Die Juffrou. Deel 4

Wat is moreel, eties, en wat is nie? Die juffrou het gedog sy weet. En John het geglo hý weet. En hulle het geglo dat hulle net onderwyseres en leerling was.

Ag, en hulle wás ook net onderwyseres en leerling. Dis net dat die telepatie, die band, die begrip en die aantrekkingskrag al sterker geword het – sodat ander dit waarskynlik kon sien, en daaroor gefrons het, al het hulle dit self nie durf erken nie. Sy was tog immers verlief op haar ingenieur. En hy op die skool se skoonheidskoningin.

Waarom was hulle dan so ingestel op mekaar dat hy geweet het wat sy dink?  Waarom het albei dan geweet dat daar ‘n baie fyn lyn is wat hulle nie durf oorsteek nie? Waarom het hy soms skoolvakansies sy klein boetie en sussie gebring om vir die juffrou te kom kuier? En waarom het hy eenkeer vrylekkers in die bakkie op pad huis toe gesit?

Toe die juffrou saam met die bergklimklub Drakensberge toe gaan, het hy vir haar sy ou grys parka-baadjie geleen om saam te neem.  In die koue berglug het sy die geur van die warm baadjie diep ingeasem. Dit het vir haar so reg geruik. ‘n Lieflike geur. Die geur van John.

Kliek hier om te vervolg.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Vertelling: Die Juffrou en John. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die Juffrou. Deel 4

  1. Terug pieng: Die juffrou. Deel 3 | Seegogga se Bloggie

  2. Kameel sê:

    Net in die week gewonder wat het met John gebeur 😉 Toe neem ek jou trekkery in ag, en besluit om nog ‘n bietjie te wag voordat ek jou ‘n “friendly reminder,” stuur.

  3. seegogga sê:

    die trekkery is woes, en dan gebeur daar nog allerhande goed, soos reise, en lente ens ens.

  4. brieweuitdievreemde sê:

    Die lewe is meer kompleks as wat Ds Murray Janson destyds beweer het…

  5. Terug pieng: Waarvoor gril jy? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s