Toortsie het gevra.
En ek dink. Vroeër jare sou ek vir julle baie goed kon opnoem. Maar na ‘n pa soos myne, wat my geleer seekat, krap,sandmossel, ystervark en ook skilpad eet het en rooiaas sowel as vislewer aan ‘n hoek laat sit het; ‘n motorongeluk of twee; 3 kindergeboortes; die grootmaak van 3 kinders asook verskeie honde en katte; en die uithelp in die nagklub tot 4vm met oa dronkies, is daar nie eintlik meer iets wat my gril waaraan ek nou kan dink nie.
Ek dink ek kan dit vat: Alles van snotneuse af tot by die opvee van bloed; die uithelp van slange, muise en spinnekoppe uit die huis uit; die eet van koek met ‘n kwartkoppie sout in in plaas van ‘n kwart telepel , soos eenkeer deur my kind gebak; en ‘n koek met ‘n eetlepel koeksoda in ipv maizena, soos deur ‘n ander kind gebak. Daar was ook die keer toe ons in ‘n donker kar ‘n nuwe pakkie rosyntjies oopgemaak en geëet het. Dit was nie so lekker soos gewoonlik nie met sulke harderige droë rosyntjies in. Toe ons by die huis kom, sou ons sien dat die pakkie bestaan het uit so 60%gedroogde druiwekorrels sowel as so 40% gedroogde koffiepitjies( ‘n bruin goggatjie wat sekere tye van die jaar in oorvloed hier in die Wes-Kaap is). Nouja, na ‘n aanvanklike gril, en die besef dat dit te laat is om enigiets aan ons saligheid te doen, het ons toe niks oorgekom nie.
Maar daar is tog nog goed wat ek nie kan verdra nie: Die geluid van ‘n graaf wat op sement sleep; mense wat te veel en lelik vloek; kinders wat huil; iemand wat met vuil hande aan my raamplek se monteerborde vat( of aan enigiets, veral kos); wanneer iemand met warm koffie of tee naby ‘n babatjie kom; en iemand wat probeer beïndruk deur hoogdrawende taal te gebruik. Dis nou waaraan ek so vinnig kan dink.
En dan is daar dalk goed wat ek doen wat ander mense laat gril: ek vergeet soms om my hare te kam; ek gee nie om om met wit sokkies by my skipants of hande vol bruin houtkleursel winkel toe te gaan nie; en ek MORS: Alles! Dit is oa seker ‘n koördinasie-probleem, maar die kombuis ly aan post-traumatiese skok as ek klaar daarin was; ek kan nie my lewelank heeldag teen stof veg nie, ons moet besef die wereld bestaan uit stof, en daar is belangriker en lekkerder dinge om te doen as om heeldag ‘n verlore stryd te stry; Ek sal soms ‘n telepel skoon suiker eet vir die lekker.
briefies, Dirkie, Kameel, en Boer kan gerus vertel wat hulle laat gril!
O my siel toe gril ek net hier waar ek sit, tot in my krom tone vir die 40% gedroogte koffiepitjies 😯
Kameel, dit was ‘n splinternuwe pakkie van ‘n bekende firma! Ons het ons self doodgegril toe ons sien wat ons geeet het, maar deesdae is dit een van daardie “onthou julle die keer…” familiegrappies. Dit was ek en my oudste kind wat so mal is oor rosyntjies.
Terug pieng: Grillerige goeters | Briewe Uit Die Vreemde
hallo daar seegogga, ek het vreeslik arm groot geword, en ek het nooit kaalvoet geloop nie, dit het my baie jare en diep paaie geneem om agter te kom dat dit eintlik te doen gehad het met pappie wat weggegaan het en ons gelos het, ek het een nag wakker geskrik en besef ek huil en sê ek sal nooit weer my skoentjies uittrek nie pappie , maar jy moet net bly……. as daar iets is wat my hare orent laat staan is dit wanneer ek ‘n jong kindjie sien huil, ek is vrek bang vir baie dinge en ek sien tog ook kans om baie dinge aan te vat, maar as ek ‘n weenende kindjie sien is dit een te veel vir my………
Hallo Kindjie, welkom hier by my blog. vir my is dit ook erg as ‘n kindjie huil. Ek kan insien dat dit vir jou beie erg moet wees.
Terug pieng: Ek gril vir… « Boer in Ballingskap
Min dinge laat my gril, maar onversorgte vroumens doen dit wel.
Hallo Blikskottel! Welkomj hier op my blog! Mmmm en wat van onversorgde mansmense?