Seegogga se verjaardaggeskenk

Verlede jaar het ek dit vergeet, hierdie jaar is ek bietjie vroeg, maar ek het darem onthou: Seegogga verjaar! Op 22 Sept is Seegogga se Bloggie al 2 jaar oud.

In die afgelope 2 jaar het meer as 20 duisend mense kom lees wat hier op my blog staan, van al uithoeke van die aarde. Dit is vir my ongelooflik. Die besigste dag was in Feb vanjaar, toe 130 mense op een dag die blog besoek het. Dis is miskien maar min in vergelyking met julle groot blogs, maar ek het maar net ‘n ou bloggie, en is heel tevrede met my besoekers. Ek skryf mos omdat dit lekker is, omdat ek iets op die hart het, en het nie gedink dit sal so baie gelees word nie.Toe ek nou so die maand stats oproep, lyk dit my tog of die bloggie stadig maar seker groei, al is ek deesdae so half slap en van koers af.

Dinge wat gereeld daagliks gelees word, al is hulle lank gelede geskryf, iseen of ander hoofstuk van Ma se seksboek of van Ouma se bababoek, inskrywings oor die Overberg ,asook 2 inskrywings van lank gelede Daar is niks soos ware liefde en Die deurmekaar tale van kleur,  Die eerste is waarskynlik omdat almal maar op soek is na ware liefde, en die tweede waarskynlik omdat ek die kleurwiel bygesit het.

Behalwe een katterige opmerking, het ek regtig geen negatiewe kommentaar gekry nie, wel soms opbouende kritiek by ma se seksboek, wat ek baie waardeer het, en in die gebinde weergawe ingewerk het. Die boekie is goed ontvang deur die tieners waarvoor dit geskryf is.

Maar hierdie week kry ek toe die heerlikste verjaardag geskenk: ‘n e-mail van ‘n wildvreemde persoon: Sy is naamlik samesteller van ‘n leesboek vir gr 7 leerders van ‘n bekende uitgewery, en het my blog raakgelees, en wil een van die stories in my blog gebruik vir die leesboekie!!!

Nou gaan ‘n Seegogga bloggie dalkies in skole gelees word ! Aangesien die onderwysdepartement nog eers die boek moet goedkeur, wil ek nie noual te veel sê nie, maar as hulle dit aanvaar, sal julle beslis daarvan hoor. Ek sal mos nooit kan stilbly nie!

Maar nou is dit eers middernag, en Seegogga moet slaap ook. Dus groet ek eers al my wonderlike blogvriende tot anderdag.

Lekker slaap, en as julle wakker is, lekker skryf!

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Ongekategoriseerd. Bookmark the permalink.

10 Responses to Seegogga se verjaardaggeskenk

  1. Dirkie sê:

    Ag dit is en bly die lekkerste – my Ma (oorl) sou plegtig verklaar het ” Loon op jou Arbeid) . Doe zo voort!

  2. Toortsie sê:

    Jy is nie sommer net ‘n klein bloggie nie. Nee! Jy is ‘n waardevolle blog met waardevolle inligting wat al vir soveel mense gehelp het. En nogmaals geluk! Ek het so hoendervleis gekry toe jy vir my die epos aangestuur het! Moenie jouself onderskat nie!! Dis FANTASTIES en die begin van GROOT dinge!

  3. Kameel sê:

    Die woorde wil nie reg val vir wat ek voel nie. Ek is so bly vir jou, en mag daardie storie in die leesboek geplaas word sodat vele dit kan lees!!!

  4. brieweuitdievreemde sê:

    Baie geluk 🙂

  5. cathome sê:

    Geluk gogga….. ek leer baie by jou en gaan verseker iewers al jou ouer skryfsels lees….. klink vir my baie interessant….. Happy vir jou en bloggie

    • seegogga sê:

      Ai, Catti, ek dink my ouer skryfsels is beter as die nuwes, maar wat jy nou by my leer is ‘n raaisel! Lees die storie oor “Die gelukkige haai” as jy meer wil weet. Ek wil natuurlik by jou daar op die suidste suide kom kuier, as jy my jou telnr stuur….

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s