Hier is bokse, daar is sakke, die kas moet uitgepak raak, daardie een in, waarheen gaan hierdie laaikas, waarheen die bed, ag nee die prente moet af, waarheen waarheen waar waar en hoe? eina my rug nee, nie daar nie, daar!
Om te trek is nie kinderspeletjies nie, maar laat ek julle nou mooi vertel: dis makliker om van een huis na ‘n ander te trek as van een kamer na ‘n ander in jou eige huis, as jy al 22 jaar in een kamer gewoon het!
Ek raam mos prente, en is baie lekker ingerig( in my comfortzone), in die buitegeboue wat my man jare gelede spesiaal so vir my vergroot het. Nou het ons besluit dat die buitegeboue ‘n woonstel moet word wat verhuur moet word. My raamplek moet nou in die oorvol huis in – in my kamer in! Ons kamer word dan geskuif in ‘n ander ( kleiner) kamer in en die kleiner kamer se inhoud word opgedeel in twee ander kamers in. Sommige kaste gaan eetkamer toe, die een kamer se lessenaar gaan voorkamer toe, en daar is ‘n hele paar tafeltjies en goeters wat ek weet nie waarheen gaan nie.
Dis die dat ek sommer hier sit en tik ( en hier by ons is dit ‘n baie dubbelsinnige ding om te sê), want slaap dit kan ek nie. Die bed lê hemelhoog opgestapel met klere en goeters en ook die gang daarheen is soos ‘n hindernisbaan uitgelê.
Hoe dit ooit gaan regkom weet ek nie! Miskien moet ek begin tik……
Tik, suster, TIK!
ek tik….
My bors trek toe vir jou part. Sterkte….. en tik, tik, tik 😉
jy moet dit sien om te glo. Maar Toortsie kom motre lig op die saak werp
Dit is onse Toortsie daardie 😉
Ek voel jou pyn. Ons het 3 vertrekke in ons hele huis en met ‘n baba weet ek net nie meer waarheen om goed te skuif nie.
My huis is soos ‘n tardis as ons ooit trek dink ek ons gaan ‘n GROOT LORRIE moet kry. Maar vir nou skuif ons maar die goed in die gang an die sitkamer/kombuis toe en dan weer van daar slaapkamer toe en so kry elke item sy kans in ‘n vertrek.
Sjoe, klink soos my huis. Die verskil is net, hier is 11 vertrekke, almal ewe deurmekaar en oorvol.
Ag jong, stukkie vir stukkie, kom dit op die ou end dalk tog reg! 🙂
Ja, positiewe vriendin! wat sal ons sonder jou ondersteuning doen?
Sterkte!
Dankie, ek het dit nodig.