Om te copy en paste

Nouja, as ‘n mens jou uitgee om te blog, moet jy weet dat jy jouself vir die wêreld wys. En meestal sien hulle baie meer as waarop jy gereken het.

Tog snaaks dat die skrif tussen die lyne dikwels meer sê as die sigbare skrif op die papier ek bedoel eintlik op die blog. So kom ‘n mens soms agter wat ander se teer puntjies is, wat hulle vreugde en wat hulle hartseer, sonder dat hulle dit uitgespel het.

Hierdie naweek het twee goed gebeur. Eers het ek heerlik by Toortsie gaan teedrink, braai en kuier, saam met twee ander bloggers wat van Pretoria af hier kom vakansie hou: Plasie en Krista. Nee, sê hulle, hulle blog nie meer nie, want die rede hoekom hulle begin het, bestaan nou nie meer nie, en dus is daar nie meer rede om te voel dat hulle hulle hart moet uitpraat nie. In ‘n mate impliseer dit: aanvaarding van die self, die lewe met sy vreugde en beperkings. En dit is goed! Dit juis hoekom blog so wonderlik is. ‘n Mens kan skryf en skryf tot jy uitgeskryf is en alles gesê het wat jy wou. Sommige mense kom nooit daar uit nie!

Maar Sondagaand in die bad, gebeur daar toe nog iets. Ek blaai deur die LIG tydskryf wat ek elke maand kry en daar agter , op p110 , om presies te wees, sien ek toe mos my prentjie! Ek dag eers dit kan nie waar wees nie, maar daar is dit, klein, maar in volkleur, die prentjie wat ek verlede jaar vir julle geteken het en op my blog gesit het om almal geseënde Kersfees toe te wens.

‘Oh my word!” Waar het hulle dit gekry? Lees die Lig my blog? Is my prentjie dalk erens anders op die web tot almal se beskikking? En kan enigeen dit dan vat en publiseer? Ek weet nie of Lig nou eintlik heeltemal reg gemaak het nie, maar ek beskou dit nogal as ‘n groot eer, want sekerlik is die web vol Kersfeesprentjies. En kla sal ek ook nie, want ons liewe kerk gee my elke maand die Lig verniet, en ek lees hom van hoek tot kant. Dus kan hulle maar my prentjie met liefde gebruik en dis nou sommer my manier van betaal. Dis net: moet ‘n mense nie iewers vir iemand vra voor jy sy oorspronklike prentjies gebruik nie?

Ek is lus en bel Lig en bied aan om volgende jaar se Kerskaartjie te ontwerp. Wie weet: miskien kry ek ‘n pos as illustreerder!

Hier is dit, kyk self en ek belowe dat ek hierdie prentjie uit my kop uit geteken het en nerens van ‘n ander een afgekyk het nie.

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?
This entry was posted in Kersfees, Los opdrifsels. Bookmark the permalink.

33 Responses to Om te copy en paste

  1. MaanKind sê:

    Jou oulike ding! Maar nee, hulle mag nie. Nie sonder vra, en sonder erkenning nie.

  2. C-at-Home sê:

    geluk maat

  3. karen sê:

    ek sou verseker bel as ek jy was. dis jou intellektuele eiendom!

  4. karen sê:

    eintlik sou ek eers skryf en dan bel. dan is dit op papier ook. en sjoe, sal dit dan cool wees as jy illustreerder kan wees 🙂

  5. Dirkie sê:

    Pragtig… deesdae met google bly dit seker meer beskikbaar en bekombaar al die prentjies- ek dink ook jy moet erkenning kry.

  6. ek dink dit is pragtig, geluk hoor, maar ek stem ook saam hulle moet darem eers vra…….
    ek onthou die een keer het ek vir Sarie ‘n brief geskryf, dit was een of ander kompetisie waar jy jou lief ‘n brief moet skryf, en toe skryf ek ‘n brief aan my mannas, dit het nou wel nie die boek gehaal nie maar hulle het dit darem op hulle webwerf geplaas, en dit het my so trots laat voel dat my woorde iewers verskyn en mense hou daarvan……………….
    dit is seker maar in elkeen van ons verskuil, daardie dors na erkenning vir dit wat jy kosbaar ag!!!
    anyways weereens vreeslik geluk hoor, en as jy so pragtig kan skets, moet jy miskien dit oorweeg om meer sulke prentjies te doen en dit op bazaar of vlooimarkte smous………….
    ‘n selfgemaakte kaartjie of geskenk dra tog meer krag as iets wat sommer vani rak af gekoop was
    toedels, en lekker dagg vir jou Seegogga

    • seegogga sê:

      Ai, Kndjie, ek hou van jouu hartlikheid! Ek het op ‘n stadium sulke 5 min ute prentjies vir afval raampies( ek het baie want ek het ‘n raambesigheid) gemaak en ‘n mini uitstalling gehou. Dit het goed gegaan. Sedertdien is ek egter te besig en die lus ontbreek, maar ek weet ek moet op ‘n staadium weer begin….. Hierdie is ook ‘n 5 min prentjie, haastig en gou gedoen met potloodkryt wat in waterverf verander as jy dit natmaak.

  7. Toortsie sê:

    Hartlik geluk! Nou is jy al in die LIG en in ‘n voorgeskrewe handboek. maar ja, jy moet hulle BESLIS kontak! sommer net om vir hulle te vertel WIE die prentjie geteken het! 🙂

  8. seegogga sê:

    Nee , ek het die boek, Ek bedoel ek het die oorspronklike prentjie gaan staan en weggooi. Die boek is LIG Desember 2012 en is nou op die rakke.

  9. lekkerjeuk sê:

    Ek beaam wat almal hierbo geskryf het. En ek is baie bly dat dit met Plasie en Krista nou so goed gaan dat dit nie vir hulle nodig is om te blog nie. Om te skryf is regtig helend.

  10. Kameel sê:

    Dit is hoog tyd dat daardie pragtige prentjie van jou verskyn waar ander dit kan waardeer, en seën toegewens word. Het ek nie êrens in die Skrif gelees dat ‘n mens nie jou gawe moet begrawe nie? Ek hoop daar kom GROOT dinge vir jou!!!!!! Weet nie van die reg of verkeerd van gebruik nie…. ken net talent wanneer ek dit sien.

  11. brieweuitdievreemde sê:

    Jnne Seegogga, jy teken mooi 🙂 Dis nou die een ding wat ek uit my hart uit wens ek kon doen – teken!

  12. seegogga sê:

    Dankie Briefies. Het jy geweet jy kan teken? As ‘n Mens kan skryf, kan jy teken! Jy moet net leer om reg te kyk! Kry vir jou die boek: Drawing on the right side of the brain en doen hulle oefeninge. Jy sal verbaas wees oor wat jy regkry.

    • brieweuitdievreemde sê:

      OK Seegogga, hou dit ‘n geheim maar ek gaan regtig moeite doen om daai boek in die hande te kry 🙂 Het hierdie enorme hang-up nou al van ek 5 jaar oud is en my ma se famous kunstenaarsvriendin vir my gese het ek kan nie teken nie. Lang storie. Maar dankie.

      • seegogga sê:

        Simpel vroumens. En sy noem haarself ‘n kunstenaar???

      • seegogga sê:

        briefies, vir jou wens ek die boek Drawing on the right side of the brain toe vir Kersfees. En dan skryf jy in vir kunslesse, maar asb net by iemand goed wat weet van jou hang-up en vir jou die regte oefeninge salgee. Wow! En dan teken jy sonder hang-ups en mooi! O ek wens dit jou toe met my hele hart. Dit gaan vir jou lekker wees!

  13. brieweuitdievreemde sê:

    Dankie Seegogga 🙂 Ek het die boek gevind op bidorbuy & sal bestel sodra ek weer ‘n paar ponde in my bankrekening het. Sal jou laat weet wat gebeur!

  14. seegogga sê:

    Ag, ek is bly te hoor! probeer ook die biblioteek. hulle behoort dit vir jou te kan bestel as hulle dit nie het nie

  15. Terug pieng: Die Blog se Verjaarsdag (deel I) | Briewe Uit Die Vreemde

  16. Terug pieng: kersfeespresent, kerskaartjie en Kerswense | Seegogga se Bloggie

  17. Terug pieng: 4 jaar | Seegogga se Bloggie

  18. Terug pieng: Hoe het Seegogga gebeur? | Seegogga se Bloggie

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s