Author Archives: seegogga

Unknown's avatar

About seegogga

Soos 'n krappie op die strand, trap ek spoortjies in die sand. Dalk sien jy iets, dalk niets. Wie sal raai hoe die wind gaan waai?

Avonture in die woestyn

Eendag lank gelede, besluit ‘n paar bloggers om saam vakansie te hou. Nou, soos julle weet, is Bloggers snaakse goeters. Ek weet nie of hulle mense is of wurms nie, want hulle lyk beslis anders as mense en ook nou … Lees voort →

Posted in Los opdrifsels | 17 Kommentaar

truth of dare

Toorts het my nou gevra (en ek sê toe maar ja!) vir die volgende 24 uur antwoord ek rein en sekuur als wat jul wil vra, sowaa! ek daag die boer, die kameel en die heks uit om dieselfde te doen

Posted in Los opdrifsels | 10 Kommentaar

Die juffrou deel 7

Die mens wik, maar God beskik en dis eers later, met die terugblik, dat ‘n mens soms God se doel insien. En ja, ook soms sal jy dit nooit weet nie. Die juffrou se werk het vereis dat sy honneurs … Lees voort →

Posted in Vertelling: Die Juffrou en John | 7 Kommentaar

200 LIKES

 Ha! 200 likes!!! ( in 210 posts) Baie baie dankie aan julle  almal wat my bloggie lees! So ‘n onverwagte stats notatjie  laat ‘n mens nogal heel lekker voel. ‘n Mens skryf nie vir die’likes’ nie, maar dit is tog … Lees voort →

Posted in Los opdrifsels | 6 Kommentaar

Om te copy en paste

Nouja, as ‘n mens jou uitgee om te blog, moet jy weet dat jy jouself vir die wêreld wys. En meestal sien hulle baie meer as waarop jy gereken het. Tog snaaks dat die skrif tussen die lyne dikwels meer … Lees voort →

Posted in Kersfees, Los opdrifsels | 33 Kommentaar

Aandag mense wat ‘n seevakansie soek! Attention all who needs a sea holiday this season!

Wel liewe Lesers Hier is jou kans! Vakansie  vanaf 15 Des tot 20 Des ( 5 nagte) en weer vanaf 2 Jan in Rus ‘n Bietjie op Agulhas! Die mense wat Rus ‘n Bietjie bespreek het, het  nou gekanseleer! Daar … Lees voort →

Posted in Die Overberg: my wereld., Seestories | Tagged , , , , , , , | 3 Kommentaar

Die Juffrou. Deel 6.

Soms lei die lewe ‘n mens op vreemde paaie en die vriendskap tussen die juffrou en John was so ‘n pad. Elke mens glo sekerlik dat die liefde tussen hom en sy geliefde uniek is. En sekerlik is dit ook, … Lees voort →

Posted in Vertelling: Die Juffrou en John | 5 Kommentaar

Die taal van statistiek

Vanmiddag in die motor vang my ore mos toe so skrams ‘n paar stukkies statistiek op: Hoogs interessante statistiek vir my Afrikaanse breintjie. Nouja, die statistiese opnames van 2011 wys toe mos dat Afrikaans steeds die taal is wat die … Lees voort →

Posted in die tale wat ons praat | 13 Kommentaar

creatures in my garden

Ja, dis steeds lente, alvoel dit meer na winter hier met al die reën( ai toggie, wat van ons kosbare koring, gars en canola?). Maar toe dit nog in die middel van die lente was, hier einde September, het ek … Lees voort →

Posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories | Tagged , , , , , , , , , , | 15 Kommentaar

Die Juffrou. Deel 5

Twee  jaar nadat sy begin skoolhou het, is die juffrou weg na ‘n ander skool; haar ingenieur is weg, oorsee;  maar die geur van John het gebly.  Sy  verbeel  haar sy kan dit vandag, 40 jaar later, nog steeds onthou … Lees voort →

Posted in Vertelling: Die Juffrou en John | 7 Kommentaar

Wat laat my gril?

Toortsie het gevra. En ek dink. Vroeër jare sou ek vir julle baie goed kon opnoem. Maar na ‘n pa soos myne, wat my geleer seekat, krap,sandmossel, ystervark en ook skilpad eet het en rooiaas sowel as vislewer aan ‘n … Lees voort →

8 Kommentaar

Die Juffrou. Deel 4

Wat is moreel, eties, en wat is nie? Die juffrou het gedog sy weet. En John het geglo hý weet. En hulle het geglo dat hulle net onderwyseres en leerling was. Ag, en hulle wás ook net onderwyseres en leerling. … Lees voort →

Posted in Vertelling: Die Juffrou en John | 7 Kommentaar

ons gaan toer

Jippie!!! Toortsie het my nou mos aangesê om op vakansie te gaan- te gaan toer, saam met drie vriende.  Ek sal mos nooit nee sê nie! Ek wil so graag Kilimanjaro gaan klim, die Serengeti en die Gorongoza gaan verken, na … Lees voort →

Posted in Los opdrifsels | Tagged , , , , , , , , , | 8 Kommentaar

Om te tik/trek….

Hier is bokse, daar  is sakke, die kas moet uitgepak raak, daardie een in, waarheen gaan hierdie laaikas, waarheen die bed, ag nee die prente moet af, waarheen waarheen waar waar en hoe? eina my rug nee, nie daar nie, … Lees voort →

Posted in Los opdrifsels | Tagged , , | 11 Kommentaar

Ons bou Fagan se woonstel

Om te bou is nie kinderspeletjies nie. En dit kos ook nie kleingeld nie. En as jou man boonop vir jou bou, is dit nie ‘n grap nie. Dit het ek sopas die afgelope twee maande of so uitgevind, toe … Lees voort →

11 Kommentaar

Dis alweer lente in die Overberg!

Hier waar ek nou laataand sit, toegewikkel in my warm top, en luister na die geloei van die winterwind, is dit moeilik om te glo dat dit lente is. En tog is dit! Sowaar! Ek het selfs mooi foto’s om … Lees voort →

Posted in Die Overberg: my wereld., Overberg | Tagged , , , , , , , , , , | 16 Kommentaar

Seegogga se verjaardaggeskenk

Verlede jaar het ek dit vergeet, hierdie jaar is ek bietjie vroeg, maar ek het darem onthou: Seegogga verjaar! Op 22 Sept is Seegogga se Bloggie al 2 jaar oud. In die afgelope 2 jaar het meer as 20 duisend … Lees voort →

10 Kommentaar

positiwiteit blues op ‘n Sondagaand

Somtyds, as dit blues-tyd raak op ‘n Sondagaand, is dit swaar op positief te bly – oor my geldsituasie, oor die huis se instandhouding, oor die kinders se geluk, oor my sukses as moeder, oor my huwelik, oor  die toekoms, … Lees voort →

Posted in Los opdrifsels | 8 Kommentaar

Die juffrou. Deel 3

So het die juffrou en haar kinders dan ‘n band gevorm, nouer as wat daar gewoonlik tussen onderwyser en leerling is. En omdat sy jonk was, en onervare, het sy dit nie as verkeerd gesien nie. In die middel van … Lees voort →

Posted in Vertelling: Die Juffrou en John | 4 Kommentaar

Diepseeduik op die Suidpunt van Afrika.

My goeie vriend. Martin van der Merwe, is al jare lank duiker op Struisbaai en neem ook duikers uit om te gaan duik. Nou het Martin ‘n dvd gemaak van die lewe onder die water hier waar ons woon. Die … Lees voort →

Posted in Die Overberg: my wereld., Los opdrifsels, Overberg, Seestories | Tagged , , , , , , , | 6 Kommentaar