Eendag , lank gelede, was ek jonk en mooi en verlief. ( Ja sowaar!)
Die enigste sitplek in my woonstel was maar die bed, ‘n outydse yster en koper driekwartbed, baie mooi, en wyer as ‘n gewone enkelbed. En wie sit nou as jy lekker agteroor teen die tralies kan le?
Die outjie van my drome het juis so agteroor gele, ewe onskuldig.
Ek besluit entoesiasties om op die bed te duik soos ek gewoonlik doen as ek alleen is, hardloop vorentoe, duik…..en val aan die anderkant af.
Ja, wat sal ek se? By Merino, ons restourant, na verskeie glipsies met glasies wat stort ( of val) spot hulle my lekker. Ek drink mos net koeldrank, en die rede “Sy het nie alkohol nodig nie… “
Jinne Krappie. Ek het gedog jy is amper ‘n 100 jaar oud, maar my lelik misgis. Jy is darem van ‘n tyd waar jy mans in jou kamer kon onthaal. 😉
Dit lyk my jy het hier en daar iets misgelees in my seksboek….. Maar jy’s eintlik reg: Ek lyk amper 100
Ag toe!!! Waar lyk jy amper 100????? As ek nog so op en top kan wees soos jy wanneer ek jou ‘HOë” ouderdom bereik, sal ek baie bly wees!
Glo My jy sal! Ten minste slaap jy , en dis goed vir die vel en die verstand. Met my slaapgeskiedenis haal ek een vd dae 100.