Hier waar ek nou laataand sit, toegewikkel in my warm top, en luister na die geloei van die winterwind, is dit moeilik om te glo dat dit lente is. En tog is dit! Sowaar! Ek het selfs mooi foto’s om dit te bewys!
Sien is glo, so here goes: Al die foto’s is nou op een dag in my seetuin op Struisbaai geneem. Toegegee, hy is ‘n bietjie oorgroei, maar dis ‘n wilde fynbostuin, kompleet met sy akkedissies, bloukopkoggelmanders, skilpaaie en so nou en dan ‘n slang. Op ‘n stadium het bokkies snags die malvas kom af-eet, en die fisante ( en soms snags ‘n ystervark) kom skrop daar rond. Die streepmuisies, voëls en watnog is ewe tuis daar tussen die riete en bosse.En elke bossie het sy blommetjie.
En soms as dit donker is en koud, is dit goed om te onthou: Na elke liewe koue winter gee ons goeie Vader weer ‘n lente!
Pragtig, dankie… Laat mens sommer weer besef hoe bevoorreg ons is met die Skepping…. Sien in my verbeelding jou pa daar in die tuin, so met sy effe geboe figuur… Jy maak die dag nou sommer ook mooi vir ons almal!!
Ai, Chris, ek sien mos ook my pa daar! Jy sal maar weer’n slaggie see toe moet kom!
Mooi! Ek kuier by my ma op Vermont en alles is net so mooi hier – mal oor die lente!
So naby! Geniet dit daar. Ek is seker daar is net so baie blommetjies.
Behalwe vir die slang in die gras…. is jou tuin pragtig. Verlang elke jaar blommetyd Kaap toe..
jy sal by Toortsie moet kom kuier!
Pragtige foto’s. En ek kan net dink hoe trek Chris Beyers se hart met ‘n PUNT na die SuidPUNT!! 🙂 En ja, na elke winter is daar ‘n lente! Dankie
bly jy het dit raakgesien. Dis nogal gisteraand toe vir my ‘n vertroosting.
Oe, mooi is dit darem! Geniet dit 🙂 En ek dink die diertjies hou daarvan dat daar nie te veel aan die tuin gevoel word nie…
Ek is mal oor so ‘n wilde tuin. Dis net die gevaar van slange wat my nou en dan ‘n paar bietoebosse laat uitkap….
Reblogged this on Seegogga Accommodation: Struisbaai and Agulhas.
Ek is dol oor die pers blommetjies met hulle geel hartjies in die tweede foto. So jammer jy het nie die name bygesit nie.
Olga, weet jy, hulle is nie eintlik pers nie, hulle is potblou! Ek dink ‘n mens noem dit blou felicias of so-iets.(Toooorts!!!!! Help!!!!!) Die 3de foto is ‘n bietjie oor belig, maar hulle is pers met ‘n geel senter, en sulke kliphare egte fynbos blaartjies. Hulle blom feitlik die hele jaar, vanaf so Maart-April, tot amper somer. ‘n Mens kry ‘n goudgeel een ook, maar om een of ander rede is die geles skaars in my tuin. Ek sal die gele ‘n bietjie moet gaan aanhelp.
Reg, die eerste geel blommetjies is freezias, wat oral sommer wild opkom, ook op ‘n mens se grasperk. Dan is daar die felicia of blou magrietjie. Hy maak nie saans toe nie, in teenstelling met die volgende ligpers blommetjie wat saans toemaak. Ek sal sy naam soek. Dan is daar ‘n geel fynbosblommetjie en die wilde malva( wit met ligienk binne) en dan die Struisbaai protea, moenie my se wetenskaplike naam vra nie, maar my ma het gedink dis sommer die ‘common” protea, terwykl ek weer mal oor hom is, omdat hy so ‘n helder rooi is. Die compacta groei ook hiet, minder as 400m vgan ons erf af, maar verseg om 400 tree nader aan die see te groei
blou, pers, hulle bly pragtig.
Ek stem!