbelletters getik word en ander nie. Hulle vingers begin sommer vanself so op hulle toorgoed tokkel.
Gou-gou hoor ‘mens net tiktiktik…. tiktik…..tikkkkkk Byna al die bloggers het vergeet om te praat, hulle vingertjies tik besete op hulle toorgoed. Elke keer as iemand asemskep, kom Kameel en tik nog ‘n paar woorde by om hulle aan te moedig. Toortsie moet omtrent ronddraf om lig te maak en raad te gee.:”Vertrou net, blogmaatjie, alles sal regkom!” tik sy vir almal moed in.”
“Ek raak nou lekker gatvol!” brom Vlam. Blog is lekker, maar perlemoen ook!” ” Nee weg, met die smokkelaars!” tik Olga. “Wat gaan van ons nasie word?”
” Ek geniet dit hier”, my groen kleur het baie verbeter,” tik Dirkiedup.
Seegogga skarrel rond en maak prentjies in die sand.
Skielik is daar ‘n kragonderbreking. Donkerte! Gille! “Help, help” gil hulle. “Die vyand is op ons!”
Maatjies, en nou weet ek ook nie wat verder gebeur het nie! Help my en vertel die res van die storie! Kameel, jy is mos goed met stories. vertel ‘n bietjie en dan kan jy dalk die storie aangee na iemand anders……







































Jy moet ingeteken wees om kommentaar te lewer.