Avonture in die woestyn

Eendag lank gelede, besluit ‘n paar bloggers om saam vakansie te hou.

Nou, soos julle weet, is Bloggers snaakse goeters. Ek weet nie of hulle mense is of wurms nie, want hulle lyk beslis anders as mense en ook nou nie juis heeltemal soos boekwurms nie.

Bloggers het die snaakste name: Toorts,  Kameel, , Kouevuur  of eintlik Vlam( het jy nou al ooit van so-iets gehoor?) , kindvanafrika, boer, brieweuitdievreemde, Lekkerjeuk dirkiedup, tamatieland, om maar net ‘n paar te noem.

Bloggers het omtrent almal sulke groot ronde brille op hulle groot ronde koppe, amper soos daardie seuntjie in die towerstorie. Hulle dra egter nie ‘n towerstaf nie, nee, hulle het ‘n tower tablet, laptop of selfoon, wat hulle oral saamdra. Sonder hierdie apparaat, (ons noem dit sommer hulle toorgoed) is ‘n blogger verlore , want die toorgoed gee vir hom kos, vingeroefeninge en woema. As die toorgoed se battery pap is, verlep ‘n blogger sommer en hy kry so ‘n senuagtige kykie in sy oë. Al die bloggers het sulke krom rue, want hulle is die heeltyd besig om vooroor te buig oor hulle toorgoed. . Hulle vingers is krom en beweeg heeltyd op en af en heen en weer, soos hulle tik. As jy met hulle praat tewyl hulle so besig is, sê hulle””Mmmm?”” Immm”, “Huh?” of “eeee”. As jy baie gelukkig is, sê hulle sowaar ook woorde, soos bv: ” wag net  ‘n bietjie” of “nou-nou” of dalk selfs “Ja….”

Nouja, eendag besluit ‘n paar bloggers om op reis te gaan. Dit is Slakkie, Maankindjie, Kameel, Toortsie, Seegogga en Xena Herriemerrie, Karen, Dirkiedup. Olga ,  en die Donkie. O ja, en Vlam en Brieweuitdievreemde. Almal klim op die donkie en daar trek hulle.

Maar o wee, die donkie wil mos jaag, en daar val party toe sommer dadelik af. Gelukkig het Kameel nie op die donkie geklim nie, en sy laai toe sommer die ander op.

” Ons agtergeblewenes moet ook altyd sukkel” brom Olga terwyl sy die hoë kameel probeer opklim. Slakkelak vroetel hier tussen die kameel se hare rond. Verbeel sy haar of het sy ‘n mooi vet vlooi gesien? En daar is haar vriendjie die luis, ook! Sy wil nog keer, maar Karen is dadelik by met vlooipoeier, ontwurmingsmiddel en vitaminepille.

Dit word donker, maar die bloggers reis lustig voort, want die Toortsie, Maankind en Son maak almal helder lig.

Maankind vertel vir hulle e-maan spookstories. Ja, bloggers is mal oor e-stories! Toe hulle uiteindelik rus, maak Vlam hulle lekker warm. “ek hou niks van koue nie, ” sê sy bibberend en laat haar vlam sommer dadelik lekker hoog brand.

Xena vertel vir hulle van al die besoedeling wat plaasvind as vure sommer so hoog brand. Moet ‘n mens liewer in die donker sit of nie? Daar is dalk ‘n saak uit te maak daarvoor! Maar Laviga, Herriemerrie se maaikie sê: “Haai, oe, so ‘n vuurtjie  kan so lekker wees en dan kan ekke en Hambil en lakkedinges mos lekker warm kry!”

Die klompie sit nog so toe Brieweuitdievreemde  vir Dirkiedup begin uitvra oor taalkwessies en hoekom sekere woorde met dubbelletters getik word en ander nie. Hulle vingers begin sommer vanself  so op hulle toorgoed tokkel.

Gou-gou hoor ‘mens net tiktiktik…. tiktik…..tikkkkkk  Byna al  die bloggers het vergeet om te praat, hulle vingertjies tik besete op hulle toorgoed. Elke keer as iemand asemskep, kom Kameel en tik nog ‘n paar woorde by om hulle aan te moedig. Toortsie moet omtrent ronddraf om lig te maak en raad te gee.:”Vertrou net, blogmaatjie, alles sal regkom!” tik sy vir almal moed in.”

“Ek raak nou lekker gatvol!” brom Vlam. Blog is lekker, maar perlemoen ook!” ” Nee weg, met die smokkelaars!” tik Olga. “Wat gaan van ons nasie word?”

” Ek geniet dit hier”, my groen kleur het baie verbeter,” tik Dirkiedup.

Seegogga skarrel rond en maak prentjies in die sand.

Skielik is daar ‘n kragonderbreking. Donkerte! Gille! “Help, help”  gil hulle. “Die vyand is op ons!”

Maatjies, en nou weet ek ook nie wat verder gebeur het nie! Help my en vertel die res van die storie! Kameel, jy is mos goed met stories. vertel ‘n bietjie en dan kan jy dalk die storie aangee na iemand anders……

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

17 Responses to Avonture in die woestyn

  1. MaanKind sê:

    Dankie vir die mooi storie, Seegogga, maar vergewe my asseblief, ek is onderdompel met werk op die oomblik en gaan eers weer Februarie opkom vir asem. Jy sien mos ek blog niks…

  2. Kameel sê:

    Net te oulik….. so lekker gesit en lag!!

  3. brieweuitdievreemde sê:

    Ook lekker gelag, Seegogga! Sien uit om te hoor wat gaan verder gebeur 🙂

  4. Ekke verstaan nie lekker nie. Aangesien Maanlig, Son en Toorts lig verskaf het, reken ek die kragonderbreking was omdat die lui dames gestaak het. Of sommer net te veel gedrink het en uitgepas het. Ek stel voor Donkie en Kameel gaan piepie hulle nat, sodat hulle finaal hulle les kan leer.

    En die heks? Sy het al lankal almal se padkos opgeëet en gaan slaap.

  5. Terug pieng: Avontuur in die woestyn (3) | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

  6. tog te lekker, ek is seker julle is almal met ‘n drafstap en so tik tik en rus rus op pad na kind van afrika want, ek het haar nogi raaktgeloop in jou storie nie, en ooooo weee, sy sal haar toys gooi as sy weet julle almal is op ‘n trip en sy was nie saam nie, so maybe eeeemmmm is julle op pad na my toe ne, want anders…… wel ek sit sommer die busse vol dansende NIE PLAASWERKERS op julle gehoor!!!!! ek wonder of mens dit as ‘n werk kan beskou?????? die getoi-toi, lyk vir my daar is gespesialiseerde spanne, want plaaswerkers is hulle nie!!!!!!

    anyhoo ek hoop net julle kom by afrikakind uit want sy hou van avontuur en dink net aan ali lekker afrikadisse wat sy vir julle sal optower, gepaard met mannas se lekker (eeuuwwww) wynne!!!!!

  7. Terug pieng: Avontuur in die woestyn, Episode 7 « Bileam se Donkie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s