Die juffrou deel 7

Die mens wik, maar God beskik en dis eers later, met die terugblik, dat ‘n mens soms God se doel insien. En ja, ook soms sal jy dit nooit weet nie.

Die juffrou se werk het vereis dat sy honneurs moet hê, en sy, moeg van studies deur UNISA,  het besluit om dit voltyds te gaan doen- verkieslik op Wits, daardie hoogsaangeskrewe universiteit, of op Stellenbosch, die droomdorp, en naby haar ouers.

Wits wou haar nie aanvaar nie, en die juffrou is as’t ware gedwing om John agter te laat in die bose stad. En omdat John agv sy druip nie verder in die koshuis kon bly nie, het hy die juffrou se woonstel vir die jaar gehuur. Dit het dus alles goed uitgewerk. Dis net: Waarom het niemand, nie eers sy self, besef dat John te siek was om enigsinds te studeer nie? Waarom het sy ouers later daardie jaar teruggetrek Engeland toe en hom nie saamgeneem nie?

John is alleen gelaat sonder sy ouers of haar en sy gedrag was van so ‘n aard dat selfs die juffrou by tye gevoel het dat hy uit haar lewe moet uit. Maar sy kon nooit die deur toemaak nie, want erens was die ware John tog nog aan’t sukkel om te oorleef.

In Stellenbosch het sy, broos en gekneus, versigtig haar pad gevoel, oortuig dat sy as ouer student, ‘n verleentheid sou wees vir haar jonger nefie en sy vriende, wat toe daar besig was om te studeer, en ongeveer so oud soos John. Sy was verbaas as hulle haar saamnooi vir ete. Is hulle nie skaam om saam met haar gesien te word nie? Sy was  verbaas as van die ander studente haar raad kom vra het en selfs sover gegaan het om haar geselskap op te soek. Vir haar?

Gaandeweg het die die juffrou weer haar selfbeeld teruggekry, weer begin lag , die ongelooflike vryheid van student wees begin geniet. Sy het die feesjaar met albei arms aangegryp en heeljaar lank gehuppel.

Hier, jare later, dink sy steeds dat dit die lekkerste jaar van haar lewe was, en tog, hoe ironies, die lekkerste jaar van haar lewe, was die jaar weg van die grootste liefde in haar lewe: John.

Die juffrou het haar feesjaar voltooi en is terug na die leë stad toe. ‘n Stad sonder John. Ja, ook hy is uiteindelik terug Engeland toe. Sy het besef dat sy haar nooit weer so moet blootstel dat ander haar selfwaarde steel nie, en tog kon sy vir John nie kwaad wees nie. Sy het geweet hy is nog nie volwasse nie, en sy het ook geweet dat hy ernstig siek was.

Dit tref haar nou eers, soveel jare later, dat sy dalk deel van sy probleem was. John moes die groepsdruk (en dalk spot?) van sy studentevriende verduur oor sy verbintenis met die juffrou, asook waarskynlik die waarskuwings van sy pa. Hy het altyd teen sy gevoelens vir haar  gestry.

In ‘n tyd toe oorsese oproepe ongelooflik duur en skaars was, het John saans begin bel en ure op die foon met haar gesels. Hy het werk in ‘n laboratorium gekry, hy voel beter, en glo hy is besig om gesond te word. Dit was vir haar heerlik om sy stem te hoor, en ook sy verlange, al het hy dit nooit hardop gesê nie. “John”, het sy in haar dagboek geskryf, ” wanneer gaan jy ooit aan jouself erken dat jy vir my lief is?”

In 3 van sy briewe het hy haar Engeland toe genooi. Dit het haar hart gebreek,  maar die juffrou het nie gegaan nie.

En soos dit gaan in die lewe, het ander liefdes haar pad gekruis. Die juffrou het uiteindelik getrou. In die dae voor internet en e-mailadresse, het hulle kontak verloor agv trek en min kommunikasie. ( Die juffrou se nuwe man sou nie hou van oproepe uit Engeland nie)

Sy was besig met haar eie lewe: die voltydse taak van die huwelik en die grootmaak van 3 pragtige kindertjies.

Maar somtyds, op die onverwagste tye, het sy gedroom. En dan het sy wakker geword en gewonder hoe dit met hom gaan: John.

klik hier vir opvolg

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Vertelling: Die Juffrou en John. Bookmark the permalink.

7 Responses to Die juffrou deel 7

  1. Terug pieng: Die Juffrou. Deel 6. | Seegogga se Bloggie

  2. Kameel sê:

    Soos nou weer wonder ek hoekom die ware lewe so hard moet wees. Geen wonder mense skryf liefdesverhale “and they lived happily ever after nie……..”

  3. seegogga sê:

    Ek verstaan hoekom sulke “ande they lived Happily ever after so gewild is! Miskien verander ek nog hierdie een daarheen, miskien nie

  4. brieweuitdievreemde sê:

    Ag, ja, gee maar ‘n happy ending 🙂

  5. Toortsie sê:

    Ou Seegogga, soos jy self sê, dalk het dit tog goed uitgewerk…

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s