positiwiteit blues op ‘n Sondagaand

Somtyds, as dit blues-tyd raak op ‘n Sondagaand, is dit swaar op positief te bly – oor my geldsituasie, oor die huis se instandhouding, oor die kinders se geluk, oor my sukses as moeder, oor my huwelik, oor  die toekoms, sommer oor alles. Dis dan wat ek in ‘n bolletjie wil oprol en onder die bed gaan wegkruip.

En dan skiet ek ‘n (hele) paar gebedjies op en knyp my oë toe en trek my rug regop  en besluit koppig ( ek aard mos na my pa): ek SALLIE! Ek sallie dat die lewe my onderkry nie. Ek sallie gaan lê nie! Ek sallie kyk na al die realiteite  wat my in die gesigstaar nie, ek sallie moed opgee nie en ek sallie huil nie.

Ek moet net aanhou en glo. Maar somtyds, op ‘n Sondagaand, is dit bluestyd………

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

8 Responses to positiwiteit blues op ‘n Sondagaand

  1. MaanKind sê:

    Gelukkig is dit nou Maandag… Hoop jy oel beter. ♥

  2. karen sê:

    Maak nie saak hoe sleg die situasie is nie, dis hoe jy dit hanteer wat saak maak. En jy het duidelik die regte uitkyk. Moenie te hard wees op jouself nie, klein bietjie huil is nie altyd sleg nie. Sterkte!

  3. brieweuitdievreemde sê:

    Ek lees gisteraand van Eugene Marais se bevinding (uit: Die Groot Verlange)dat diere (en 1 uit 20 mense, volgens hom) lei aan ‘hesperiese neerslagtigheid’ wat blykbaar basies beteken dat diere en ‘n persentasie mense depressed raak as die son begin sak. Ek beleef dit elke aand, nie net Sondagaande nie. Hoop jy voel beter.

  4. seegogga sê:

    Hallo Briefies, welkom by my blog. Ek is ook self baie erg oor Eugene Marais, en het Die groot Verlange jare gelede vir myself as geskenk gekoop. (Kan jy glo? Dit het baie duur gekos: R12!) Sjoe, dis erg om elke aand so te voel!

  5. Kameel sê:

    Dit is nou Maandagaand, en ek vertrou die Sondagaand blues is verby 😉 Jy mag maar bietjie huil, dit is nie swakheid nie… net bietjie mens wees. Daar kom altyd weer genade om voort te gaan!!!

  6. seegogga sê:

    blues darem weer oor- dis mos nou Donderdag en MEGAWEEK hier!

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s