Diepseeduik op die Suidpunt van Afrika.

My goeie vriend. Martin van der Merwe, is al jare lank duiker op Struisbaai en neem ook duikers uit om te gaan duik. Nou het Martin ‘n dvd gemaak van die lewe onder die water hier waar ons woon. Die video vertel ‘n bietjie van die geskiedenis van Struisbaai en Agulhas, gee interessante lugfoto’s van die twee groot wrakke, die Oriental Pioneer en die Wafra en gaan dan in in ons eintlike groot ander wereld, die wereld onder die water.

Mense, ons woon by ‘n paradys en ons weet dit nie! Die see hier onder by ons is absoluut pragtig! Ek wonder hoeveel mense wat oorsee gaan duik, weet van die paradys hier by ons suidste punt?

Martin se dvd ondersoek die wrakke onder die water, die seelewe onder die water op Struisbaai, Agulhas, Suiderstrand, die Mond en Waenhuiskrans. Kommentaar is tans slegs in Afrikaans. Die Dvd is geskik vir die plat skerm tv’s. Dit kos net R100 +R10 posgeld en kan by my bestel word. email seegogga@gmail.com , of skakel 0845874228, of lewer sommer net kommentaar hieronder.

Hier volg ‘n klein stukkie van een van sy ou videos’s by die Mond geneem. Die nuwe video se gehalte is uitstekend en meestal in HD en daar is natuurlik ook kommentaar by. http://www.twooceansdiving.com/apps/videos/videos/show/13246232-the-mond

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories and tagged , , , , , , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Diepseeduik op die Suidpunt van Afrika.

  1. Kameel sê:

    My kinders ry Mosambiek toe om te gaan duik. Sal hulle sê hulle moet ‘n bietjie meer Suid kyk 😉

    • seegogga sê:

      Vollgens die dvd is dit absoluut pragtig. Volgens Martin is dit baie mooi, maar nogal effe gevaarlik. Hy weet egter waar om te gaan , maar neem netmense juit as dit absoluut mooiweer is, gewoonlik Desember Januarie

  2. Terug pieng: speel saam « OLGA SE OKSELTJIES

  3. seegogga sê:

    Het jy dit gesien, Toortsie? Ek dink ook dit is pragtig! Ek gaan sommer een vir my kinders in Holland ook stuur.

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s